Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Remgro
18 April 2019

Die beleggingsmaatskappy, Remgro, met sy oorsprong in die tabakmaatskappy, Rembrandt – wat in die 1940’s deur dr. Anton Rupert gestig is – het tans ’n markkapitalisasie van R107,8 miljard.

In Maart het die maatskappy ’n daling in wesensverdienste per aandeel van 3,3% vir die ses maande tot 31 Desember 2018 aangekondig. Verlede jaar het Remgro ’n transaksie aangegaan waarvolgens sy teenwoordigheid in breëband-infrastruktuur sou groei.

Gedurende die eerste fase van die transaksie het Remgro, deur sy filiaal, Community Investment Ventures, ’n 35%-aandeel in Vumatel, ’n plaaslike pionier in die vesel-na-die-huis-mark (FTTH) verkry.

Gedurende die eerste fase van die transaksie het Remgro, deur sy filiaal, Community Investment Ventures, ’n 35%-aandeel in Vumatel, ’n plaaslike pionier in die vesel-na-die-huis-mark (FTTH) verkry.

Community Investment Ventures het ook ’n meerderheidsaandeel in Dark Fibre Africa. Indien Community Investment Ventures volle eienaarskap van Vumatel sou oorneem (wat die aanvanklike plan was) sou Dark Fibre – wat op die oomblik ’n netwerk van ongeveer 10 000 km het – in staat wees om na die snel groeiende FTTH-mark uit te brei.

Maar, volgens ’n verslag in Business Day, hoewel die groen lig van die Mededingingskommissie verkry is om Vumatel oor te neem, word dit deur ’n ander speler in die mark, Octodel, teengestaan.

Hoe om dit te verhandel:

Remgro verhandel steeds in sy langtermynbeerkanaal wat tot 2015 terugdateer en het nou ’n styler beertendens in die kanaal gevorm.

As hy misluk om tot bokant R196,80 per aandeel te herstel, kan Remgro verder tot óf die steunvlak van R175,85 óf die onderste helling van die kanaal daal.

Sou hy deur daardie helling breek, sal dit ’n sterk beertendens wees wat ’n skerp daling tot die volgende steunvlak van R156,95 per aandeel kan ontlok – moontlik tot R127,45 per aandeel.

Meer oor:  Remgro  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.