Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Stadio: Beëindig langtermyn-daaltendens
5 November 2020

Die privaathoëronderwysmaatskappy Stadio, wat deur PSG beheer word, het in Augustus gesê sy studentetal het in die boekjaar tot 30 Junie met 10% gestyg, terwyl sy inkomste met 15% tot R468,2 miljoen gestyg het.

Die groep het egter van ’n wins van R52 miljoen vantevore na ’n verlies van R78 miljoen omgeswaai weens afskrywings van bestaande handelsmerke terwyl hy na ’n enkele handelsmerk onder die naam Stadio oorskakel. Vooruitsigte: Stadio se aandeelprys het by 75c gebly, en al verhandel hy sywaarts, dui sy positiewe 3W RSI daarop dat die bulle terugkeer.

Op die grafieke:

Stadio het deur sy langtermyn-daaltendens se weerstandtendenslyn gebreek, en hy verhandel tans tussen 200c en 75c. As steun stewig by 115c behou word, kan ’n positiewe uitbreking kom, en Stadio sal dan met ’n nuwe stygtendens begin.

Lang posisie:

’n Goeie koopsein sal bo 200c voorkom en sodoende ’n positiewe uitbreking uit die daaltendens bevestig. Dit sal Stadio se aandeelprys deur die volgende weerstand by 325c kan laat styg. Lang posisies kan bo dié vlak vergroot word omdat aankope waarskynlik verder tot by weerstand by 425c kan voortduur.

Kort posisie:

Weerstand by 200c sal die sywaartse tendens verleng. ’n Daling deur 115c kan veroorsaak dat Stadio weer sy algehele laagtepunt van 75c toets. Vermy dan ’n lang posisie.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Finweek  |  Beleggings  |  Stadio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.