Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Renergen: Riskant, maar baie lonend
18 Maart 2021
Foto: Shutterstock

Renergen* is ’n ontginner van helium en vloeibare aardgas wat plaaslik en in Australië genoteer en in die Vrystaat bedrywig is. Sy eerste produksiefase sal laat vanjaar aan die gang kom, met die veel groter tweede fase ’n paar jaar later.

’n Regte-uitgifte sal waarskynlik nodig wees om die tweede fase te finansier. Daar is ’n groot vraag na helium vir bedrywe soos vuurpyltegnologie, optiese vesel, boogsweising en mediese toerusting. Wêreldwyd het nuwe produksie in die heliumbedryf gestagneer en Amerika verander van deuntjie of dit ’n strategiese reserwe is of nie.

Die vraag bly egter sterk. Vloeibare aardgas word as ’n groen alternatief vir diesel voorgehou, maar dis moeiliker om te verkoop omdat nuwe nywerheidsmasjinerie daarvoor nodig is. Ek hou daarvan dat die idee aantrekliker sal word en daartoe sal lei dat mense die aandeel koop, soos reeds in ’n mate gebeur.

Tog is junior mynboumaatskappye nooit risikovry nie, maar in dié geval pas die belonings egter by die risiko.

* Die skrywer besit aandele in Renergen.


Meer oor:  Finweek  |  Renergen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.