Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Nuwe lewe vir sybokhaar
13 September 2018
Francis V.H Mohair Rugs se produkte word hoofsaaklik aan versierders en binnehuisversierders in die luukse mark verkoop.

Frances van Hasselt het gootgeword op ’n sybokhaarbok-plaas in Prins Albert, en het nog altyd ’n noue verwantskap met sybokhaar gehad, én ’n visie om eendag uitsonderlike plaaslike produkte te ontwikkel.

Vandag is Frances V.H. Mohair Rugs se handgeweefde sybokhaartapyte wêreldwyd. Die maatskappy het ’n volledige plaaslike voorsieningsketting en vier ook tradisionele vakmanskap in plattelandse dele van die land.

Hoe het jy by die modebedryf betrokke geraak?

Nadat ek ’n nagraadse kwalifikasie in internasionale betrekkinge voltooi het, het ek ’n paar jaar in Hongkong gewerk. Tydens dié tydperk is ek blootgestel aan mode op ’n skaal wat nog nooit vantevore gesien het nie. Vasbeslote om ’n loopbaan in die tekstielbedryf te volg, het ek daarin geslaag om ’n internskap by Li & Fung in hulle ontwerp- en handelspan te kry.

Nadat ek na Suid-Afrika teruggekeer het, het ek ’n kort tydjie in die veld van korporatiewe mode gewerk. Ek het besef dat as ek ’n vakman-, sybokhaar-eindproduk met ’n volledige plaaslike en volhoubare voorsieningsketting wil stig, ek nie die antwoorde in kleinhandelstrukture gaan vind nie.

Waarom het jy Frances V.H. begin?

Frances van Hasselt, Stigter van Frances V.H Mohair Rugs

Terwyl ek in die modebedryf gewerk het, het ek toenemend bewus geword van hoe spesiaal sybokhaar is. Ek het begin bevraagteken waarom een van die wêreld se oudste, eksklusiefste en volhoubaarste natuurlike vesels relatief onbekend was, veral in Suid-Afrika, wat die meeste van die wêreld se sybokhaar produseer.

Ek het vasbeslote geword om met ’n plaaslike produk na vore te kom wat sybokhaar se unieke eienskappe laat uitstaan, wat uiteindelik gelei het tot die stigting van Frances V.H. Mohair Rugs verlede jaar.

Waar het jy die kapitaal gekry om die maatskappy te stig en bedryfskoste te dek?

Die besigheid is selfgefinansierd. Ons het dit reggekry om bedryfskoste laag te hou omdat alles aanlyn verkoop en op bestelling gemaak word. Kliënte moet ook ’n deposito betaal vir bestellings, wat risiko verder verminder.

Finansiering sal baie help om ons besigheid te help groei en sy volle potensiaal te laat bereik. Ons wil spesifiek met partye saamwerk wat ons volhoubare sakepraktyke deel en die ingewikkeldhede van ’n klein en unieke besigheid kan aanvul.

Waar kry jy die inspirasie vir jou ontwerpe vandaan?

Van die Karoo; die eenvoudige verfyndheid van sy landskap, plantegroei en argitektuur lei die kleurskema en teksture van ons reeks.

Elke stap in die proses word handgemaak deur ’n groep hoogs vaardige vroue in die Oos-Kaap. Die proses duur ongeveer vier tot ses weke, afhangend van die grootte van die tapyte en die ingewikkeldheid van die ontwerp.

Sybokhaar is afkomstig van die hare van Angora-bokke. Die bokke word nie seergemaak tydens die skeerproses nie.

Gebruik jy sybokhaar wat van die familieplaas af kom?

Ons gebruik baie spesifieke sybokhaar, wat die beste geskik is vir die maak van tapyte – hoofsaaklik die growwer, sterker sybokhaar wat perfek vir langdurigheid is, maar tog sag onder die voet. My familieplaas spesialiseer in hoër gehalte sybokhaar wat hoofsaaklik vir luukse kledingstukke geskik is.

My langtermynplan is om die Frances V.H.-handelsmerk te diversifiseer, om produkte in te sluit wat van sybokhaar gemaak is wat van die plaas afkomstig is.

Hoe bemark jy jou produk?

Van Hasselt kry haar ontwerp- inspirasies uit die Karoo-landskap.

As ‘n beginbesigheid moes ons kreatief wees om met ’n koste-doeltreffende bemarkingsplan na vore te kom. Sosiale media was ’n suksesvolle platform om ons verhaal te deel, mense op te voed oor en die proses te verduidelik en ’n breër gehoor te bereik. Ons is gelukkig in dié opsig dat die verhaal en die produk vir hulle self praat, wat gelei het tot fantastiese mediadekking.

Mohair South Africa, ’n nie-winsgewende bedryfsliggaam wat, tesame met ander funksies, sybokhaarvesel bemark en bevorder, het ons geweldig gesteun. Hulle het van ons tapyte, saam met ’n versameling Suid-Afrikaanse sybokhaarprodukte na verskeie internasionale handelskoue en uitstallings toe geneem.

Dit is bewys as ’n uitstekende handelsmerkblootstelling en wonderlike manier om buitelandse markte te toets. Ek was ook gelukkig genoeg om met ’n paar briljante handelsmerke saam te werk wat ons etiese waardes en mening oor volhoubare produksies deel. Samewerking met die plaaslike handsakontwerper Thalia Startes, het byvoorbeeld daartoe gelei dat ons deel geword het van die Zeits MOCAA Gallery Store.

