Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Simon se wenke
4 April 2019

Grand Parade

Burger King kos steeds geld

Grand Parade se resultate vir die ses maande tot verlede Desember wys dat dobbel steeds sy enigste winsgewende element is, terwyl Burger King steeds geld verloor, ten spyte van verbeteringe in ’n aantal maatstawwe.

Gemiddelde inkomste per winkel, getal kaartjies per winkel en gemiddelde kaartjieprys het almal toegeneem en inkomste met 35% verhoog. Tog het die verlies op ’n wesensverdienstevlak vir die ses maande met 66% gestyg tot net onder R9,5 miljoen, terwyl dobbel en ontspanning met 15% gestyg het tot byna R75 miljoen.

Hy het ook aangekondig dat hy oor die volgende drie jaar 15 nuwe Burger King-winkels gaan open. Met kontant van slegs R110 miljoen sal hy dobbelwins vir hierdie nuwe winkels moet bly gebruik, dus sal daar waarskynlik vir die volgende drie jaar geen dividende wees nie.

Bestuur en aandeelhouers berou waarskynlik die maatskappy se besluit om die bedryf van kitsrestaurante te betree. Die strategie moet nog sy waarde bewys. Selfs met die aandeel teen ’n groot afslag tot netto batewaarde (NBW), wil ek nie koop nie.

Wilderness Holdings

’n Tendens van denotering

Die stortvloed van kleinkapitalisasiedenoterings gaan voort, met Wilderness Holdings die jongste om ’n aanbod aan te kondig. Die tendens sal waarskynlik voortduur, aangesien baie van die aandele baie goedkoop waardasies het.

Voorlopig krimp dié JSE-sektor. Maar daar sal weer ’n noteringsoplewing wees. Dis die mark se aard. As waardes gedemp is, word beleggers terneergedruk. Hulle hou op koop, volumes daal, en dit lei tot selfs laer pryse.

Later word waardasies goedkoop en aandele denoteer. Maar uiteindelik verbeter dinge weer, die ekonomie vaar beter en die markte begin styg.

Dan wil maatskappye teen die hoë waardasies noteer, aangesien hierdie hoër waardasies beter pryse vir die notering beteken. Niemand wil in ’n gedempte mark noteer nie. Maar voorlopig betreur ons die verlore noterings en wag vir die volgende oplewing.

Ascendis Health

’n Maatskappy in groot moeilikheid

Ascendis Health se tussentydse resultate (tot einde Desember) was swak, hoewel inkomste gestyg en marges verbeter het. Maar die probleem is ’n massiewe skuldlas van sowat R5,3 miljard, meer as dubbel die markkapitalisasie van R2,2 miljard.

Hy sal dalk ander bates ook moet verkoop, en die meerderheidsaandeelhouer (Coast2Coast) sal waarskynlik meer gedwonge aandeelverkope ervaar. Dit is ’n maatskappy met groot probleme, en ’n suksesvolle oplossing is nie ’n uitgemaakte saak nie.

Om daardie skuld te verminder, is Ascendis in gesprekke om die Remedica-besigheid te verkoop, wat sowat ’n derde van die inkomste genereer.

Hy sal dalk ander bates ook moet verkoop, en die meerderheidsaandeelhouer (Coast2Coast) sal waarskynlik meer gedwonge aandeelverkope ervaar. Dit is ’n maatskappy met groot probleme, en ’n suksesvolle oplossing is nie ’n uitgemaakte saak nie.

Teleurstellende resultate

Metrofile* se finansiële hoof het met onmiddellike uitwerking net voor die tussentydse resultate tot einde Desember verlede jaar bedank. Die resultate help ons om te verstaan hoekom. Inkomste het met 7,5% gestyg danksy die begin van die Keniaanse bedrywighede en die CSX-groep wat goed gevaar het, maar wesensverdienste per aandeel (WVPA) was 34,6% laer teen 10,2c.

Dit is minder as die dividend van 13c wat vir die tussentydse tydperk van Desember 2017 betaal is. Daar is ’n paar probleme hier, insluitende hoër skuldbetalings vir die Keniaanse besigheid, maar ook ’n belastingkoers wat tot 40% gestyg het.

Die maatskappy bly kontantgenererend en kan waarskynlik die skuld in vyf jaar afbetaal. Ek wonder egter of ons hier nie ’n vinnige aanbod aan minderhede vir ’n denotering sal sien nie.

’n Ontleder wat Metrofile dek, sê dit lyk asof dit “waarskynlik was omdat die rente op die lening om die Keniaanse besigheid te koop, nie vir belastingdoeleindes aftrekbaar is nie”. Dit sal verduidelik hoekom ’n nuwe finansiële hoof skielik aangestel is. Vir ’n aandeelhouer is dit baie teleurstellende resultate.

Maar ek veronderstel hulle kan die belastingprobleem herstruktureer en terugkeer na ’n realistiese belastingkoers (’n normale belastingkoers sal 25% tot WVPA toevoeg).

