Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Reunert: Gereed vir die besteding
5 November 2020

Reunert ondervind druk. Die aandeel verhandel teen 2004 se prysvlakke, maar die mark se prysbepaling van die aandeel is dalk ernstig verkeerd. 

Selfs al halveer Reunert sy tussentydse dividend, is sy dividendopbrengskoers ’n dubbelsyfer. Reunert het ondernemings in inligtingkommunikasietegnologie en verdediging, maar wat vir my interessant is, is die ingenieurseenheid, wat onder meer kabels vervaardig en verskaf.

Al die praatjies oor infrastruktuurbesteding is gemik op die konstruksieaandele (die paar wat nog op die JSE oor is) en dié wat aan die sektor verskaf, soos PPC en Afrimat. Ek hou beslis van die beleggingsargument vir dié aandele. Maar ’n groot deel van die infrastruktuurbesteding sal kragverwant wees deur die uitbreiding van Eskom se vermoë, en Reunert sal kabels vir die elektrisiteitsverspreiding kan verskaf.

Daarby sal hy dit met veel kleiner risiko en ’n groter marge doen. Die konstruksiemaatskappye sal altyd kontrakuitvoeringrisiko hê, terwyl Reunert bloot ’n kabelverskaffer sal wees (baie soos Afrimat en PPC met sement).

Die risiko is veel kleiner, want hy word betaal en behaal sy marges, ongeag van hoe dit met die konstruksiewerk gaan. 


Meer oor:  Finweek  |  Reunert  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.