Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
South32-smelters kan gesluit word
20 Februarie 2020

Die byna permanente beurtkragskedule wat Eskom die laaste tyd aan Suid-Afrikaanse verbruikers opgedwing het, is niks nuuts nie vir South32, ’n mynboumaatskappy wat in Johannesburg en Sydney genoteer is.

Kraglyne en koeltorings van Eskom se Lethabo-steenkoolkragstasie naby Sasolburg. Foto: Reuters

As die operateur van twee groot aluminiumsmelterykomplekse in SA en Mosambiek wat sowat 2 200 MW krag gebruik, is daar al jare lank ’n weeklikse rantsoenering van krag vir die maatskappy.

Die smelters sal dalk gesluit word as die Nasionale Energiereguleerder van SA (Nersa) nie daarin slaag om ’n voorgestelde kragooreenkoms tussen die maatskappy en Eskom te bekragtig nie. As dit goedgekeur word, sal die ooreenkoms die vorige ooreenkoms van 25 jaar vervang wat in die 1990’s gesluit is toe Billiton, wat toe deur die mynbou-opperhoof Brian Gilbertson gelei is, die smelters besit het, en wat voorsiening gemaak het vir ’n tarief wat daal wanneer die aluminiumprys laag is, en andersom.

Eskom se eie hoofkantoor loop ook onder beurtkrag deur.Foto: Verskaf

Eskom het die swak uitwerking van aluminiumpryse jare lank in sy boeke as nie-kontantlaste ter waarde van miljarde rande aangedui.

Die saak het in 2010 al openbaar geraak toe Eskom ’n verlies van sowat R10 miljard gely het weens krag wat aan dié smelters verskaf is. Mike Fraser, bedryfshoof van South32, het vroeër vandeesmaand by die Mining Indaba-konferensie in Kaapstad gesê terwyl Nersa met die departement van energie en mineraalhulpbronne oor ’n langtermyn-beleidsraamwerk onderhandel wat die nuwe kragooreenkoms sal beheer, lyk dit of die openbare gesprek teen die maatskappy is.

“Die mening is: Kom ons sluit eenvoudig die smelters, eerder as om ’n nuwe kragooreenkoms goed te keur,” het hy aan finweek gesê.

'n Beter opsie 

Die siening is nou dat pleks van om ’n nuwe kragvoorsieningskontrak te onderteken, dit beter kan wees om die elektrisiteit te herlei wat aan die smelters verskaf word om groter vermoë in die netwerk te skep. Dit kan egter selfondermynend wees.

Fraser redeneer dat SA permanent duisende werksgeleenthede sal verloor as die smelters gesluit word. Dit sal ook ’n bedryfsuitwerking hê.

Fraser redeneer dat SA permanent duisende werksgeleenthede sal verloor as die smelters gesluit word.

Die aluminium wat by sy Bayside- en Hillside-smelter in SA en Mozal in Mosambiek geproduseer word, sal ingevoer moet word, wat die koste vir motorvervaardigers sal verhoog – wat tans 120 000 ton koop van die 750 000 ton aluminium wat by South32 se Suider-Afrikaanse geriewe geproduseer word.

Koper vir mangaanallooigerief

South32 se Klipspruit-steenkoolmyn wat hy teen R4,3 miljard verder gaan ontwikkel.

South32 sal – afgesien van die openbare mening – die smelters dalk in elk geval sluit as Nersa nie die nuwe kragooreenkoms goedkeur nie. Dis nie ’n leë dreigement nie, want South32 soek reeds ’n koper vir sy mangaanallooigerief in Meyerton wat ’n vermoë van 1 miljoen ton per jaar het.

As hy nie daarin slaag om ’n koper te kry en ook nie ’n ekonomiese manier vind om dit self te bedryf nie, sal hy die gerief sluit, sê Fraser.

As hy nie daarin slaag om ’n koper te kry en ook nie ’n ekonomiese manier vind om dit self te bedryf nie, sal hy die gerief sluit, sê Fraser.

“Sowat 40% van die kostebasis daar is krag. Daarom is die onderneming baie onmededingend,” sê hy oor Eskom se snelstygende tariewe.

“Ons sal moontlik spelers oorweeg wat die voordeel van verder verwerkte produksie sal raaksien. Of ons kan hulle net buite produksie plaas. Ons is besig met die proses.”

Die nagevolge van geen koper

Mike Fraser Bedryfshoof van South32

As die mangaanallooiaanleg gesluit word – wat moontlik lyk – sal South32 se teenwoordigheid in SA verder verklein. Hy het verlede jaar ingestem om sy termiesesteenkool- myne te sluit wat sowat 27 miljoen ton per jaar geproduseer het.

Fraser sê alle regulatoriese indienings vir die verkoop – aan die ongenoteerde steenkoolmaatskappy Seriti Resources – is gedoen. South32 se ooreenkoms met die Duvha-kragstasie vir die lewering van steenkool word ook nou hersien. Fraser sê dit is só bevooroordeeld dat dit die sakeargument vir die maatskappy se plaaslike aanbod ondermyn.

“Ons verhouding met Eskom is op ’n taamlik goeie plek, maar hy het niks geld nie, en daarom moet alles wat hy doen met die tesourie uitgeklaar word.”

“Ons wil seker maak dat Seriti volhoubaar is, en daarom beding ons binne die kontrakbepalings, want dit maak voorsiening vir saketeëspoed.”

South32 het ’n ooreenkoms met Eskom gesluit wat vir die tussentydse verligting met die Duvha-steenkoolverkoopsooreenkoms voorsiening maak en wat die nasionale tesourie tans oorweeg. En so is South32 en Eskom se lot weer nou verweef.

“Ons verhouding met Eskom is op ’n taamlik goeie plek, maar hy het niks geld nie, en daarom moet alles wat hy doen met die tesourie uitgeklaar word.”


Meer oor:  Beurtkrag  |  South32-Smelters  |  Finweek  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.