Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
SA reits slaan munt uit aanpasbare werkruimte
6 Junie 2019

'n Alternatief vir tradisionele kantoorruimte – die aanpasbarekantoor-mark, wat bestaan uit kantore met dienste en gedeelde werkruimtes – is vinnig besig om wêreldwyd uit te brei met ’n gemiddelde jaarlikse groeikoers van 23% sedert 2013, volgens navorsing van Stanlib.

Workshop17 se aanpasbare ruimte te Weststraat 138 in Sandton, Johannesburg.

Volgens ’n 2018-verslag van PwC, verteenwoordig aanpasbare werkruimte ongeveer 8% van kantoorruimte wêreldwyd en daar word verwag dat dit teen 2030 tot 30% gaan styg.

Dié ten volle toegeruste, gemeubileerde en gedienste kantore en gedeelde werkruimtes, met gehalte-geriewe, is veral gewild onder kliënte omdat hulle buigsaam is wat koste, korttermynkontrakte en selfs die gebruik van veelvoudige liggings betref.

Volgens ’n 2018-verslag van PwC, verteenwoordig aanpasbare werkruimte ongeveer 8% van kantoorruimte wêreldwyd en daar word verwag dat dit teen 2030 tot 30% gaan styg.

In Suid-Afrika neem die spelers in dié mark ook vinnig toe met globale groepe soos Regus en WeWork wat hier teenwoordig is.

Die mark word hoofsaaklik aangedryf deur entrepreneurs en klein sake wat na buigsame en kostedoeltreffende werkruimtes soek. Hoewel nog nie ’n tendens in Suid-Afrika nie, het groot maatskappye ook die aanpasbareekantoor-omgewing betree, veral in stede soos New York en Londen.

Volgens Cushman & Wakefield, is sentraal-Londen die wêreldleier op die gebied van buigsame werkruimte en verteenwoordig 4% van die gebied se voorraad.

In Londen is WeWork die grootste huurder. “Van die huurkontrakte wat oor die afgelope jaar in Londen onderteken is, was 20% vir buigsame kantoorruimte,” sê Keillen Ndlovu, hoof van genoteerde eiendomsfondse by Stanlib.

Gedurende die konferensie van Bank of America Merrill Lynch in Maart vanjaar, is WeWork – wat ’n geraamde waarde van $47 miljard het – benoem as die grootse verhuurder van kantoorruimte in New York, Londen en Washington DC.

Genoteerde eiendom volg die voorbeeld

In die sektor genoteerde eiendom, is aanpasbare werkruimte ’n klein maar groeiende deel van portefeuljes.

“Die model van buigsame werkruimte is iets wat talle genoteerde maatskappye wêreldwyd, insluitend Europa, Amerika en Australië, in hul strategieë insluit,” sê Ndlovu aan finweek.

Die JSE-genoteerde RDI REIT meld dat gedienste kantore in Londen steeds beter as die verwagting presteer. Die vaste-eiendomsbeleggingstrust (reit) se vier gedienste kantore in Londen beslaan 10% van sy totale portefeulje.

“Die model van buigsame werkruimte is iets wat talle genoteerde maatskappye wêreldwyd, insluitend Europa, Amerika en Australië, in hul strategieë insluit,” sê Ndlovu aan finweek.

Die sektor aanpasbare kantore, wat na raming tussen £16 miljard en £19 miljard in Brittanje werd is, gaan volgens die navorsing van Cushman & Wakefield teen 2015 tot £62 miljard toeneem. Hoewel daar op die oomblik geen amptelike data vir Suid-Afrika beskikbaar is nie, raam Ndlovu dat aanpasbare kantoorruimte moontlik ’n minimum van 1% van die plaaslike kantoorsektor verteenwoordig. Hy is egter daarvan oortuig dat dit sal toeneem.

“Dit is ’n sektor wat nie buite rekening gelaat kan word nie, veral omdat dit talle klein sake huisves,” sê hy.

SA brei ook uit

Suid-Afrika se genoteerde-eiendomsektor is steeds besig om die voetspoor van sy aanpasbare werkruimte uit te brei, hoofsaaklik deur vennootskappe met spelers op dié gebied aan te gaan.

Die land se twee grootste reits het reeds ’n teenwoordigheid in dié lonende en groeiende mark. Workshop17, waarvan 50% deur Suid-Afrika se grootste reit, Growthpoint Properties, besit word, het twee nuwe gedeelde ruimtes in die Paarl en Rosebank bygevoeg, wat sy liggings op vier te staan bring, insluitend Weststraat 138 in Sandton en die V&A Waterfront.

Suid-Afrika se genoteerde-eiendomsektor is steeds besig om die voetspoor van sy aanpasbare werkruimte uit te brei, hoofsaaklik deur vennootskappe met spelers op dié gebied aan te gaan.

Nog drie word beplan met een by Growthpoint se 32 on Kloof-ontwikkeling in Tuine, Kaapstad, wat binnekort gaan open.

Andrew König, uitvoerende hoof van Redefine Properties, op een na die land se grootste reit, sê Redefine posisioneer die portefeulje om munt te slaan uit die tendens om werkruimte te deel.

Redefine Properties doen reeds sake met vier van die grootste sake wat werkruimte deel: Flexible Workspace, The Business Exchange, Regus en, meer onlangs, WeWork waarmee hy twee 15-jaarhuurkontrakte in Rosebank en Sandton aangegaan het.

WeWork is nou die hoofhuurder by Redefine se ikoniese Rosebank Link, en in September tree sy huurkontrak in werking vir 10 000 m2 van Weststraat 155 in Sandton.

Meer oor:  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.