Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Skansfonds met sy vinger op die pols
20 Februarie 2020

Wat sê die fondsbestuurder?

Catalyst-fondsbestuurders se Alpha Prescient QI-skansfonds voldoen nie aan konstante spesifieke lang- of kortmarkblootstelling nie, maar is eerder gefokus op die keuse van afsonderlike aandele volgens die bestuurders se mening oor markgeleenthede.

Die fonds is vir gesofistikeerde beleggers wat uitsonderlike opbrengste verlang en wat bereid is om ’n groter spesifieke risiko aan te neem om dié opbrengs te behaal.

Die fonds is vir gesofistikeerde beleggers wat uitsonderlike opbrengste verlang en wat bereid is om ’n groter spesifieke risiko aan te neem om dié opbrengs te behaal.

Paul Duncan, fondsbestuurder, sê die fonds van R433,8 miljoen het meer buigsaamheid sodat hy aktiewe alfa kan genereer.

“Die fonds kan lank en/of kort genoteerde vaste-eiendomsaandele wees en kan verskeie beleggingsinstrumente of -strategieë gebruik om die risiko te probeer verskans om beide absolute en die kwaliteit van opbrengste te verbeter,” sê hy.

Geleenthede word benut 

Die fonds benut geleenthede wat voortspruit uit korporatiewe gebeurtenisse, soos verkopersplasings, aanvanklike openbare aanbiedinge, samesmeltings en verkrygings, korporatiewe herstrukturering, die terugkoop van aandele en volmagstryde, volgens die fonds se mandaat.

Een sodanige korporatiewe gebeurtenis waaruit die skansfonds onlangs munt geslaan het, was Growthpoint Properties se verkryging van ’n meerderheidsbelang in Capital & Regional in Brittanje. Growthpoint het ’n bod van R2,9 miljard gemaak – wat bestaan uit ’n gedeeltelike kontantaanbod aan bestaande aandeelhouers en ’n inskrywing op nuwe aandele in Capital & Regional – wat Growthpoint ’n belang van 51,1% in die verhuurder van winkelsentrums gee, volgens Growthpoint se aanboddokument.

“Nadat die fonds ’n deeglike kontroleringsondersoek gedoen het, die eiendom in Brittanje besoek het en ’n gedetailleerde risiko-aangepaste waardasie van die genoteerde aandele gedoen het, was die fonds heeltemal seker dat Capital & Regional ver onder sy intrinsieke waardasie verhandel,” het Duncan gesê.

“Dit lyk asof Growthpoint ’n soortgelyke waardeproposisie gesien het en ’n aanbod gemaak het om ’n meerderheidsbelang in die maatskappy te verkry teen ’n aansienlike premie tot die fonds se verkrygingsprys.”

“Dit lyk asof Growthpoint ’n soortgelyke waardeproposisie gesien het en ’n aanbod gemaak het om ’n meerderheidsbelang in die maatskappy te verkry teen ’n aansienlike premie tot die fonds se verkrygingsprys.”

Duncan sê dat die skansfonds se netto kort posisie (sowat -8,7% van sy totale belang) op SA effekte ’n skans teen rentekoersrisiko bied. “Plaaslike SA effekte is sterk gekorreleer met SA genoteerde-eiendomsaandele.

’n Kort posisie op SA effekte kan dus gedeeltelik ’n skans bied teen die risiko van die SA genoteerde-eiendomsmark. ’n Kort op SA effekte is ook ’n vorm van hefboomfinansiering wat gebruik kan word om lang posisies met hoë oortuiging te benut,” sê hy.

Waarom finweek dit sou oorweeg om hom by te voeg

Die fonds kies afsonderlike sekuriteite volgens geleenthede in die mark, wat lei tot buigsame beleggingsbesluite. Hoewel hy geleenthede in genoteerde eiendom gebruik om sy opbrengste bo die maatstaf te behaal, is die fonds nie met die genoteerde eiendomsmark gekorreleer nie.

/
/
Meer oor:  Fondsbestuur  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.