Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Tendense vir werwing en werksoek in 2020
16 Januarie 2020

Oral ter wêreld is die werksmag onweerlegbaar aan die verander. Nie net het werkers se demografiese eienskappe oor die jare heen verander nie, maar ook die sosiale kontrak tussen werkgewers en werknemers.

“Verskillende generasies het verskillende waardes vanweë hul leeftyd se verskillende ervarings. Hulle het almal verskillende maniere waarop hulle wil bestuur of bestuur wil word,” verduidelik Nadine Mather, senior genoot in Bowmans se praktyk vir indiensnemingsreg.

Nuwe toetreders tot die arbeidsmark: Millenniërs en Generasie Z

Millenniërs, ’n demografiese groep wat tussen die vroeë 1980’s en laat 1990’s gebore is, veroorsaak byvoorbeeld dat sakeondernemings hul indiensnemingspraktyke en -beleide begin heroorweeg het, volgens Bowmans.

Hulle merk op dat millenniërs vanjaar meer as 40% van die werksmag sal uitmaak. “Ken jy hulle? Het jy ’n paar van hulle tuis?” vra Steven Hatfield, leier vir wêreldwye toekoms van werk by Deloitte, wat ook op die maatskappy se bestuurskomitee vir mensekapitaal is.

Hulle merk op dat millenniërs vanjaar meer as 40% van die werksmag sal uitmaak.

Hatfield vra dit oor Generasie Z, die post-millenniërs, gebore tussen die laat 1990’s en vandag. Dit is laasgenoemde op wie mensehulpbronpraktisyns behoort te konsentreer ten einde die onderneming vir ’n veranderende toekomstige werksplek voor te berei. Generasie Z se toetrede tot die werksmag het begin. “Hulle is die mees digitale en mobiele generasie ooit en bring minstens tien ure per dag aanlyn deur,” sê Hatfield. “Dis hoe hulle werk. Dis hoe hulle funksioneer. Dis hoe hulle die wêreld verstaan.

“Hoe sal dit voel wanneer dié generasie die werksplek betree en hulle nie hul werk op hul selfone kan doen nie? Is jou onderneming gereed vir hulle?” vra hy.

Die boomer-werksmag en gig-ekonomie

Die baby boomers wat tussen 1946 en 1964 gebore is, leef langer en gesonder lewens danksy tegnologie wat hul lewensgehalte verbeter het, sê Hatfield. Joanne Macris, besturende direkteur van die werwingsagentskap Abantu Resources, voeg by dat dit wesenlik belangrik is dat maatskappye dié spesifieke talent behou deur hul vaardighede verder te ontwikkel en voordele te bied om hulle langer te behou.

Ondernemings het ook deesdae ’n wye keuse om werkers te vind. Dit strek volgens Hatfield van die aanstel van voltydse werknemers, soos voorheen, tot die gebruik van bestuurde dienste en uitkontraktering, onafhanklike kontrakteurs, massaverkryging (“crowdsourcing”) en sogenaamde gig-werkers (korttermyn- of vryskutkontrakte).

Namate die keuses vir die verkryging van arbeid toeneem, sê Deloitte, maak dit groter doeltreffendheid en kreatiwiteit met die samestelling van ’n onderneming se werksmag moontlik.

Namate die keuses vir die verkryging van arbeid toeneem, sê Deloitte, maak dit groter doeltreffendheid en kreatiwiteit met die samestelling van ’n onderneming se werksmag moontlik. Meer keuses gaan egter dikwels met groter ingewikkeldheid gepaard.

Volgens Deloitte moet werkgewers nie net aandag gee aan hoe rolle geprakseer word wanneer mens en masjien saamgevoeg word nie, maar ook aan die ordening van hul menslike werksmag en watter soort indiensneming die mees gepaste is om die nodige kreatiwiteit, passie en vaardighede te verkry vir die werk wat gedoen moet word. Om sukses te behaal, sê Deloitte, moet ondernemings uitzoem en moontlikhede verbeel, sodat hulle die werk, die werksmag en die werksplek só kan orden dat dit groter waarde en betekenis bring. Dít terwyl die beskikbare geleenthede vir doeltreffendheid heeltyd benut word.

Deloitte gee voorbeelde van dinge wat werkgewers kan doen om die magte van verandering te hanteer as mense aangestel word. Die eerste ding is om toekomstige werksdoelwitte te stel wat meer as koste en doeltreffendheid behels en waarde en betekenis insluit. Tweedens kan werkgewers werks-, werksmag- en werksplekopsies ontleed en herontwerp om uit die waarde van outomatisering, alternatiewe bronne van talent en koöperatiewe werksplekke voordeel te trek.

Ontwikkelingsprogramme 

Laastens kan werkgewers die onderneming, leierskap en ontwikkelingsprogramme vir die werksmag belyn om vaardighede te ontsluit, as kurator van volgendegenerasie-ervarings op te tree en die werksmag van die toekoms in langtermynverhoudinge en sakeleiers in nuwe maniere van werk te betrek.

