Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Redefine Properties
9 Mei 2019
Redefine Properties se Rosebank Link-gebou met sy ekspressiewe staal- en glasbedek-king bied ’n hoë vlak van omgewingsbeheer.

Redefine Properties is ’n eiendombeleggingstrust (reit) wat huurinkomste uit beleggings in kantoor-, kleinhandel- en nywerheidseiendomme, uitkerings van beleggings in genoteerde instrumente en uitkerings van beleggings in verwante maatskappye en gesamentlike ondernemings kry.

Die eiendomsektor het verlede jaar meer as R120 miljard se waarde verloor weens beperkte ekonomiese toestande, terwyl aandele van die Resilient-groep en sy verwante maatskappye afverkoop is, wat die hele eiendomsindeks geraak het.

Die eiendomsektor het verlede jaar meer as R120 miljard se waarde verloor weens beperkte ekonomiese toestande, terwyl aandele van die Resilient-groep en sy verwante maatskappye afverkoop is, wat die hele eiendomsindeks geraak het.

In die geheel was die leegstand in Redefine se plaaslike portefeulje verlede jaar soortgelyk op 4,5%, teenoor 4,6% in die boekjaar.

Redefine het dividendgroei van tussen 4% en 5% vir die boekjaar voorspel – in ooreenstemming met verbruikersinflasie. Redefine wankel tans op die steuntendenslyn van sy langtermyn-stygtendens en wys weg van die begin van ’n nuwe daaltendens as dit enigsens verder terugsak.

Al meen ontleders dat Redefine goed by die tendens hou – en selfs nuwe huurders, soos die ysterwaregroep Leroy Merlin in kleinhandel, gekry het – sal die aandeelprys op die huidige vlakke moet herstel om sy primêre stygtendens vol te hou.

Hoe om dit te verhandel:

’n Omswaai bo 1 075 sent per aandeel sal beteken dat Redefine van die steuntendenslyn van sy primêre stygtendens opgespring het en dit kan verdere aankope na 1 270 sent veroorsaak. As hy egter deur 935 sent daal, sal dit beteken dat Redefine deur sy belangrike steuntendenslyn gesak het, en nog verkope kan veroorsaak dat die prys tot 805 sent daal.

Meer oor:  Redefine Properties  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.