Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Pas op vir die oornamepraatjies
16 Januarie 2020

In my rubriek vir dié uitgawe (bl. 18 en bl. 19) skryf ek oor maatskappye – soos Choppies, AngloGold Ashanti, Intu en Ascendis – wat divesteer uit bates wat hulle met die aankoop daarvan as uitstekende toevoegings tot hul sakemodelle beskryf het.

Dan swaai hulle skielik om en begin daarvan ontslae raak. Dit bring verskeie dinge te berde waarvoor beleggers moet oppas.

Grootste les 

Die eerste is miskien die grootste les van die afgelope dekade se laaste deel: bestuursbeloftes.

Elke transaksie is altyd met ’n trompetgeskal aangekondig, met beloftes van sinergieë en oplaas meer wins. Gewoonlik duur dit egter jare voordat die transaksie dié winste oplewer.

Gewoonlik duur dit egter jare voordat die transaksie dié winste oplewer. Verder lyk die bestuur totaal onbewus van moontlike risiko’s.

Verder lyk die bestuur totaal onbewus van moontlike risiko’s, maar soos die nakennis ons wys, is die risiko’s nie net beduidend nie, maar word dit – anders as die beloofde winste – byna altyd later ’n werklikheid. Die eerste ding waaroor beleggers hulle behoort te kwel, is waarom ’n maatskappy die transaksie wil aangaan. Ek het al voorheen geskryf dat ’n soliede sakeonderneming met verdedigbare marges en groeiende winste ’n wonderlike belegging is. Ja, in ’n stadium hou alle ondernemings op groei en begin hul winsgroei rondom die enkelsyfers boer.

Die dividend sal wel stewig bly en groei, en wat is fout met ’n soliede dividendbetaleral groei die maatskappy nie verder nie? Klaarblyklik als, volgens die bestuur. Hulle haas hul dus om nuwe groei te vind – maar teen ’n groot koste vir die aandeelhouers. Die probleem met dié benadering is tweeledig. Eerstens word te veel betaal en gevolglik te veel skuld aangegaan, wat die balansstaat onder druk plaas, en tweedens is die wonderlike sinergieë nooit so waffers soos belowe nie. Die probleem vererger blykbaar wanneer die wonderlike transaksies buitelandse verkrygings is.

Die werklikheid is dat indien die plaaslike kopers in die geteikende geografie nie die onderneming wou koop nie, hoekom wil ons maatskappybesture dit doen?

Maak geen fout nie:

Verkopers begin by die maklikste deur binne hul eie geografiese gebied moontlike kopers te soek. Wanneer dit nie werk nie, soek hulle verder weg – en tref in Suid-Afrika talle kopers aan.

Die ander kwessie is dat ofskoon ’n uitvoerende hoof plaaslik die koning op sy eie mishoop kan wees, dit nie verseker dat hy in ’n nuwe mark koning sal kraai nie.

Die plaaslike mark ken hy sekerlik soos die palm van sy hand, want hy het waarskynlik sy hele loopbaan hier deurgebring.

Die plaaslike mark ken hy sekerlik soos die palm van sy hand, want hy het waarskynlik sy hele loopbaan hier deurgebring.

’n Nuwe mark is vir hom egter ’n groot onbekende; daar het hy nie die mededingende voorsprong wat hom in staat stel om sy plaaslike sukses te herhaal nie. Dis nie ’n kwessie eie aan SA nie. Ons het al menige Amerikaanse en Britse maatskappye gesien poog om internasionaal uit te brei, net om te misluk. Wanneer die transaksie dan begin misluk, sien ons die pogings om sake te beredder.

Dit begin dikwels by uitgestelde winsvloei, dan afskrywings op die prys wat vir die onderneming betaal is. Uiteindelik gee party moed op en probeer om die onlangs verworwe onderneming te verkoop – weer byna altyd teen minder as wat oorspronklik daarvoor betaal is. As aandeelhouers moet ons baie meer skepties staan teenoor so ’n transaksie wanneer die bestuur dit voorstel.

Raak ontslae van aandele 

Soos ek al gesê het ná my slegte ervaring met Famous Brands* en Woolies*: Voortaan sal ek nie alleenlik vrae vra oor die transaksie nie, maar heel waarskynlik ook eerder ontslae raak van my aandele as die betrokke maatskappy ’n groot transaksie beoog. Verseker werk sommige transaksies miskien uit – in welke geval ek kan heroorweeg en weer koop indien nodig.

Ek sal probeer uitklim wanneer die prys weens die ophef gestyg het.

Dikwels sien ons egter dat die prys styg wanneer die nuus oor ’n transaksie bekend raak, maar ses tot twaalf maande later skop die werklikheid in en begin die probleme.

Ek sal probeer uitklim wanneer die prys weens die ophef gestyg het.

Foto: Shutterstock

Meer oor:  Finweek  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.