Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Soeke na gehalte-eiendom oorsee
30 Julie 2020
Gaan opgraderings die totale waarde van die eiendom verhoog?Foto:

Fondsbestuurder se insigte:

Fairtree Capital se Global Real Estate Prescient Feeder Fund belê in internasionale vaste-eiendom, wat volgens die batebestuurder van “hoë gehalte” is en wat “voordeel behoort te trek uit kapitaalgroei terwyl dit ook stewige buitelandse dividende lewer”. Die portefeulje is gefokus op die lang termyn en hoewel Amerikaanse aandele dit oorheers, is dit oor geografiese streke, geldeenhede, eiendomsektore en aandele gediversifiseer.

Geografie, sektor en aandele is die kern van die fonds se bo-na-onderbeleggingstrategie, aldus fondsbestuurder, Rob Hart, wat na dit verwys as “drie happe van die appel”. Die drie fundamentele faktore word in dié volgorde betrag wanneer beleggingsbesluite geneem word. Om die betrokke hap te neem, was onlangs moeilik gewees. Byvoorbeeld, “sektore waar fundamentele faktore swak is, soos kleinhandel en hotelle, is baie aantreklik gewaardeer, terwyl die sektore met sterk fundamentele faktore, soos datasentrums, duur is,” sê Hart.

Die globale hotelaandeel, Hilton, was byvoorbeeld een van die swakste presteerders vir Junie in die fonds se portefeulje, met die aandeel wat 7,39% gedaal het ná voortgesette swak fundamentele faktore in die hotelsektor wêreldwyd, wat nie lyk of dit binnekort enigsins gaan verbeter nie, aldus Hart. “Dit is duidelik makliker om aandele te koop wat goedkoop is en goeie fundamentele faktore het en omgekeerd, maar op die oomblik is daar min geleenthede soos dié.”

Geografies belê die fonds hoofsaaklik in vaste-eiendom-aandele in Amerika, Japan, Hongkong, Singapoer, Australië, Europa en Brittanje – wat almal swaar deur die voortslepende Covid-19-pandemie getref is. Maart 2020 was “die maand waarin wêreldwye beleggers bewus geword het van die verspreiding van Covid-19, en markte is swaar getref, insluitend internasionale eiendomsaandele,” sê Hart.

Die portefeulje is gefokus op die lang termyn en hoewel Amerikaanse aandele dit oorheers, is dit oor geografiese streke, geldeenhede, eiendomsektore en aandele gediversifiseer.

Voeg hierby toenemende politieke en handelspanning in Hongkong. Die maandelikse opbrengs vir Maart was die fonds se swakste tot nog toe met ’n daling van 6,98%. Blootstelling aan sektore wat weerstand teen Covid-19 gebied het, soos datasentrums en selfberging, het gehelp om die fonds die volgende maand weer tot positiewe opbrengste van 7,34% te laat terugkeer, sê Hart.

Die fonds het ook sektore vermy wat die meeste aan die virus blootgestel is, soos kleinhandel en hotelle, en het lang posisies in Asië en Australië gesoek. Hart sê dié twee geografiese streke het goed van die bedreiging van Covid-19 herstel. Die fonds is positief oor wêreldwye ontwikkelde markeiendom op mediumtermyn, terwyl tendense soos om van die huis af te werk die kantoorsektor negatief kan beïnvloed.

Hoekom finweek sal oorweeg om dit by te voeg:

Wêreldwye vaste-eiendomsaandele vaar beter as dié in Suid-Afrika. Ontluikende markte, soos SA, sal waarskynlik ook meer sukkel om die pandemie en sy gevolge hok te slaan as die ontwikkelde markte waarin die fonds belê het.

/
/
Meer oor:  Finweek  |  Buitelandse Beleggings  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.