Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Sasol Bpk: Herstel, resultate ten spyt?
27 Augustus 2020
Foto: sasol.com

Sasol se finansiële resultate vir die jaar geëindig 30 Junie wys die maatskappy het bates van R111,6 miljard afgeskryf, wat ’n verlies van R91,3 miljard teweeggebring het teenoor ’n wins van R6,1 miljard die vorige jaar.

Die lang verwagte syfers oor Lake Charles, sy chemiese projek van $12,8 miljard, het in die tweede helfte van die boekjaar deurgekom. Dit het R100 miljoen bygedra tot die verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) in die tweede helfte van die boekjaar, teenoor ’n verlies van R1,1 miljard in die eerste ses maande, luidens ’n verklaring wat Sasol se finansiële state vergesel het.

“Die virus het ’n skielike daling in hulpbronpryse veroorsaak, die vraag na produkte onderdruk en algemene ekonomiese agteruitgang meegebring. Daarby is ons weens die onbestendige makro-omgewing aan kredietafgraderings onderwerp,” sê Fleetwood Grobler, Sasol se uitvoerende hoof, in die verklaring.

Verhandel hom só:

Ondanks die resultate het Sasol se aandeelprys van sy vorige verliese ingehaal en binne sy twee jaar lange beerneiging ’n opwaartse tendens gevorm. Hy kom egter op 15 715c per aandeel groot weerstand teë. Duur die hersteltendens in die komende dae voort – terwyl die mark sy volhoubaarheid takseer – sal ’n goeie koopgeleentheid bokant 15 715c wees, met ’n moontlike styging tot die volgende weerstandsvlak van 24 865c.

Andersins kan hy ’n plafon bereik op 15 715c en terugsak tot op 10 300c. Die opwaartse neiging sal hieronder eindig en die prys kan nog daal tot op 6 960c. Moet dan nie lank gaan nie.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Sasol se finansiële resultate vir die jaar geëindig 30 Junie wys die maatskappy het bates van R111,6 miljard afgeskryf, wat ’n verlies van R91,3 miljard teweeggebring het.


Meer oor:  Beleggings  |  Sasol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.