Hoe mededingend is die mark waarin jy jou bevind?

Die luukse kant van die leefstyl- en dekormark is uiters mededingend. Ons is gelukkig in die opsig dat ons ’n produk aanbied wat so uniek is dat dit bo die ander uitstaan. Daar is baie min plaaslike tapytvervaardigers in Suid-Afrika, en die mark is groot genoeg om handelsmerke soos ons s’n wat klein hoeveelhede spesiaal gemaakte stukke vervaardig, te ondersteun.

Wie is julle mark?

Vanweë die geaardheid van ons besigheid, werk ons net aan spesiaalgemaakte-bestellings. Ons kliënte is daarom ’n samestelling van versierders, ontwerpers en private kliënte wat ’n waardering vir die natuurlike, uniek plaaslike, handgemaakte, volhoubare produkte het.

Hulle raak in werklikheid dikwels betrokke by die ontwerpproses en word deel van ons span, omdat ons hul bestellings saam weef. Die internasionale vraag na ons tapyte groei ook, hoofsaaklik uit Amerika en Europa en ons het onlangs ons eerste bestelling China toe gestuur.

Wat was tot dusver een van jou grootste uitdagings?

Wanneer dit afgeleë produksie aanbetref is een van ons grootste uitdagings dié van logistiek; hoofsaaklik vervoer en toegang tot basiese konnektiwiteit, wat kommunikasie via selfone en e-posse moeilik maak.

Hoe het die People for the Ethical Treatment of Animals (PETA) se onlangse bewerings van dieremishandeling in sybokhaarproduksie die plaaslike bedryf geraak?

Die organisasie het inligting so gestruktureer om die wanpraktyke van ’n paar geïsoleerde plaasvoorvalle te laat lyk asof dit ’n ware weerspieëling van Suid-Afrika se hele sybokhaarboerderygemeenskap is. Dit is nie waar nie, en ons het ’n afsku in enige mishandeling van diere en stem saam dat die aantygings behoorlik ondersoek moet word.

Suid-Afrika vervaardig meer as die helfte van wêreld se sybokhaar en enige boikot sal ’n verwoestende uitwerking op die bedryf hê; die diere en die duisende mense aan wie dit werk verskaf. Ons glo dit is tyd vir volle kettingsigbaarheid sodat die kopers sybokhaarvesel terug na individuele plase toe kan spoor. Dit sal ook waarde vir produsente en verbruikers skep.

Wat doen die bedryf om dié netelige kwessie te takel?

Die bedryf is besig om sy dierewelsynkode verder te ontwikkel wat deur derdepartye geverifieer sal word as ’n internasionale stempel van goeie, volhoubare produksiepraktyke.

Mohair South Africa het ’n verklaring uitgereik waarin hy sê hy is “toegewyd aan die volhoubaarheid van die sybokhaarbedryf, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd”. Hy is ’n lid van die Tekstielbeurs, ’n wêreld- nie-winsgewende organisasie wat, volgens Mohair South Africa, “beste praktyke identifiseer en deel wat betref boerdery, materiaal, verwerking, nasporing en produklewenseinde om die tekstielbedryf se uitwerking op die omgewing te verminder”. Die waarheid is dat daar met sybokhaarbokke geboer word vir hulle vesel (sybokhaar). Ons veeteelt is nie net menslik en eties nie, maar dit maak ook goeie sakesin. Dit is in ons belang om sybokhaar te sien blom; en dit is nie moontlik sonder gesonde diere nie.

Wat is jou groeiplanne vir die besigheid?

Hoogs vaardige vroue in die Oos- Kaap, soos Puleng Tshembele (links) en Angelina Salman, word gekontrakteer om Frances V.H. Mohair Rugs-matte te maak.

Ek beplan om ’n produksiegerief in Prins Albert op ons familieplaas op te rig. Dit sal ook dien as ’n plek waar mense die hele proses kan sien, van die grond, die bokke en al die praktyke en voorbereiding wat geskied om ’n tapyt te maak.

Ons doel is om vaardige vakkundiges in die gebied in diens te neem en ’n opleidingsgerief te ontwikkel waar ons die voortsetting van tradisionele vakmanskap bewaar en verseker.

Die visie is om ’n reeks sybokhaarprodukte te ontwikkel om ’n algehele geïntegreerde en vertikale voorsieningsketting te skep; van die plaas af tot die produk. Ek hoop dat Suid-Afrika sinoniem word met sybokhaar; nie net die vervaardiging van die beste sybokhaar ter wêreld nie, maar ook vir uitstaande eindprodukte.

Wat is die beste sake-advies wat jy tot dusver ontvang het?

Bestee genoeg tyd, doen die navorsing, soek aktief na raad in gebiede wat jy nie verstaan nie of swak in is en begin dan. Ek het gevind dat om goed te oorontleed uit vrees dat ons nie al die antwoorde het nie, verlammend kan word. Vir my, om te begin en te sien waar dit heen lei, was presies die regte ding om op die regte tyd te doen.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto’s: Frances van Hasselt

Meer oor:  Sybokhaar  |  Finweek  |  Entrepreneur  |  Frances V.H. Mohair Rugs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.