Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Steinhoff: Op pad nul toe
23 Mei 2019
Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff

Ná ’n lang wag is Steinhoff se resultate vir die jaar geëindig September 2017 uiteindelik bekendgemaak – die resultate wat Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, laat bedank en die aandeelprys in duie laat stort het.

Die slegte nuus is dat die resultate so erg is as verwag, indien nie erger nie. Dit is deurtrek van korrupte seniorbestuurspraktyke, en bring ’n bankrot maatskappy aan die lig.

Bates (ontasbares en klandisiewaarde uitgesluit) staan tans op net meer as €10 miljard en laste op net meer as €14 miljard – tegnies is die maatskappy dus bankrot.

Bedryfsgewys besit die maatskappy wel ’n aantal goeie ondernemings, waaronder ’n aandeel van meer as 70% in Pepkor, maar regsgedinge gaan als verwoes wat oorbly.

Bedryfsgewys besit die maatskappy wel ’n aantal goeie ondernemings, waaronder ’n aandeel van meer as 70% in Pepkor, maar regsgedinge gaan als verwoes wat oorbly wanneer aandeelhouers (onder meer party wat aan Steinhoff bates in ruil vir aandele verkoop het) hof toe gaan om verliese te probeer verhaal.

Die maatskappy sal uiteindelik waardeloos wees, want lewensvatbare bates sal verkoop word om eise en verliese, wat die bates sal oorskry, te probeer dek. Dié wat die aandeel nou koop, doen dit om met kortstondige prysbewegings te spekuleer, wat reg is. Maar moenie koop met hoop op herstel nie. Die aandeel gaan later niks werd wees nie. 

Meer oor:  Markus Jooste  |  Finweek  |  Steinhoff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.