Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
So vind mens 'n intreepunt...
7 Maart 2019
Petri Redelinghuys is ’n handelaar en die stigter van Herenya Capital Advisors.

Bewegende gemiddeldes bied ’n visuele verwysing wat dit maklik maak om te sien in watter rigting ’n aandeel neig.

’n Eenvoudige bewegende gemiddelde (EBG) word bereken deur die sluitingspryse van verskeie tydperke bymekaar te tel en dit dan deur die aantal [dae] wat bymekaar getel is, te deel. Die tabel wys hoe ’n vyfdaagse bewegende gemiddelde bereken word.

Deur die daaglikse sluitingsprys van vyf agtereenvolgende dae bymekaar te tel en dié waarde dan deur vyf te deel, kom jy by ’n enkele datapunt uit wat die gemiddelde waarde van die afgelope vyf dae se sluitingspryse verteenwoordig.

Om ’n bewegende gemiddelde te skep, hou jy aan om vir elke daaropvolgende dag dié berekening te doen, terwyl jy voortdurend vyf dae terugkyk en die vyf vorige sluitingspryse gebruik om die vyfdaagse gemiddelde te bereken.

’n Baie eenvoudige berekening, dus. Wanneer dit na 100 datapunte uitgebrei word, kan jy duidelik sien die EBG volg die aandeelprys op ’n soort gladgestrykte manier, wat makliker toon wat die algemene neiging is.

Maar die prysgrafiek was maklik genoeg om te lees, so wat steek daarin? Wel, jy kan sien wanneer die aandeel bokant die bewegende gemiddelde verhandel, neig die aandeelprys om hoër te beweeg. Wanneer die aandeel onderkant die bewegende gemiddelde verhandel, daarenteen, neig die aandeelprys om laer te beweeg.

laat jou dan toe om baie vinnig te sien wat ’n aandeel se tendens is, sonder dat jy na primêre, sekondêre of tersiêre tendense hoef te soek.

Jy kan ook sien dat wanneer die prys die bewegende gemiddelde betekenisvol kruis, dit deur ’n rigtingverandering in die tendens gevolg word. Handelaars en beleggers kan bewegende gemiddeldes dus gebruik om vir hulle ’n koop- of verkoopteken te gee in afwagting op dié veranderings in die onderliggende prystendens van ’n aandeel.

Handelaars moet egter versigtig wees om nie te min datapunte te gebruik om hul bewegende gemiddeldes te skep nie. Vyf dae se data is nie baie nie en die bewegende gemiddelde en die prys kan miskien dikwels kruis en só vals tekens gee.

Deesdae kan byna elke verhandelingsplatform wat aandelemakelaars aan hul kliënte bied dié bewegende gemiddeldes verskaf, sodat dit nie nodig is om dit self te bereken nie, maar dit help nogtans om te verstaan hoe dit bereken word.

Beleggers en handelaars se tydrame

Daar is drie tydrame waarmee beleggers en handelaars kan werk. Korttermyn- bewegende gemiddeldes: geskep deur minder as 50 datapunte te gebruik.

Kruispunte en snypunte van prys en bewegende gemiddeldes van 7 tot 21 dae kan as uiters korttermyntekens beskou word, terwyl pryse wat bewegende gemiddeldes van tussen 21 en 50 dae kruis of sny as korttermyn beskou kan word.

In albei gevalle is die tendense wat hulle aandui gewoonlik tendense (soms sekondêre tendense) wat na verwagting nie baie lank sal duur nie. Mediumtermyn- bewegende gemiddeldes: geskep deur tussen 50 en 100 datapunte te gebruik.

Kruispunte en snypunte van prys en bewegende gemiddeldes van tussen 50 en 100 dae kan as mediumtermyntekens beskou word en die verwagte veranderings in tendens kan van enkele dae tot enkele maande duur.

Kruispunte en snypunte van prys en bewegende gemiddeldes van tussen 50 en 100 dae kan as mediumtermyntekens beskou word en die verwagte veranderings in tendens kan van enkele dae tot enkele maande duur.

Dit is natuurlik soortgelyk aan sekondêre tendense. Langtermyn- bewegende gemiddeldes: geskep deur meer as 100 punte te gebruik, met 200 dae wat as die standaard beskou word om langtermyntendense te evalueer.

Kruispunte en snypunte van prys en bewegende gemiddeldes bokant 100 dae kan as langtermyntekens beskou word en verwagte veranderings in tendens sal waarskynlik van ’n paar maande tot ’n paar jaar duur, soos die geval met primêre tendense is.

Strategieë

Verhandelingstrategieë kan gebou word deur die gebruik van bewegende gemiddeldes as tekens. Neem byvoorbeeld ’n uiters eenvoudige mediumtermynteken van ’n tendensverandering wat drie verskillende bewegende gemiddeldes gebruik.

Die reëls van dié strategie is baie eenvoudig: as daar ’n opwaartse kruising van die 50 EBG en 100 EBG is (met ander woorde as die 50 EBG van onder af deur die 100 EBG sny), terwyl die aandeelprys onderkant die 200 EBG is, word ’n koopteken gegenereer.

Die koopteken word bevestig wanneer die prys opwaarts deur die 200 EBG sny, en die keerverlies word by die vorige laagtepunt geplaas. Werk dit in jou guns en die aandeelprys teken nuwe hoogtepunte en nuwe laagtepunte aan, beweeg jy jou keerverlies telkens wanneer ’n nuwe hoogtepunt gevorm het met een laagtepunt op.

Beleggers, handelaars en ontluikende ontleders kan gerus verskillende tydperke se bewegende gemiddeldes vir aandeelpryse uittoets en ’n bietjie rondspeel om ’n kombinasie van bewegende gemiddeldes te vind wat vir hulle werk, asook vir die individuele aandeel of instrument wat hulle verhandel.

Die idee agter die strategie hierbo is om aandele uit te soek wat langertermyn-tendensveranderings ondergaan en dié aandele dan te koop by die punt waar die tendens verander.

Daar is talle ander maniere waarop bewegende gemiddeldes gekombineer en gebruik kan word om kooptekens te genereer.

Beleggers, handelaars en ontluikende ontleders kan gerus verskillende tydperke se bewegende gemiddeldes vir aandeelpryse uittoets en ’n bietjie rondspeel om ’n kombinasie van bewegende gemiddeldes te vind wat vir hulle werk, asook vir die individuele aandeel of instrument wat hulle verhandel.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Petri Redelinghuys is ’n handelaar en die stigter van Herenya Capital Advisors.
Meer oor:  Aandeelprysbewegings  |  Finweek  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.