Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Platinumaandele klim, maar sal vraag volg?
6 Desember 2018
Anglo American Platinum se Dishaba-myn, 40 kilometer suid van Thabazimbi in Limpopo.

Aandele in twee van Suid-Afrika se belangrikste platinumprodusente – Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats) – het oor die afgelope ses maande voortgestu.

Ten tyde van die skryf hiervan ( 27 November), was Amplats se aandeel dié kalenderjaar 22% hoër, terwyl Implats se herstel, veral oor die afgelope ses maande, merkwaardig was. Nadat Implats se aandeel in die middel van die jaar ’n absolute laag-tepunt bereik het, het sy waarde bykans verdubbel.

Die rede? Die swakheid van die rand teenoor die dollar het die metaalprys wat die twee mynmaatskappye ontvang het, verbeter en – net so belangrik – daar was ’n toename in die verbruik van palladium en rodium, albei platinumgroepmetale.

Dít het daartoe gelei dat die algehele “mandjie- prys” wat die maatskappye ontvang sedert Mei met 20% verbeter het. Dit is ondanks die skynbare ewige traagheid van die platinum. Volgens JP Morgan Cazenove, sien beleggers uit na ’n heelwat beter opbrengs uit vrye kontantvloei van albei maatskappye.

Teen die heersende prys is Amplats se opbrengs uit vrye kontant- vloei in die 2018-kalenderjaar na raming 7%, 10% vir Implats, en 2% vir Northam Platinum. Oor dié tydperk het vrye kontantvloei vir Amplats met $285 miljoen toegeneem, wat sonder twyfel die Anglo American-filiaal met netto kontant laat (uitsluitend ongeveer R4 miljard wat hy ingevolge ’n klant-vooruitbetaling vir metaal moet betaal) wat in 2022-’23 verskuldig is.

Vergelykenderwys het Implats en Northam se vryekontantvloei onderskeidelik met ’n geraamde $46 miljoen en $20 miljoen toegeneem, het die beleggingsbank gesê. Hoewel dit uiters belowende nuus is vir ’n sektor wat die afgelope vyf jaar erg sukkel, is daar steeds vrae oor die toekomstige prys van platinum, dié maatskappye se belangrikste produk.

In die 1990’s het maatskappye soos Amplats produksievermoë vir platinum uitgebrei omdat hulle gemeen het die mark sou aanhou groei, veral vanweë brandstofseltegnologie, wat (toe ’n nuwe konsep)die vraag – só het hulle geglo – sou opjaag.

Bykans 20 jaar daarna het die vraag na platinum wat deur brandstofseltegnologie geskep is steeds nie posgevat nie en is dit vernietig deur elek-triese voertuie wat baie minder platinum gebruik. Daar is wel ’n geringe kans dat dit kan verander.

Tans bevat ’n ligtediensdiesel-outokatalisator ongeveer vyf tot agt gram platinum per eenheid, terwyl ’n brandstofsel ongeveer tien tot 20 gram per eenheid sal bevat, volgens JP Morgan Cazenove. Indien brandstofselle teen 2030 aan die teiken van die Chinese regering sou voldoen van 2% van sy huidige wêreldwye vloot, sal dit gelyk wees aan ongeveer 965 000 onse bykomende platinumvraag.

Dit is gelyk aan 30% van die huidige outokatalisatorvraag of 13% van die huidige wêreldvraag. Die totale platinumvraag sal in 2018 ongeveer 7,5 miljoen onse wees waarvan 3,1 miljoen van die outokatalisatorsektor sal kom, volgens die World Platinum Investment Council (WPIC) se derdekwartaalverslag wat op 27 November gepubliseer is.

Trevor Raymond, navorsingsdirekteur van die World Platinum Investment Council

Die WPIC se Trevor Raymond, wat al meer as twee dekades lank die groepmetalemarkte dophou, beaam dat geesdrif oor brandstofseltegnologie lank reeds bestaan sonder dat dit die vraag laat toeneem het, maar hy glo dat die tyd daarvoor nou ryp is.

“Daar is nie veel verskil tussen die batterye van elektriese motors en brandstofselle nie, maar wat wel onlangs verander het, is dat belegging deur maatskappye soos Tesla in batterye vir elektriese motors ’n soliede platform geskep het vir brand- stofselbatterye om te floreer,” sê hy in ’n onderhoud met finweek.

Maar dis nie noodwendig weens die voertuigmark dat brandstofselle sal floreer nie; dit sal eerder gebeur omdat swaar voertuie 15 gram platinum per ton sal vereis. “Indien slegs 1% van swaar voertuie brand- stofselbatterye nodig sou hê, sal dit die vraag na platinum met 500 000 onse verhoog,” sê hy. Op die oomblik is die ontwikkeling van brandstofselle egter ’n wens vir die mediumtermyn, hoewel die WPIC in sy kwartaalverslag gesê het dat die gebruik daarvan al hoe meer “op die agenda” van beleggers sal verskyn.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Platinumaandele  |  Beleggings  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.