Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
PMI-data: ’n Vroeë waarskuwing
10 September 2021

Die aankope-bestuurdersindeks (PMI) is ’n leidende ekonomiese aanwyser en van groot waarde om marktoestande te identifiseer volgens maandelikse peilings onder senior produksiebestuurders. PMI’s is waardevol omdat die data regstreeks kom van belangrike bestuurslui wat die dinamiek van ’n maatskappy se bedrywighede verstaan. Kortom: dis inligting uit die perd se bek.

Veranderlikes wat die peilings meet, is byvoorbeeld maatskappy-uitset, nuwe bestellings, prysveranderings, indiensneming, toekomstige uitset, leweringstye, toekomstige bedrywighede en so meer.

Die fokus hier is op die hele ekonomie se PMI om wêreldgroeitendense in die algemeen beter te verstaan, maar die ontleding kan spesifiek in konstruksie, dienste en vervaardiging onderverdeel word. PMI-data is eenvoudig om te vertolk, want dit word op ’n skaal van nul tot 100 aangedui. ’n Waarde groter as 50 dui op uitbreiding, terwyl ’n syfer onderkant 50 op inkrimping dui.

Die seisoensaangepaste PMI vir die hele SA ekonomie wys byvoorbeeld Julie 2021 se data van 46,1 indekspunte dui aan die ekonomie verkeer in ’n staat van inkrimping aangesien die syfer tot onderkant 50 gedaal het (sien grafiek 1). Dit is interessant om op te let die uitbreidingsgeneigde hoogtepunt van April 2021 val saam met die einde van die tweede golf en die verslapping van inperkingsmaatreëls in SA, terwyl die daaropvolgende daling met die inperkingsmaatreëls saamval wat ingestel is toe die derde golf se infeksies begin het.

Voor die pandemie

Voor 2020 het PMI’s oral ter wêreld in ’n baie nouer band (tussen 46,9 en 55,5) beweeg, vergeleke met die meer drastiese post-pandemiese databand van 2020 af (13,80 tot 68,70). Inperkings weens die pandemie en die gevolg daarvan op uitset, produksie en voorrade het in PMI-peilings begin neerslag vind, soos ook die oplewing in bedrywighede namate inperkingsmaatreëls verslap en produksie hervat is toe inentingsprogramme begin het (sien grafiek 2).

Wat sê die jongste data vir ons?

In Mei 2021, luidens data van IHS Markit en JP Morgan, het die wêreld se ekonomie tot ’n 15-jaar hoogtepunt uitgebrei, want talle ekonomieë het inperkingsmaatreëls afgeskaal vanweë vordering met inentingsprogramme en infeksiekoerse wat verlangsaam het.

Amy Degenhardt is ’n beleggingnavorsingsontleder by NFB Private Wealth Management.

Terwyl Julie se wêreldgroeisyfer uitbreidingsgeneig bly (PMI vir vervaardiging en dienste steeds bokant 50), is dit laer as die onlangse hoogtepunte, wat op ’n verlangsaming dui. Die huidige afname hou verband met voorsieningstekorte vir grondstowwe en onderdele, en logistieke vertragings wat leweringstye wêreldwyd op rekord hoogtes te staan gebring het en daartoe bydra dat inflasiedruk toeneem.

Die uiteenloping tussen ontwikkelde en ontluikende markte se herstel neem toe, want ontluikende markte, in die besonder Asië-Pasifiese markte waar inentingsprogramme stadiger vorder, is swaarder deur die deltavariant getref, wat herstelpogings in die vervaardiging- sowel as dienstesektor verder belemmer (sien grafiek 3). In die algemeen wys die wêreldwye PMI-data van Julie, met ’n telling bokant 50, dat die wêreldekonomie in ’n langsamer koers verder herstel omdat Covid-19-gevalle as gevolg van die deltavariant en inperkingsmaatreëls opnuut toeneem.

Namate inenting wêreldwyd vorder, hou ons dinge dop om te sien of aanbodkantdruk en deltavariantbeperkings afneem.

* terugvoer@finweek.co.za

* Amy Degenhardt is ’n beleggingnavorsingsontleder by NFB Private Wealth Management.

Meer oor:  Finweek  |  Pmi-Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.