Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Reunert: Kopers steek weer kop uit
22 Oktober 2020

Reunert besit welbekende handelsmerke soos Nashua, CBI-electric en Reutech. Reunert verhandel in ’n beertendens. Dit het in September ’n nuwe laagtepunt van 2 800c per aandeel getoets, vanaf ’n hoogtepunt van 8 875c in Augustus 2018.

Sy beertendens het versterk nadat hy in Junie ’n verwagte afname in inkomste weens die koronavirus bekend gemaak het. Hy het vir die halfjaar tot 31 Maart ’n verlies van R327 miljoen gely, vanaf ’n wins van R377 miljoen in die ooreenstemmende tydperk.

Nadat hy ’n nuwe laagtepunt van 2 800c getoets het, het Reunert ’n paar weke lank sywaarts verhandel, terwyl hy stewige weerstand op 3 560c ervaar het. Hy het in die eerste week van September deur dié belangrike weerstandsvlak gebreek, wat beteken dat kopers weer hul kop uitsteek en vind dat die huidige vlakke redelik is om te kan belê.

Sy oorkoopte weeklikse relatiewe-sterkte-indeks (RSI) het op 12 Oktober ’n terugsakking ontketen. Sou Reunert bokant 3 015c omswaai, behoort opwaartse potensiaal op kort termyn voort te duur.

Indien Reunert bokant 3 015c sou omswaai, dan behoort opwaartse potensiaal op kort termyn voort te duur.

Hoe om dit te verhandel:

Gaan lank bo 3 560c nadat Reunert van sy oorkoopte posisie teruggesak het. Opwaartse potensiaal tot 4 860c behoort dan in te tree. Bly lank sou aankope na dié vlak voortduur, aangesien die volgende weerstand moontlik op 5 400c getoets kan word.

Moenie lank gaan as Reunert onder 3 015c sou omswaai nie, omdat hy kan daal tot sy absolute laagtepunt van 2 800c.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto’s: www.reunert.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Reunert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.