Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Politieke spel laat Harmony Gold wag
6 Junie 2019

Die politieke deurmekaarspul in Papoea-Nieu-Guinee (PNG) beteken waarskynlik maar min vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse belegger, maar dit maak wel saak vir Harmony Gold Mining (Harmony), wat ’n multimiljarddollar-koper-goudmyn in dié land in die Stille Oseaan wil bou.

Peter O’Neill, premier van Papoea-Nieu-Guinee

Met die skryf hiervan, lyk dit of PNG se eerste minister, Peter O’Neill, van plan verander het en besluit het om nie uit te tree ten gunste van sy benoemde opvolger, sir Julius Chan, soos hy vroeër in Mei gesê het hy sou nie. Sir Chan het in elke geval sy rug op die premierskap gekeer.

Soos enige mynmaatskappy weet, is ontevredenheid in ’n land nie bevorderlik vir sake nie, veral nie vir die onderneming wat Harmony beoog nie: die Wafi-Golpu-koper-goudmyn kan volgens ’n uitvoerbaarheidstudie in 2018 tot $2,82 miljard in aanvanklike kapitaalbesteding tot kommersiële vlakke van produksie kos.

“Die moontlike verkiesing kan lei tot ’n nuwe premier wat dalk die memorandum van verstandhouding, wat ons in Desember 2018 met die regering onderteken het, beïnvloed,” het Fourie gesê.

Hiervan sal Harmony ongeveer die helfte bydra, en Newcrest Mining, ’n Australiese maatskappy, die res. Dit is ’n enorme onderneming wat groot druk op die maatskappy se balansstaat kan plaas en dit het reeds gelei tot bekommerde beleggers in African Rainbow Minerals (ARM) – wat ’n belang van 14% in Harmony het – wat wil weet of ARM Harmony finansieel gaan steun.

“In dié stadium wag ons om te sien wat gebeur,” het Lauren Fourie, Harmony se bestuurder van beleggersverhoudinge, oor die PNG-politiekery gesê.

“Die moontlike verkiesing kan lei tot ’n nuwe premier wat dalk die memorandum van verstandhouding, wat ons in Desember 2018 met die regering onderteken het, beïnvloed,” het Fourie gesê.

Olieprojek dra by tot ongewildheid

Een van die faktore wat PNG se O’Neill ongewild gemaak het by opposisie is ’n ooreenkoms wat hy met Total en Chevron aangegaan het met betrekking tot ’n olieprojek aflandig van die PNG-skiereiland.

Daar is kommer dat die Papoea Nieu-Guinese nie hul billike deel van die voordele sal kry nie. Vertragings met die toekenning van ’n spesiale mynpermit vir Wafi-Golpu is lank reeds ’n kenmerk van die projek.

Fourie sê tot en met die onlangse verwikkelinge was verskillende gesamentlike-ondernemingwerkstrome besig om aandag aan die vereistes van die permit te skenk, wat strek van omgewingsmagtigings tot die belang wat die PNG-regering uiteindelik sal besit. Politieke onrus sal egter nie die vordering van die permit aanhelp nie.

Intussen, terug in Suid-Afrika, staar Harmony nog ’n moontlikheid in die gesig nadat AngloGold Ashanti besluit het om die res van sy Suid-Afrikaanse bates te verkoop, insluitend die Mponeng-myn – ’n ondergrondse onderneming in die Wes-Wits-gebied wat ongeveer 265 000 onse goud produseer.

Intussen, terug in Suid-Afrika, staar Harmony nog ’n moontlikheid in die gesig nadat AngloGold Ashanti besluit het om die res van sy Suid-Afrikaanse bates te verkoop, insluitend die Mponeng-myn – ’n ondergrondse onderneming in die Wes-Wits-gebied wat ongeveer 265 000 onse goud produseer.

Volgens ’n aantekening deur JP Morgan Cazenove se Dominic O’Kane, kan Harmony, deur AngloGold Ashanti se Suid-Afrikaanse bates te koop in ’n 100%-skuldgefinansierde aanbod, sy vermoë om Wafi-Golpu te finansier, verbeter.

“Sou Harmony ANG SA (AngloGold se Suid-Afrikaanse bedrywighede, wat ondergrondse en oopgroefmynwerksaamhede insluit), hipoteties verkry, kan ANG SA se inkrementele $200m-ebitda (verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie) in 2020-’21 die finansieringsrisiko vir Wafi-Golpu verminder deur hoër hefboompotensiaal te ontsluit en Harmony se reserweduur te verleng,” het hy gesê.

“Hoër skuldvermoë kan op sy beurt die toekomstige verwatering van aandeelhouerekwiteit verminder wat verband hou met Harmony se belang van $1,4 miljard in Wafi-Golpu se ontwikkelingskapitaaluitgawes,” het hy gesê.

O’Kane ken ’n boekwaarde van $530 miljoen toe aan AngloGold se Suid-Afrikaanse bates, asook ’n waarde van $265 miljoen aan Mponeng alleen, wat die produksie tot 363 000 fynonse teen 2030 gaan opstoot.

Dis egter noemenswaardig dat die rede waarom AngloGold vir Mponeng verkoop, is omdat die myn ’n geraamde $1 miljard in nuwe kapitaal oor ’n tydperk van tien jaar nodig het om toegang tot nuwe reserwes van 2027 tot 2028 te verkry.

Die verkryging alleen kan Harmony se planne in die wiele ry om netto skuld tot ebitda tot 0,8 keer te neem, nadat hy reeds Moab Khotsong vir $306 miljoen kontant van AngloGold gekoop het.

Die verkryging alleen kan Harmony se planne beïnvloed om netto skuld tot ebitda tot 0,8 keer te neem, nadat hy reeds Moab Khotsong vir $300 miljoen kontant in 2018 van AngloGold gekoop het.

Die teenargument is egter dat ongeveer 55% van Harmony se reserwes oor die volgende vyf tot sewe jaar bykans uitgeput sal wees. Fourie het gesê die maatskappy het nog nie ’n verklaring gedoen oor die geleentheid wat AngloGold Ashanti bied nie, maar het bygevoeg dat die maatskappy sy prioriteite duidelik gestel: om te begin met die terugbetaling van skuld, die Wafi-Golpu spesiale mynpermit in PNG te verkry en dan “ander geleenthede te evalueer mits hulle aan ons verkrygingskriteria voldoen”.

Meer oor:  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.