Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Skep ’n groot swart eiendomspeler
21 November 2019
Die voorgestelde samesmelting van die swart bemagtigde Delta Property Fund en Rebosis Property Fund behoort heelhartig gesteun te word om bemagtiging in die eiendomsektor te bevorder

'n mens kan nie ontken dat swart ekonomiese bemagtiging, wat onder President Nelson Mandela afgeskop en deur sy opvolger, Thabo Mbeki versnel is, en wat tot welvaartskepping onder swart mense gelei het, oor die afgelope dekade erg verlangsaam het nie.

In die jare voor die wêreldwye resessie van 2008 en 2009 het Suid-Afrika opspraakwekkende en groot swartbemagtigingstransaksies beleef waarin ’n aantal swart konsortiums minderheidsbelange in JSE-genoteerde maatskappye onder wit bestuur gekoop het.

Bemagtigingstransaksies onder genoteerde maatskappye het ná die resessie opgedroog en georganiseerde swart besigheid se aandag het na staatsverkryging verskuif om welvaart te skep. Die verposing in grootskaalse bemagtigingstransaksies is soms onderbreek deur samesmeltings van swart maatskappye.

Al is dié transaksies seldsaam, word dit sedert 2010 beskou as ’n teken dat die swartbemagtigingkonsep wasdom bereik het. Die samesmeltings tussen bemagtigingsmaatskappye is genoodsaak daardeur dat hulle die storm moes deurstaan om hul inkomste te beskerm en hulself terselfdertyd te posisioneer om hul markaandeel te vergroot ingeval die ekonomie sou herstel.

Ekonomie het nooit herstel

In werklikheid het die plaaslike ekonomie nooit ná die resessie herstel nie, en gekonsolideerde bemagtigingsmaatskappye het bly voortbestaan terwyl ander eerstegenerasie-maatskappye tot niet gegaan het.

Dis teen dié agtergrond dan nie verbasend dat daar voornemens is van ’n swartbemagtigingsamesmelting in die eiendomsektor nie. Delta Property Fund en Rebosis Property Fund onderhandel om ’n enkele besigheid met bates ter waarde van R25 miljard te vorm. Die twee swart eiendomsbase meen dat die samesmelting ’n “beduidende, grootskaalse speler” sal skep wat dit vir hulle moontlik sal maak om hul kapitaal te herstruktureer en so hul skuldvlakke te verlaag.

Die twee swart eiendomseienaars meen dat die samesmelting ’n “beduidende, grootskaalse speler” sal skep wat dit vir hulle moontlik sal maak om hul kapitaal te herstruktureer om hul skuldvlak te verlaag.

Dit sal hulle help om die huidige moeilike ekonomiese klimaat, wat die eiendomsektor knou, deur te staan. Al is die beweegrede vir die transaksie oortuigend, lyk dit of Redefine Properties, die tweede grootste speler in die eiendomsektor, daarteen gekant is.

Die voorgestelde samesmelting van die swart bemagtigde Delta Property Fund en Rebosis Property Fund behoort heelhartig gesteun te word om bemagtiging in die eiendomsektor te bevorder

Redefine het in Augustus aan Moneyweb gesê hy is teen die samesmelting gekant omdat hy “van die ekonomiese risiko dra”. Redefine het sy belang van 22,8% in Delta in 2017 aan die swart aandeelhouer Cornwall Crescent verkoop. Redefine het die transaksie met R1,46 miljard gefinansier.

Delta en Rebosis lyk vasbeslote om saam te smelt, selfs al het Cornwall en Redefine, sy finansier, bedenkinge daaroor. Rebosis het einde Oktober ’n Sens-aankondiging uitgereik om te bevestig dat die proses voortgaan.

'n Hupstoot

As die samesmelting voortgaan, sal dit ’n geweldige hupstoot vir swart bemagtiging in die eiendomsektor wees. Samesmeltings onder swart bemagtigde maatskappye het in die verlede gehelp om die invloed van dié entiteite te versterk en hul plek in hul onderskeie markte te verstewig.

In 2010 het Kagiso Trust Investments en Tiso Group, swart beheerde beleggingsbeheermaatskappye, die fase van bemagtigingskonsolidasie ingelui toe hulle saamgesmelt het om hulle teen die internasionale resessie te staal en hul inkomste te vergroot. In die samevoeging, wat “ ’n samesmelting van gelykes” genoem is, het die twee maatskappye bruto bates ter waarde van meer as R12 miljard bymekaargegooi.

As die samesmelting voortgaan, sal dit ’n geweldige hupstoot vir swart bemagtiging in die eiendomsektor wees.

Die manie oor bemagtigingsamesmeltings het ook na die rekeningkundige sektor versprei waar swart mense meer mag probeer verkry het in ’n sektor wat tradisioneel oorheers word deur die vier groot multinasionale rekeningkundige firmas: Deloitte, KPMG, E&Y en PwC. In 2011 het die swart beheerde rekeningkundige firmas SizweNtsaluba VSP en Gobodo Incorporated saamgesmelt om die grootste ouditeurs- en rekeningkundige firma in swart besit en bestuur in die land te skep.

’n Jaar later het SekelaXabiso ontstaan toe Xabiso Chartered Accountants en Sekela Consulting saamgesmelt het om die groot spelers in hul sektor aan te durf. Die gevolg van die samesmeltings onder rekeningkundige firmas is dat hulle die weg gebaan het vir swart beheerde en -bestuurde firmas om groter opdragte te aanvaar wat vroeër deur die vier grotes gehanteer is. 

SekelaXabiso-samesmelting

Die SekelaXabiso-samesmelting het die nuwe, gekombineerde entiteit in staat gestel om naas Nkonki en KPMG aan ’n rekeningkundige tender ter waarde van R1,3 miljard van Transnet deel te neem. In omtrent dieselfde tyd het Transnet ’n kontrak vir ’n eksterne oudit ter waarde van R450 miljoen aan Sizwe Ntsaluba Gobodo toegeken.

In 2015 was daar nog ’n belangrike samevoeging in die bemagtigingsektor toe Phuthuma Nhleko se Pembani Group met Cyril Ramaphosa se Shanduka Group saamgesmelt het om ’n maatskappy van R9 miljard te skep. Daar is destyds gesê dat Ramaphosa, nou die land se president, die onderneming as ’n aandeelhouer sou verlaat om sy politieke loopbaan te bevorder.

Die SekelaXabiso-samesmelting het die nuwe, gekombineerde entiteit in staat gestel om naas Nkonki en KPMG aan ’n rekeningkundige tender ter waarde van R1,3 miljard van Transnet deel te neem.

Baie van dié saamgesmelte entiteite het later meer strategiese transaksies gesluit, wat hulle gehelp het om hul teenwoordigheid in SA en oor Afrika heen uit te brei. ’n Samesmelting sal Delta en Rebosis waarskynlik ook baie bevoordeel.

Dit sal hulle in ’n beter posisie plaas om geleenthede in die openbare sektor te benut, want die regering is een van die land se grootste huurders en betaal gesonde huurgeld aan van die grootste eiendomseienaars in SA. Die voorgestelde entiteit wil ’n belangrike speler in die eiendomsektor word – iets wat die regering moet steun om bemagtiging te bevorder.


Meer oor:  Finweek  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.