Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Plaaslike tegnologie-oplossing vir motors ‘gebore’ ná 1996
18 April 2019
Rivo Mhlari, uitvoerende hoof en medestigter van Rikatec

Rivo Mhlari se droom was nog altyd om sy eie sakeonderneming te besit. Hy het sakeseminare bygewoon en gereeld met sakeleiers gesels om leemtes in die mark te identifiseer.

In 2013, tydens ’n seminaar waarin gekonsentreer is op ondernemings wat kunsmatige intelligensie aanwend, het hy besef masjienleer is “die volgende groot ding” en begin soek na maniere om uit dié tendens munt te slaan.

Sy marknavorsing het getoon die meeste voertuie aan die bopunt van die mark is reeds met die jongste tegnologie toegerus, daarom het hy besluit om hom op die skep van ’n “massamarkoplossing” vir minder gesofistikeerde voertuie toe te spits.

Dié tegnologie is dus ontwerp om op enige voertuig wat ná 1996 vervaardig is, te werk. Mhlari, destyds ’n student in rekeningkunde aan die Universiteit van Kaapstad, het die idee met vriende bespreek en daarna wou Jesse Matheri, ’n student in geomatiek, gereeld weet hoe hy met die kommersialisering van die idee vorder. Só het Mhlari later vir Matheri gevra om Rikatec saam met hom te begin.

Ek het my sakevennot so gekies...

Rikatec gebruik ’n mengsel van globale posisionering, masjienleer en kunsmatige intelligensie om rygewoontes te takseer, moontlike onklaarraking te voorspel en slytasie te monitor. “Talle boeke is al geskryf oor hoe mens ’n sakevennoot moet kies, maar my keuse het geval op iemand wat belang gestel het in wat ek doen,” sê Mhlari, wat verlede jaar ’n plek op Forbes Africa se lys van 30 persone onder 30 gehaal het in die kategorie vir tegnologie. “Matheri en ek vul mekaar aan.

“Talle boeke is al geskryf oor hoe mens ’n sakevennoot moet kies, maar my keuse het geval op iemand wat belang gestel het in wat ek doen.”

Ek is die ekstrovert met hope idees en hy die hoogs strategiese introvert wat my gehelp het om my idees in ’n winsgewende sakeonderneming te omskep,” verduidelik Mhlari. Die twee het Rikatec in 2013 gestig en aan die prototipe gewerk terwyl hulle klaar studeer het.

Hoewel hulle in 2015 by die Wes-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling aanvangskapitaal van R25 000 gekry het, was hul groot deurbraak toe Rod Hemphill, een van Mhlari se mentors, hom in 2016 na ’n Paasete nooi. “Van die 15 gaste was ek die jongste, die res was sakeleiers in eie reg.

Hulle het baie belanggestel in my idee en Philip Gray het aangebied om R30 000 in die maatskappy te belê, rentevry, toe dit blyk dis al wat nodig is om aanvangswerk te doen en ’n voorlopige patent te registreer,” sê Mhlari. Later het Gray R500 000 in die kommersialisering van die prototipe belê, waarop nog groot beleggings gevolg het.

“My grootste aansporing was dat Philip in die onderneming belê het omdat hy in my geglo het. Dit was nie net omdat ek ’n goeie sakeproposisie gehad het nie,” sê Mhlari.

Die aanvankike idee

Die produk Rikatec gebruik intydse data en masjienleer om doelontwerpte oplossings te voorsien. Die aanvanklike idee was om vlootbestuurders te help om hul voertuie beter te onderhou deur grootdata te gebruik om rygewoontes te monitor en intyds te waarsku wanneer voertuie versien moet word of dreig om onklaar te raak.

Die aanvanklike idee was om vlootbestuurders te help om hul voertuie beter te onderhou deur grootdata te gebruik om rygewoontes te monitor en intyds te waarsku wanneer voertuie versien moet word of dreig om onklaar te raak.

Algoritmes is sedertdien aangepas om ook in voertuigfinansiers, -versekeraars en –verhuringsmaatskappye se behoeftes te voorsien. “Met ons stelsel kan maatskappye hul prysbepalingsmodelle volgens bestuursgewoontes en die intydse toestand van ’n voertuig aanpas.Dit spoor beter bestuursgewoontes aan en voertuie word beter opgepas, wat groter veiligheid, laer brandstofverbruik en minder slytasie meebring. 

Die data kan ook gebruik word om ’n voertuig se gewaarborgde residuele waarde te bepaal,” sê Mhlari. Klante betaal maandelikse intekengeld en kan die datavasleggingseenhede óf koop óf soos ’n lening afbetaal. Andersins kan op ’n eenmalige betaling vir ’n bepaalde tyd ooreengekom word. Elke eenheid samel gemiddeld 80 000 datapunte per maand in.

Struikelblokke

Om die mark binne te dring, was makliker gesê as gedoen. “Suid-Afrikaanse maatskappye was banger vir nuwe tegnologieë as wat ek verwag het. As hulle wel belang gestel het, het hulle voorkeur gegee aan Westerse oplossings eerder as plaaslik ontwikkelde produkte. Ons moes baie tyd en geld aan verbruikersopvoeding bestee,” sê hy.

Nog ’n struikelblok was dié 24-jarige se ouderdom: “Ek moes mense twee keer my ouderdom, en baie meer ervare, daarvan oortuig dat ek aan hulle ’n produk kan bied wat waarde tot hul maatskappye kan toevoeg.

“Suid-Afrikaanse maatskappye was banger vir nuwe tegnologieë as wat ek verwag het. As hulle wel belang gestel het, het hulle voorkeur gegee aan Westerse oplossings eerder as plaaslik ontwikkelde produkte. Ons moes baie tyd en geld aan verbruikersopvoeding bestee,” sê hy.

Die beste manier om kliënte te werf, was later om hulle toe te laat om die tegnologie te beproef, sodat hulle self die kostebesparingsvoordele daarvan kon sien.” Mhlari meen die land het ’n nuwe generasie dinamiese sakepersone nodig om nuwe lewe in die ekonomie te blaas: “Ons het mense nodig wat nie bang is om in vandag se tegnologiegedrewe wêreld berekende risiko’s te neem nie; mense soos Mark Zuckerberg, wat maar in sy vroeë twintigs was toe hy Facebook begin het.”

Die maatskappy se personeel het tot 12 permanente werknemers aangegroei, met meer as 35 mense onregstreeks in diens vir vervaardigings- en ontwikkelingswerk – als in Suid-Afrika. Toekomsplanne Rikatec se patent is in Suid-Afrika en 147 ander lande geregistreer. Mhlari beplan om ander Afrikalande met ’n behoefte aan voertuigbestuurstelsels, soos Kenia en Nigerië, ook te bedien.

Sy doelwit is dienslewering met ’n produk wat suiwer in Afrika ontwikkel is om Afrika se kreatiwiteit ten toon stel, nie bloot Afrika se verbruik van Westerse produkte en dienste nie. Voorlopig is sy vernaamste oogmerk egter om die maatskappy só te herskik dat dit beter inpas by die behoeftes van die finansierings- en versekeringsbedryf, wat groter markgeleenthede as die vlootbestuursbedryf inhou.

Meer oor:  Finweek  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.