“Ondernemings soos Absa doen hul spanbou met verskillende generasies tesame en sal byvoorbeeld die jonger en die ouer werksmag saamvoeg om by mekaar te leer,” sê Mather.

“Ondernemings soos Absa doen hul spanbou met verskillende generasies tesame en sal byvoorbeeld die jonger en die ouer werksmag saamvoeg om by mekaar te leer,” sê Mather.

Die meeste werkgewers het gevind een van die positiewe kenmerke van millenniërs as werknemers is dat hulle die eerste generasie is wat met tegnologiegebruik en meer spesifiek die internet grootgeword het, wat ’n groot voordeel vir die onderneming se tegnologiese hulpmiddels is en doeltreffendheid verhoog, sê sy.

Opkoms van die sosiale onderneming

Wat ons danksy die opkoms van sosiale media sien, is ál groter mag vir ál meer werkers om hoe sakeondernemings samelewingskwessies hanteer, te beïnvloed. “Ons het byvoorbeeld gesien hoe werkers by Google weggaan om te protesteer dat Google die sensurering van inligting in lande soos China toelaat of saam met die Pentagon aan hommeltuie werk,” sê Hatfield.

Hulle dwing sakeondernemings om baie deeglik te kyk na hoe om dié soort probleme op te los. In mensekapitaaltendense noem ons dit die opkoms van die sosiale onderneming, sê hy en voeg by dat 88% van die millenniërs in Deloitte se studie oor die toekoms van werk in 2018 verwag het dat sakeondernemings aan meer as net finansiële prestasie gemeet moet word. Sowat 90% meen klimaatsverandering is die belangrikste kwessie wat aandag moet geniet.

Die groot tema vorentoe is omgee-kapitalisme, sê dr. Martyn Davies, besturende direkteur by Deloitte.

Werkgewers moet mooi dink of iets wat hulle beplan, soos ’n spanbouoefening of uitstappie, wel sal doen wat dit veronderstel is om te doen, naamlik ’n span bou.

Werkgewers moet mooi dink of iets wat hulle beplan, soos ’n spanbouoefening of uitstappie, wel sal doen wat dit veronderstel is om te doen, naamlik ’n span bou.

Hulle behoort te verseker dit is ’n aktiwiteit waarvan almal hou, pleks daarvan om vir alle werknemers rugby- of balletkaartjies te kry en te veronderstel hulle doen almal ’n guns, sê Luway Mongie, vennoot by Bowmans.

“Jy moet spanbouprojekte uitdink wat jou ouer én jonger werksmag akkommodeer. Jy moet ’n middeweg vind,” sê Yonela Sicam, ’n genoot by Bowmans. Oor geestesgesondheid sê sy dinge soos groter bedagtheid, onafhanklike interne berading, gesondheidsmiddagetes, gesondheidsdae en selfs ’n huilkamer was onder die voorstelle uit ’n peiling wat Bowmans gedoen het oor hoe om bewustheid te skep en meer ondersteunend te wees. Werksoekers met kinders kyk deesdae of die werkgewer ’n crèche het, wat ’n aantreklike oplossing kan wees om ’n loopbaan én ’n gesin te hanteer.


Aanlyn bly koning vir werksoek

Volgens Joanne Macris, besturende direkteur van die werwingsagentskap Abantu Resources, bly die beste manier om werk te soek dat jy aanlyn gaan:

  • Aanlyn sigbaarheid deur professionele groepe is ’n goeie platform om jou loopbaan aan te voor.
  • Aanlyn soektogte is ideaal vir laer- tot middelbestuur en om te kyk hoe jou CV by beskikbare poste inpas.
  • Die beste manier is egter om netwerke met welbekende agentskappe te vorm en in jou aangewese loopbaansektore verhoudinge te bou.


Die skep van nuwe betrekkings genereer nuwe waarde

“Ons by Deloitte gee baie aktief raad aan ons kliënte oor hoe hulle meer mededingend moet word deur nuwe tegnologieë en tendense wat die wêreld van werk beïnvloed, te akkommodeer,” sê dr. Martyn Davies, besturende direkteur by Deloitte en dekaan van die maatskappy se bestuurskool, wat sterk op die toekoms van werk en die digitalisering van die werksplek fokus.

“Nuwe poste kom daagliks aanlyn. Ons is besig om werksgeleenthede te herbedink en herbewerk,”sê Steven Hatfield, leier vir wêreldwye toekoms van werk by Deloitte 5 poste wat 15 jaar gelede nie bestaan het nie: 

  • Podsending-vervaardiger
  • Gemeenskapsbestuurder
  • Ontwikkelaar van mobiele toepassings
  • Wolkargitek
  • Sosialemediabestuurder
Meer oor:  Werksoek  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.