Die maatskappy bly kontantgenererend en kan waarskynlik die skuld in vyf jaar afbetaal. Ek wonder egter of ons hier nie ’n vinnige aanbod aan minderhede vir ’n denotering sal sien nie.

Metair

Turkye werp vrugte af

Metair se resultate vir die jaar tot Desember is ’n les om na ons eie vooroordele te kyk. Ná die toetrede tot Turkye het baie mense (myself ingesluit) gevoel die politieke en ekonomiese probleme in daardie land maak Metair ’n swak belegging.

Maar net soos baie buitelanders nie juis die aard van besigheid in Suid-Afrika verstaan nie, het ek dieselfde fout met Turkye gemaak. Die resultate toon sterk winste, goeie winsgewendheid en R579 miljoen kontant voorhande (meer as 12% van markkapitalisasie).

Teen ’n prys-tot-verdienste-verhouding (P/V) van sowat sewe maal en ’n dividendopbrengs van meer as 4% is die aandeel goedkoop. Daar is egter twee risiko’s.

As beleggers vashou aan hul Turkse vooroordeel, sal die prys nie hoër gedryf word nie. Tweedens, vervaardiging van oorspronklike toerusting is ’n goeie besigheid, maar kontrakte kan enige tyd gekanselleer word.

Steinhoff

Markus Jooste, voormalige hoof van Steinhoff

Bedrog loop diep

Die opsommingsverslag deur PwC oor die Steinhoff-bedrog is uitgereik, en hoewel dit nie diepte het nie (die opsomming is slegs 11 bladsye lank, terwyl die verslag 3 000 bladsye is) gee dit besonderhede van bedrog van ongeveer €6,5 miljard vir die tydperk 2009 tot 2017.

Teen huidige wisselkoerse is dit meer as R100 miljard. As mens Steinhoff se resultate vir die tydperk 2009 tot 2017 ondersoek, toon dit ’n wins van sowat R70 miljard, wat daarop dui dat die hele maatskappy ’n yslike bedrogspul was met geen werklike winste nie.

Steinhoff het wel reële bates (soos die 71% in Pepkor wat sowat R46 miljard werd is). Maar nadat die regsgedinge oor die volgende dekade of so afgehandel is, sal daar nie veel vir huidige aandeelhouers oorbly nie.

African Rainbow CAPITAL

’n Stadige, langtermyn- belegging

Toe African Rainbow Capital genoteer is, was ek krities oor sy gelde-struktuur en het ek gesê ’n mens sal teen ’n diskonto tot NBW wil koop, nie die premie waarteen hy by notering verhandel het nie. Die resultate toon nou ’n intrinsieke NBW van 921c, terwyl die aandeel teen sowat 470c verhandel en dus ’n groot afslag bied.

Die grootste deel van die NBW is egter in Rain, wat nou sowat 250c per aandeel werd is, met die besigheid gewaardeer teen sowat R11,7 miljard. (African Rainbow Capital besit 20% van Rain). Ek dink dié waardasie is hoog vir ’n maatskappy wat, soos ek voorheen gesê het, basies ’n nutsmaatskappy is wat data verkoop.

Hoewel ons meer data gebruik, val die prys daarvan deurentyd. Terselfdertyd is kapitaaluitgawes beduidend. Maar as jy dink die Rain-waarde is redelik, sal African Rainbow Capital baie aantreklik lyk. Maar moenie vuurwerke in die kort- of selfs mediumtermyn verwag nie. Hierdie belegging gaan stadig oor die baie lang termyn uitspeel.

Sun International

Potensiële risiko vir inkomste

Sun International se resultate vir die jaar tot einde Desember verwys na die Konsepwet op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels van 2018 wat vir kommentaar gepubliseer is, maar hulle maak geen melding van die moontlike uitwerking van die konsepwet indien dit goedgekeur word nie.

My gevoel is dat die konsepwet heel waarskynlik goedgekeur sal word, maar nie binnekort nie, omdat die parlement nou ontbind is om verkiesingspropaganda te gaan doen. Dit verbied egter “rook in ’n afgeslote openbare plek”.

Tans is dobbelinkomste sowat 45% van die totale inkomste, en hulle kan tot 20% van dié inkomste verloor wanneer die nuwe rookwet goedgekeur word.

Ek het al voorheen gesê dat dit na verwagting ’n ernstige uitwerking op dobbelinkomste plaaslik sal hê – soos in Australië gebeur het toe hulle ’n wet ingestel het om rook binnenshuis te verbied.

Tesame met moeilike ekonomiese toestande en ’n groot skuldlas (al is dit kleiner ná ’n regte-uitgifte vir R1,6 miljard) van R9,2miljard gaan ’n terugslag vir dobbelinkomste probleme veroorsaak.

Tans is dobbelinkomste sowat 45% van die totale inkomste, en hulle kan tot 20% van dié inkomste verloor wanneer die nuwe rookwet goedgekeur word, dus ’n potensiële terugslag van sowat 10%. Weereens, met verwysing na Australië: Die verlore inkomste het na ongeveer drie jaar teruggekeer.

Foto’s: Gallo/Getty Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.