Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Rekordskuld keer Armageddon
16 Januarie 2020

Aan die einde van verlede jaar was daar groot feesviering toe Amerikaanse aandelemarkte nog ’n uitstekende jaar ervaar het, met die S&P 500 wat die jaar 28% hoër gesluit het. Die MSCI Wêreldindeks was 24% hoër.

Plaaslike beleggers het ook by die swakker rand baat gevind. Die JSE se indeks van alle aandele het egter met slegs 10% verbeter. Die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se mening is blykbaar ook bevestig met sy standpunt om verdere rentekoersverlagings stop te sit, met die steun van ’n sterk Amerikaanse ekonomie.

Rekord- lae werkloosheid

Data oor werkgeleenthede, soos gemeet in die nie-landbousektor, het in November verras, en met rekord- lae werkloosheid van 3,5% het dit ’n lewendige

Maarten Mittner is ’n vryskut- finansiële joernalis en markdeskundige.

Amerikaanse ekonomie weerspieël wat geen verdere laer koerse vereis nie – soos die Fed vroeër aangedui het. Die oplewing in aandelemarkte het saamgeval met hernude samesmeltings- en verkrygingsaktiwiteit, die hoogste vlak in twee dekades. Maar dinge lyk nou anders.

Die hoë aandelewaardasies het maatskappye die geleentheid gebied om samesmeltings met aandele-uitgifte te finansier, nie bankskuld nie. Dit is ’n omsigtiger benadering, wat enige gevolge van ’n finansiële krisis kan versag.

Voor verdere feesviering sal dit raadsaam wees om te onthou wat Jerome Powell, voorsitter van die Fed, onlangs gesê het, naamlik dat Amerikaanse skuld nou vinniger as die bruto binnelandse produk (BBP) groei, “wat natuurlik onvolhoubaar is”.

Styging van skuldvlakke 

Internasionale skuldvlakke het gestyg tot ’n verbysterende $250 duisend miljard, die hoogste vlak in die geskiedenis van die mens in ’n tydperk van vrede. In Amerika het die totale openbare skuld van $22 duisend miljard nou die land se BBP van $21,3 duisend miljard oortref. In Japan is die verhouding van skuld tot BBP tans 243%.

Dit laat die vraag ontstaan of lande ’n nuwe ekonomiese vlak bereik het waar hulle onbepaald met hoë skuldvlakke kan saamleef deur die rentekoerse afwaarts aan te pas en die ekonomie te stimuleer met die koop van bates. Aan die begin van vanjaar het die Amerikaanse ekonomie sy twaalfde jaar van voortgesette uitbreiding binnegegaan sonder enige groot finansiële krisis. Hierdie ongekende ontwikkeling het die gevoel versterk dat ’n nuwe era aangebreek het.

Powell het self gesê dat die rekordlae vlakke van werkloosheid sonder enige gepaardgaande styging in inflasie die Fed verras het. In ’n rasionele diskoers lyk dit egter onwaarskynlik dat die ontploffing in wêreldskuld vir ewig op ’n lineêre manier kan voortduur. Dit sou beteken dat skuld onbepaald by die bestaande vlakke bygevoeg kan word, wat teen die rede indruis. Die totale wêreldwye skuld in 2008, voor die krisis, was ongeveer $180 duisend miljard.

’n Dekade later het die skuld met ’n verdere $70 duisend miljard gegroei, en as die huidige tendense voortduur, sal die wêreldwye skuld binne ’n paar jaar meer as $300 duisend miljard beloop. Die groeiende skuldvlakke lyk op die oomblik onstuitbaar, en onder die groot ekonomieë sukkel Duitsland die meeste.

Die groeiende skuldvlakke lyk op die oomblik onstuitbaar, en onder die groot ekonomieë sukkel Duitsland die meeste.

Met die eerste oogopslag lyk dit asof die Duitse ekonomie baie doeltreffend bestuur word, met ’n begrotingsoorskot, ’n positiewe lopende rekening en ’n werklike vermindering in die skuld-tot-BBP-verhouding van 65% in 2008 tot 62% verlede jaar.

In die eurosone as ’n geheel het vergelykbare vlakke van 70% tot 85% gestyg en in Amerika van 70% tot 101%. Maar waarom staar groot probleme Duitsland dan nou in die gesig? Hy het in verlede jaar se derde kwartaal net-net ’n resessie vrygespring; sy motorbedryf lê talle werknemers af en uitvoer daal vinnig. Krimpende wêreldhandel is beslis ’n faktor. Maar miskien is besparing en die toepas van verstandige ekonomiese beleid nie wat nodig is in die moderne era van skuldakkumulasie nie. Want die Duitse standpunt het teen ’n prys gekom.

Infrastruktuur het agteruitgegaan

Innovasie het swaargekry, en die land raak blykbaar agter met wêreldwye digitale ontwikkelings weens die gebrek aan beleggingsbesteding. Die lande wat ’n stimuleringsbeleid toepas, het ekonomiese groei baie beter verhoog. Tot positiewe vlakke.

Hoewel dit lyk asof daar ’n vlak is waar veel hoër groei nadelig geraak word as skuldgroei buitensporig is. Selfs Japan het egter sy hoë skuldvlak gekombineer met ekonomiese groei, hoewel dit marginaal is, deur stimulerende stappe toe te pas terwyl effektekoerse negatief is.

Niemand verwag op die oomblik dat internasionale skuld werklik terugbetaal moet word nie; afgesien van gewone effektebetalings, natuurlik.

Niemand verwag op die oomblik dat internasionale skuld werklik terugbetaal moet word nie; afgesien van gewone effektebetalings, natuurlik. Die konvensionele siening, insluitende die een wat deur die Fed gehou word, is dat hoër ekonomiese groei ’n positiewe impak op die skuld-tot-BBP-verhouding sal hê. ’n Bietjie hoër inflasie kan ook tot die redding kom.

Skuldvlakke sal tot ’n natuurlike vlak daal sonder om enige drastiese maatreëls in te stel. In die laaste paar jaar het wêreldwye huishoudelike skuld ook gedaal. Die skuld van finansiële ondernemings het ook afgeneem. Dit is slegs staatskuld wat in ’n opwaartse trajek is. Van 60% tot 100% van wêreldwye BBP. Miskien leef almal in ’n gekkeparadys. Maar op die oomblik is daar weinig alternatief as om voort te gaan met ’n vreedsame en tegemoetkomende houding deur die sentrale banke, en om bategroei in aandelemarkte te ondersteun.

Skuldvlakke moet ook verder styg, om die wêreld van ’n Armageddon te red. Diegene wat dit as ’n angswekkende ontwikkeling sien, sal eenvoudig maar daarmee moet saamleef, voorlopig.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Skuld  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.