Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Span tegnologie só in teen huurderrisiko
16 Januarie 2020
Adrian Taylor en Marc Maasdorp van Jamii Cities probeer van stede ’n beter plek te maak deur huurders beter by eiendomme te laat pas.

Adrian Taylor, Marc Maasdorp en Bartek Dutkowski het Jamii Cities in November 2018 gestig toe hulle sien hoe moeilik dit vir verhuurders in die Johannesburgse stadskom is om aanvaarbare huurders te kry.

Wat is Jamii Cities?

“Jamii Cities vervul al die funksies van ’n tradisionele verhuringsagent, maar wanneer dit by die keuring van kliënte kom, gaan ons nie slegs kredietwaardigheid na nie; ons gebruik ook statistiese ontleding om huurders se behoeftes en lewensomstandighede beter te verstaan.

Die gedagte is om ’n beter passing tussen huurders en eiendomme te kry,” sê Taylor. In die ontleding word verskeie faktore wat verblyf beïnvloed in ag geneem, waaronder inkomstepotensiaal, ouderdom, verhoudingstatus, gesinsgrootte, werksplek en die beskikbaarheid van nabygeleë geriewe, soos skole, winkels en hospitale. “Dit is soortgelyk aan die kontroleondersoeke wanneer mense om versekering of huislenings aansoek doen,” sê Taylor.

“Dit is soortgelyk aan die kontroleondersoeke wanneer mense om versekering of huislenings aansoek doen,” sê Taylor.

Daarby het die maatskappy ’n vrywillige beloningsprogram wat deelnemende huurders beloon as hulle goed na die eiendom omsien en hul huur betyds betaal. Deelnemers hoef nie ’n deposito te betaal wanneer hulle ’n huurooreenkoms aangaan nie en kan hul belonings, wat Jamii Bucks genoem word, gebruik om elektrisiteit en data te koop.

Alle kliëntdata word saamgevoeg en nuwe inligting bygewerk, soos hoe waarskynlik ’n huurder betyds sal betaal en goed na ’n eiendom sal omsien, om die akkuraatheid van die modelle te versterk en meer insig in huurders se voorkeure en gedrag te verkry. “Ons doel is om langtermynhuurders te skep wat sal voortgaan om ons diens te gebruik wanneer hulle weer ander verblyf moet vind,” sê Taylor.

Hoe het julle saam begin werk? 

Die sakemodel Taylor, Maasdorp en Dutkowski het met verloop van jare deur hul werk ontmoet. Hulle maak ’n goeie span uit, want al drie se agtergrond is in die finansiëledienstebedryf, waar Maasdorp en Dutkwoski in private ekwiteit en Taylor in huisversekering gespesialiseer het.

Al drie was op soek na ’n sakegeleentheid en Taylor is die stigter van The Black Box, ’n onderneming wat rekeningkundige adviesdienste lewer. “Met Jamii Cities het ons ’n gaping in die mark gesien, waarna ons die mark getoets het deur eers ’n verhuurder en ons eerste paar huurders te vind.

Pleks daarvan om dadelik voluit te gaan, het ons met ’n kleinerige proef begin en ’n onder-na-bo-benadering gevolg, wat ons uitgebrei het namate ons meer huurders gekry en nuwe bottelnekke teëgekom het,” sê Taylor.

Pleks daarvan om dadelik voluit te gaan, het ons met ’n kleinerige proef begin en ’n onder-na-bo-benadering gevolg, wat ons uitgebrei het namate ons meer huurders gekry en nuwe bottelnekke teëgekom het,” sê Taylor.

Hul eerste webtuiste is in Maart 2019 bekendgestel en ’n paar keer daarna opgegradeer. Volgens Taylor is die webtuiste nie só belangrik nie, aangesien dit bloot ’n koppelvlak is wat mense met die diens verbind. Mense kan op die webtuiste na woonstelle soek, maar als word ook op die webtuistes van groot derdepartye soos Property24 geadverteer. Hulle het die naam Jamii Cities gekies omdat die woord in Swahili “gemeenskap” beteken.

Langtermyn planne 

“Ons langtermynvisie is om volhoubare stede te skep deur die regte huurders vir bekostigbare eiendomme in puik liggings in stede te vind,” sê Taylor. Die maatskappy is met engelfinansiering op die been gebring en het R2,45 miljoen losgeslaan met sy deelname aan die AlphaCode Incubate-program.

“Ons langtermynvisie is om volhoubare stede te skep deur die regte huurders vir bekostigbare eiendomme in puik liggings in stede te vind,” sê Taylor.

“Om koste laag te hou, onttrek nie Marc, Bartek of ek inkomste uit die maatskappy nie. Alle fondse en opbrengste word in die uitbreiding van die onderneming herbelê,” sê Taylor. Aanvanklik het Maasdorp en Taylor voltyds aan die ontwikkeling van die onderneming gewerk, maar sedertdien het Dutkowski ook aan boord gekom en het hulle twee voltydse verhuringsagente aangestel om aan die verkopekant te werk.

Die maatskappy het nou een verhuurder op sy boeke met 2 500 woonstelle en 200 huurders, met verkope steeds op die Johannesburgse stadskom toegespits.

“Ons kry ’n sekere persentasie van die maandelikse huurinkomste as betaling vir ons diens. Die persentasie wissel na gelang van huurderrisiko. Die bedrag is effens hoër as dié van jou tradisionele verhuringsagente omdat die gepaardgaande risiko’s laer is,” sê Taylor.

Wat van oneerlike huurders?

Taylor beskou hul gebruik van tegnologie as hul vernaamste voordeel: “Vaste eiendom is die grootste bateklas ter wêreld, maar steeds die een wat die minste ontwrig is. Baie verhuringsagente bied party van ons dienste, maar byna nie een gebruik nuwe tegnologieë om verkoopsuitkomstes te verbeter en huurderrisiko’s te verminder nie.”

Behalwe dat dit beter ingeligte passings bewerkstellig, stel die gebruik van tegnologie die maatskappy ook in staat om ’n huurooreenkoms binne minute deur die internet te beklink. Ofskoon die maatskappy die maandelikse betalings hanteer, bied hy geen naverkoopsdienste soos uitroepdienste vir instandhouding en herstelwerk nie.

Uitdagende faktor 

Hul grootste uitdaging is nou om die maatskappy volhoubaar te laat groei. Taylor verduidelik dit het nodig geword om goeie personeel aan te stel om die maatskappy teen afslagtariewe te laat groei.

Hul grootste uitdaging is nou om die maatskappy volhoubaar te laat groei.

Nuwe personeellede moet dus inkoop by die maatskappy se visie en by die gedagte van hul portefeuljes wat saam met die maatskappy groei. Daarby is dit moeilik om ’n maatskappykultuur te skep wanneer daar net enkele werkers is.

“Voorlopig is ons vernaamste oogmerk om die onderneming uit te brei deur nuwe personeellede aan te stel om ons te help om die verhuringsportefeulje te laat groei en meer data te versamel om ons passing tussen huurder en woonstel te verbeter. Sodra ons ’n vaste mark het, sal ons begin om wat ons in Johannesburg doen in ander stede soos Kaapstad en Durban te herhaal,” sê Taylor.

Meer oor:  Finweek  |  Risiko  |  Huur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.