Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Sibanye-Stillwater: ’n Regstelling wag dalk
10 September 2021

Sibanye-Stillwater is die wêreld se grootste primêre produsent van platinum, die tweede grootste primêre produsent van palladium en ’n eersterangse goudprodusent, asook ’n belangrike produsent van rodium en ander platinumgroepmetale (PGM’e) en geassosieerde minerale soos chroom.

Die groep het onlangs ’n tussentydse dividend van R8,54 miljard verklaar vir die ses maande tot einde Junie, ná nog ’n ongeëwenaarde finansiële prestasie. Danksy beter bedryfsprestasie en sterk edelmetaalpryse, het die groep se wins meer as verdubbel tot R24,32 miljard teenoor R9,73 miljard in dieselfde tydperk ’n jaar tevore.

Dit het ook die vorige hoogtepunt van R20,89 miljard in die tweede helfte van 2020 verbygesteek. Wesensverdienste per aandeel het met 141% op ’n jaargrondslag tot 835c gespring. Dit alles het Sibanye in staat gestel om ’n tussentydse dividend van 292c per aandeel te verklaar.

Die grafiek wys Sibanye het sy vorige hoogtepunt van 7 250c verbygesteek en in Maart ’n nuwe hoogtepunt van 7 665c gevorm. Daarna het hy egter dalende hoogtepunte begin vorm en het nou uit sy huidige opwaartse tendens gebreek. Dis ’n waarskuwingsteken. Die aandeelprys het dalk stoom verloor en ’n regstelling mag volg.

Wesensverdienste per aandeel het met 141% op ’n jaargrondslag tot 835c gespring. Dit alles het Sibanye in staat gestel om ’n tussentydse dividend van 292c per aandeel te verklaar.

Verhandel hom só:

Sibanye se aandeelprys huiwer by ’n belangrike steunvlak op 5 845c. As die inligting hierbo ’n styging aan die gang sit, maar die aandeel kan nie bokant 6 480c of selfs 7 000c verhandel nie, moet beleggers hul lang posisies verklein en onder 5 845c per aandeel heeltemal verkoop.

’n Regstelling tot 4 450c kan volg en word dié vlak deurbreek, kan die aandeelprys verder daal tot by 3 150c.

Alternatiewelik sal Sibanye tot bokant 7 665c moet styg om ’n nuwe bulfase te begin en nuwe hoogtepunte aan te teken. Slaag hy nie, kan die aandeel daar konsolideer en dan daal.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto: Argief

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.