Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Telkom
6 Junie 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Telkom, wat vastelyn- internettoegang en -gebruik, datakommunikasiedienste, selfoonstem- en datadienste bied en toerusting vir kliëntpersele verkoop, het vir die jaar tot 31 Maart beter as verwagte finansiële resultate opgelewer.

Met die bekendmaking van resultate in Mei het Telkom se aandeelprys op die dag met 13,6% opgeskiet toe dit blyk bedryfswins vir die tydperk het met 5,3% tot R41,8 miljard en verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) met 8,5% tot R11,3 miljard gestyg.

Inkomste uit sy selfoondienste het met 58,3% opgeskiet danksy ’n 85,9%-toename in aktiewe intekenare tot 9,7 miljoen kliënte.

’n Finale gewone dividend van 249 sent per aandeel sal uitgekeer word en die voljaardividend op 362 sent te staan bring – ’n 2%-toename. Telkom wil oor die volgende drie jaar 2 000 nuwe torings oprig – hy het reeds 6 500 in SA. Sy selfoondienste het gehelp om afnames in sy tradisionele werksaamhede te neutraliseer.

Die maatskappy ondersoek ook die ontknoping van sy eiendomsportefeulje as ’n eiendomsbeleggingstrust (reit) ten einde waarde vir sy aandeelhouers te ontsluit.

Verhandel hom só:

Die dag toe sy resultate uitgereik is, het Telkom op 9 510 sent per aandeel deur ’n belangrike weerstandsvlak verhandel. Met ’n oorverkoopte driedaagse relatiewesterkte- indeks kan ’n effense regstelling op pad wees.

Herlaai jou posisie bokant 9 510 sent, met 12 300 sent die kort- tot mediumtermynmikpunt.

’n Ommeswaai bokant 8 045 sent sal egter ’n goeie koopgeleentheid bied. Herlaai jou posisie bokant 9 510 sent, met 12 300 sent die kort- tot mediumtermynmikpunt.

Die alternatief is dat Telkom onderkant 7 460 sent van sy huidige stygtendens afsien, waarop hy tot op 6 610 sent kan terugsak. Onderkant 6 240 sent kan hy verder afverkoop tot op 5 245c.

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Telkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.