Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Platinum
18 April 2019
Fotos: Shutterstock

Platinum het ’n moeilike klompie jare agter die rug en het benede $1 000 en meer onlangs, onder $800 gespartel. Maar met palladium wat van meer as $1 600 tot laer as $1 400 teruggesak het, begin ons tekens van ’n positiewe lewe in platinum sien.

Is die groot ommeswaai dan besig om plaas te vind? Motorvervaardigers kan nie vinnig van een wit metaal na ’n ander oorslaan in die vervaardiging van katalisators nie en mynmaatskappye kan ook nie vinnig die produksie van een wit metaal ten koste van die ander verhoog nie. Maar uiteindelik moet die wanverhouding tussen die twee metale reggestel te word met platinum wat styg en palladium wat daal.

Standard Bank se platinumbeursverhandelde fonds (ETF) ETFPLT is die goedkoopste platinum-ETF met ’n totale kosteverhouding van 0,3%. Ek sou voorstel dat jy klein begin.

Indien dit die begin van ’n verandering in die geluk van die twee metale is, dan is dit wel die moeite werd om ’n posisie in platinum te oorweeg – as dit bokant $880 bly.

Standard Bank se platinumbeursverhandelde fonds (ETF) ETFPLT is die goedkoopste platinum-ETF met ’n totale kosteverhouding van 0,3%. Ek sou voorstel dat jy klein begin.

Dis nie nodig om halsoorkop in te spring nie aangesien dit ’n vals alarm kan wees. En as ons later wel ’n sterker lopie ervaar, sal daar heelwat wins wees, wat ons in staat stel om dit aanvanklik omsigtig te benader. 

Meer oor:  Platinum  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.