Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Steinhoff: Die herstrukturering begin
30 Augustus 2018
Markus Jooste, Voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff

Op 6 Desember 2017 het Steinhoff se aandeelprys met ongeveer 70% getuimel ná die berugte verslag deur die kortverkoper, Viceroy Research, wat die firma daarvan beskuldig het dat hy verliese weggesteek het in entiteite wat besit word deur vennote van die voormalige uitvoerende hoof, Markus Jooste.

Die maatskappy word steeds ondersoek vir moontlik die grootste korporatiewe bedrog in Suid-Afrika se onlangse geskiedenis, en die bestuur werk hard daaraan om die firma se reputasie in ere te herstel en die hele sage uiteindelik te bêre. Om ’n moontlike ineenstorting te verhoed, hoop Steinhoff om in staat te wees om sy balansstaat vir die volgende drie jaar deur middel van ’n skuldherstruktureringsplan te steun.

Steinhoff het in die middel van Augustus ’n Sens-verklaring uitgereik waarin die maatskappy gesê het hy is nou gereed om die lank verwagte herstruktureringsplan laat in Oktober te begin instel. Die verklaring is die eerste vorderingsverslag in ooreenstemming met ’n spertydooreenkoms van drie maande wat hy met van sy krediteure gesluit het. Steinhoff het skuld van ongeveer €9,4 miljard en gaan €12,4 miljard van die waarde van bates afskryf. Verder is ’n bestuurswerkgroep gevestig as deel van die ooreenkoms wat hy met sy krediteure gesluit het.

Hoe om dit te verhandel

Steinhoff se aandeelprys het met 40% gestyg na sy eerste vorderingsverslag – wat nouliks ’n robuuste stap is om deur sy huidige verhandelingstrek van tussen 275 sent per aandeel en 166 sent per aandeel te breek.

Verwag dat Steinhoff strekgebonde gaan wees totdat hy deur 275 sent per aandeel breek en 385 sent per aandeel teiken. Bokant 385 sent per aandeel kan hy meer van sy verliese tot 470 sent per aandeel verhaal. Andersins kan steun op 166 sent per aandeel of teen 112 sent per aandeel onbepaald voortduur.

* Stuur 'n e-pos aan terugvoer@finweek.co.za

Foto: Verskaf/David Harrison

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Finweek  |  Herstrukturering  |  Moxima Gama  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.