Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
PSG
18 April 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

PSG Groep, met Capitec, PSG Konsult, Curro, Zeder en PSG Private Equity as sy vyf grootste belange, se aandeelprys het tussen September 2014 en November 2015 vinnig gestyg – omtrent net toe Capitec se aandeelprys skerp begin styg het. Nadat hy ’n hoogtepunt van 28 495 sent per aandeel getoets het, het die prys skerp afwaarts reggestel tot 16 460 sent.

Teen die einde van 2016 het PSG al sy verliese herwin en in November 2017 ’n nuwe hoogtepunt van 29 730 sent getoets.

Die oorsese daalspekulant Viceroy se bewerings in Januarie 2018 dat Capitec “ ’n woekeraar met groot onderaangegewe wanbetalings is wat hom voordoen as ’n gemeenskapsmikrofinansier”, het veroorsaak dat PSG se aandeelprys met byna 45% getuimel het.

Op die kaarte: PSG het ná ’n lang konsolidasie tussen 23 650 sent per aandeel en 19 485 sent herstel en kan binnekort sy ongeëwenaarde hoogtepunt van 29 730 sent teiken. PSG het verlede jaar ’n konsolidasie van 11 maande getrotseer en verhandel tans in die stygende fase van ’n onder-na-bo- patroon – in ’n bulkanaal.

Noudat die stof gaan oor die Capitec-fiasko gaan lê het, verwag ek die prys sal sy ongeëwenaarde hoogtepunt weer toets. PSG bly ’n gesonde maatskappy met uitstekende bestuur wat kapitaal goed toewys.

Gaan lank: Die aandeelprys verhandel nou in ’n bulkanaal en as hy deur die boonste helling breek, kan hy opskiet tot 29 730 sent. Aangesien PSG nie voorheen deur dié vlak kon breek nie, kan hy daar konsolideer, en selfs terugtrek. As die steun egter stewig teen 26 565 sent behou word (nadat hy die 29 730 sent- ongeëwenaarde hoogtepunt getoets het), verwag ’n beweging deur dié hoogtepunt tot sy eerste medium- tot-langtermynteiken op 36 000 sent.

Gaan kort: ’n Ommekeer deur 21 925 behoort rooiligte te laat flikker. ’n Regstelling tot die hoofsteuntendenslyn of steunvlak van 13 415 sent kan volg ná afwaartse potensiaal deur 19 485 sent. Verminder lang posisies onder 21 925 sent – verkoop onder 19 485 sent.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Psg  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.