Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Sal Wescoal sy aandeelhouers ’n bietjie opbeur?
21 November 2019
Wescoal se Elandspruit-myn buite Middelburg, Mpumalanga. Foto: GoogleEarth

Reg Demana, uitvoerende hoof van Wescoal Holdings, kan doen met ’n bietjie feestelikheid dié Kersgety. Nadat Demana, ’n voormalige hulpbronbankier by Nedbank Capital, in Februarie die leisels by Wescoal oorgeneem het, het hy ’n onstuimige tyd beleef, aanvanklik met ’n daling in die dollarprys van termiese steenkool, wat jaar-op-jaar met 37% geval het.

Daar was ook ontwrigting vóór die verkiesing in myndorpe in Mpumalanga wat steeds voorkom (sien kassie).

In April het gewelddadige protesoptrede gelei tot ’n weeklange staking by die Vanggatfontein-steenkoolmyn, Wescoal se vlagskipmyn. ’n Noodlottige ongeluk by Vanggatfontein het die staantyd verleng, terwyl ’n ondersoek deur die staat gedoen is.

Produksie van ’n ander myn in Mpumalanga, Elandspruit, is ook ontwrig nadat ’n kontrakteur werk gestaak het en gesê het hy maak nie geld met die ondergrondse myn nie.

Dit het probleme veroorsaak

Al dié probleme het plaasgevind voordat Demana hom by Wescoal aangesluit het, maar hy het nogtans met die gebakte pere gesit. Aandele in die maatskappy het in Julie hul laagste vlak in drie jaar bereik en dit was vroeg in November byna weer die geval.

Die uitwerking van laer produksie is dat die maatskappy verplig was om meer as 500 000 ton steenkool van derde partye in te koop om ’n Eskom-voorsieningskontrak na te kom.

Die uitwerking van laer produksie is dat die maatskappy verplig was om meer as 500 000 ton steenkool van derde partye in te koop om ’n Eskom-voorsieningskontrak na te kom.

Moontlik weens dié gebeure, het die maatskappy in ’n handelsverklaring gesê dat hy R18 miljoen bestee het om twee maatskappytransaksies na te jaag wat nooit ’n werklikheid geword het nie. Die eerste was die voorgenome oorname van Australië se Universal Coal, wat myne in Suid-Afrika bedryf, en ’n aanbod vir South32 se South Africa Energy Coal (SAEC), wat uiteindelik aan Seriti Resources toegeken is.

Die voorgenome verkoop van Wescoal se nie-kern Leeuw Braakfontein-steenkoolmyn het ook platgeval. Dus was dit nie juis ’n produktiewe ses maande op dié front nie. Dit is weerspieël in die handelsverklaring wat verlede week gepubliseer is. Laer produksie, miskien weens ’n bestuur wat sy aandag elders het, sal lei tot ’n tussentydse verlies wanneer die maatskappy sy syfers op 26 November bekend maak.

“Met die produksietempo wat verbeter het, voorsien ons nie ’n beduidende aantal inkope in die tweede helfte van die boekjaar nie.

“Produksievolumes het gedurende die kwartaal tot 30 September beduidend toegeneem vergeleke met die voorafgaande kwartaal, dus is dit grootliks nie meer noodsaaklik om steenkool in te koop nie,” het Demana in ’n e-pos in reaksie op vrae van finweek gesê.

“Met die produksietempo wat verbeter het, voorsien ons nie ’n beduidende aantal inkope in die tweede helfte van die boekjaar nie.”

Goeie nuus

Daar is ook goeie nuus rakende nuwe besigheid. “Die Moabsvelden-projekplan is steeds op die regte spoor om gedurende die eerste helfte van 2020 af te skop,” het hy gesê.

Die Moabsvelden- projekplan is steeds op die regte spoor om gedurende die eerste helfte van 2020 af te skop

“Ons verwag om nadere besonderhede aan te kondig saam met die aankondiging van die resultate later vandeesmaand.”

Moabsvelden is ’n nuwe projek wat al in Wescoal se visier is sedert die maatskappy in 2017 Keaton Energy gekoop het. Dit is belangrik dat die projek, wat ’n hanetree van Vanggatfontein geleë is, in bedryf gestel word omdat Wescoal ’n ooreenkoms met Eskom onderteken het om hom van 3 miljoen ton steenkool uit dié myn te voorsien.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
Hoe die ‘nuwe Guptas’ van steenkool woede in Mpumalanga ontlok het

Honderde betogers het verlede maand op die Glenhove-kantoor van South32 toegesak, geklee in T-hemde wat verklaar het dat Seriti Resources “die nuwe Guptas” is.

Seriti Resources is die maatskappy in swart besit wat suksesvol gebie het vir South32 se sake-eenheid, South Africa Energy Coal (SAEC), wat 28 miljoen ton steenkool per jaar produseer, en ongeveer die helfte aan Eskom verskaf.

Dit sal Seriti ook Eskom se grootste verskaffer ná Exxaro Resources maak. Maar nuus dat gemeenskappe na bewering by die SAEC-myne nie tevrede met die transaksie is nie, is onrusbarend. Die laaste ding wat Seriti nou nodig het, is vir die gemeenskap om ontwrigting te veroorsaak, gegewe die beduidende verkryging van finansiering wat voorlê, om nie te praat van die uitdaging om SAEC te vestig nie.

Mike Fraser, bedryfshoof van South32, meen egter die opmars is deel van ’n ingewikkelde vraagstuk wat uiteindelik sy oorsprong in die groter ekonomiese slapte het waarin Suid-Afrika hom tans bevind, wat die werkloosheidsyfer van meer as 50% onder jeugdiges insluit.

Dit is moeilik om te weet of die opmars die breë konsensus in Mpumalanga verteenwoordig, waar die meeste van South32 se steenkool gemyn word. Die ontwrigting van gemeenskappe in die streek is dikwels kwaai verpolitiseer en sluit soms misdadige elemente in.

“Dis steeds erg opstandig. Ons verwag wel dat die protestoptrede sal voortduur,” het Fraser in ’n onderhoud met finweek gesê.

Protestoptrede by steenkoolmyngemeenskappe vroeër vanjaar het honderde miljoene rande in verlore inkomste tot gevolg gehad. Ontwrigting is tans nie ’n kenmerk van die protesoptredes nie, maar dit is ’n situasie wat South32 fyn dophou.

“Ons probeer om die polisie te kry om ons in hierdie verband te help, maar dis moeilik,” het Fraser gesê. “Dit is ietwat van ’n onsmaaklike situasie. Die Minerale Raad van Suid-Afrika werk deurgaans met ministers saam om die probleem op te los.” 

Meer oor:  Finweek  |  Wescoal  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.