Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Sasol draai die gety
14 Mei 2021
Foto: Gallo/Getty images

Sasol se wilskrag het uiteindelik vrugte afgewerp nadat die Lake Charles Chemicals-projek in Amerika en die wisselvallige oliepryse hom die afgelope twee jaar uitgemergel het.

Sy prys het verlede jaar van 65 300c per aandeel tot 2 075c geval. Maar sake verbeter en soveel so dat hy verwag dat wesensverdienste per aandeel vir die jaar geëindig Junie 2021 met minstens 20% sal verbeter, vergeleke met die wesensverlies per aandeel van R147,45 ’n jaar tevore, ondanks orkane wat sy Amerikaanse chemikalieëbedryf die nege maande geëindig Maart 2021 onderbreek het en oliepryse wat nog herstel.

Sasol het in 2020 sy strategie hersien om die impak van Covid-19 en lae oliepryse te versag met die verkoop van bates. In Desember 2020 is 2025-teikens bekendgestel om wins te verbeter en koste te verlaag om van die Lake Charles-projek te herstel.

Sasol sê dat sy wesensverdienste per aandeel vir die jaar geëindig Junie 2021 met minstens 20% sal verbeter.

Hoe om hom te verhandel:

Sasol het uit sy langtermynbeertendens gebreek, ’n positiewe uitbreking is in Maart vanjaar bo 18 390c per aandeel bevestig, en hy verhandel nou in ’n bulkanaal. Sy aandeelprys het onlangs opwaarts verhandel tot ’n vlak van 24 865c per aandeel wat terugreik tot 2009, maar kon nie daardeur verhandel nie – tot onlangs.

Maar omdat die daaglikse relatiewesterkte-indeks (RSI) oorgekoop is toe daar deur die vlak gebreek is, het die aandeelprys teruggesak. As ondersteuning bo 22 250c per aandeel hou, is ’n verhoging deur 24 865c per aandeel moontlik, wat ’n koopteken sal wees met stygpotensiaal tot die volgende weerstand teen 33 165c per aandeel, waar ’n deurbreking tot 37 945c per aandeel moontlik is.

As daar nie steun teen 22 250c per aandeel is nie, kan regstelling binne die bulkanaal voorkom. ’n Negatiewe deurbreking uit hierdie kanaal sal onder 18 390c bevestig word en steun kan teen 14 600c per aandeel getoets word.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za


Meer oor:  Sasol  |  Finweek  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.