Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Span tegniese hulpmiddels só in vir langtermyn-verhandeling
5 November 2020
Foto: Shutterstock

In die uitgawe van finweek van 22 Oktober het ek gesê hoe ek die eerste keer in meer as ’n dekade weer begin het om plaaslike aandele te verhandel.

Sommige aspekte van my indeksverhandeling het hier gehelp (soos die dissipline en risikobestuur), maar aandele is wisselvalliger en vereis ’n ander benadering as die metodes wat die beste vir indeksverhandeling werk.

Ek het nie verwag dat die tyd wat ek gebruik om aandelegrafieke te ondersoek my oor my langtermynbeleggingsportefeulje sou laat dink nie. Ek het voorheen gesê dat die enigste aspek van die beleggingsproses wat langtermynbeleggers regtig beheer, is die besluit wat om te koop en teen watter prys. Dit gaan oor waardasies en die koop van goeiegehalte-ondernemings teen goeie pryse. Nadat ons die aandeel teen waarskynlik ’n goeie prys gekoop het, het ons geen beheer oor die prys nie.

Die toekomstige winste en dividende is buite ons beheer. Hoe die mark op ekonomiese en maatskappynuus reageer en wat met die aandeelprys as gevolg daarvan gebeur, is ook buite ons beheer.

My besoek aan die wêreld van aandeleverhandeling laat my nadink oor die prys wat ons vir ’n aandeel betaal. Die grondbeginsels is natuurlik belangrik vir ’n langtermynbelegger. Dit is hoe ons ’n aandeel identifiseer en hoe ons besluit oor die prys wat ons wil betaal. Maar waarom grafieke nie ook gebruik om te besluit wat daardie prys moet wees nie?

Volgens my ervaring beskou fundamentele beleggers tegniese ontleding en die ondersoek van grafieke as towery wat geen waarde vir ’n langtermynbelegger bied nie. Maar ek het ’n paar idees hieroor. Sê maar ek vind ’n aandeel wat ek dink ’n uitstekende toevoeging tot my langtermynportefeulje sal wees, en nadat ek my waardasie gedoen het, verhandel die aandeel toevallig op of selfs onder my waardasievlak. Ek sal hom onmiddellik koop en bly wees ek het ’n goeie maatskappy teen ’n goeie prys gekry.

Maar sê nou die prys was besig om te daal, en hou aan daal? Gewoonlik sal ek vies wees omdat ek nie gewag het vir die goedkoper toegangsprys nie. Maar ek het dit nooit oorweeg om ’n grafiekontleding te gebruik om my te help om die huidige tendens van die prys te identifiseer nie. En ek wil dit by my huidige metode inbring.

Volgens my ervaring beskou fundamentele beleggers tegniese ontleding en die ondersoek van grafieke as towery wat geen waarde vir ’n langtermynbelegger bied nie. Maar ek het ’n paar idees hieroor.

Ek verwag nie die tegniese ontleding van die grafiek sal vir my ’n koopsein gee nie of wys wanneer ek die bopunt van ’n tendens bereik het nie. Ek wil ’n bietjie eenvoudige tegniese ontleding gebruik om die rigting van die huidige tendens te bepaal as ek vir my langtermynportefeulje koop. As ek die goeie aandeel vind en ek van die prys hou, sal ek dus na die grafiek kyk.

Dit kan vir my sê dat die tendens tans afwaarts is, en dus sal ek ’n beter prys in die komende dae of weke kry. Ek onthou toe ek vroeër lid van ’n beleggingskomitee vir ’n effektetrust was en die fondsbestuurder ’n aandeel gekoop het wat net aanhou val het. Die grafiek het duidelik getoon dat die onmiddellike prysneiging laer sou wees, maar tog het hulle aangehou koop.

Ek gaan dus weer na die afgelope paar jaar se aankope kyk en sien of tegniese ontledings sou gehelp het. Ek het niks uitsonderliks in gedagte nie en moet nog rondkyk om te besluit watter ontledingsinstrument ek gaan gebruik. Eenvoudige bewegende gemiddeldes sal help om ’n tendens te identifiseer, of so iets. Selfs weeklikse grafieke kan ’n aanduiding gee van die rigting van ’n aandeelprys.

Ek sal my gewone keuringsproses en waardasiemetode nie verander nie, maar as hierdie nuwe idee werk, en ek sien geen rede waarom dit nie sal werk nie, sal ek beter toegangspryse vir my langtermynbeleggings kry, wat dan mettertyd beter opbrengste sal lewer.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za


Meer oor:  Finweek  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.