Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Tendense wat SA mynbou in 2020 sal vorm
16 Januarie 2020

Mark Mobius Stigter van Mobius Capital Partners

Ekonome stem saam dat Suid-Afrika vanjaar op dieselfde trant as laasjaar sal voortgaan, tensy die regering dringend hervorming kan instel. Terwyl die situasie in die land se mynbousektor van die groter ekonomiese en politieke situasie afhang, is daar ’n paar spesifieke beleggingstemas waarop mens gerus kan let.

finweek is wel nie die orakel van Delfi nie, maar probeer tog ’n paar strominge, temas en selfs uitkomste in die mynbousektor vasvat wat vanjaar die moeite werd is om dop te hou.

JSE-vlug

Soveel as drie mynboumaatskappye – met ’n markkapitalisasie van altesame R320 miljard – sal die JSE dalk óf verlaat óf die beurs hul sekondêre beleggingsmark maak. AngloGold Ashanti het gesê hy sal ’n buitelandse notering probeer kry, so lank hy Mponeng en Mine Waste Solutions, die plaaslike bedrywighede waarvan hy ontslae wil raak, verkoop kry.

Sibanye-Stillwater het ’n buitelandse notering as deel van sy langtermyn-strategie geïdentifiseer, terwyl Gold Fields se voortgesette primêre teenwoordigheid in Johannesburg tot vrae sal lei as hy uiteindelik sy verliese verminder en South Deep, sy oorblywende plaaslike myn, verkoop.

Wat moontlik by laasgenoemde twee maatskappye die deurslag sal gee, is die goudprys. Gold Fields het gesê sy toekomstige eienaarskap van South Deep sal oorweeg word sodra hy ’n winsprestasiegeskiedenis gevestig het.

Vir Sibanye-Stillwater is die primêre fokus om skuld te verminder – iets wat van groot hoeveelhede vrye kontantvloei afhang.

Vir Sibanye-Stillwater is die primêre fokus om skuld te verminder – iets wat van groot hoeveelhede vrye kontantvloei afhang. Dit bring ons by ons tweede tema.

Meevaller vir edelmetale

“Goud se langtermyn-vooruitsig is op, op en op,” het Mark Mobius van Mobius Capital Partners in September in ’n onderhoud met Bloomberg News gesê. Die jaar lange lopie in die goudprys wat dié stelling ondersteun het, het in die onlangse feestyd verdere steun gekry.

Dit volg op toenemende politieke spanning sedert 2 Januarie ná die Amerikaanse sluipmoord op Qasem Soleimani, hoof van die Quds-mag van die Islamitiese Revolusionêre Wag in Iran. “Die kombinasie van aansporings deur sentrale banke en stygende voedsel- en energiepryse sal net ons mening versterk dat inflasie of die risiko van stygende inflasie vanjaar ’n tema sal word,” sê Ole Hansen, hoof vir kommoditeitstrategie van Saxo Bank.

Voortgesette randswakheid is ook waarskynlik. Dit sal maatskappye help wat dollarinkomste verdien en koste in rand betaal, soos SA mynmaatskappye, al sal inflasie dalk ’n bietjie inhaal.

“Goud se optrede die laaste paar maande ondersteun dié siening.” Voortgesette randswakheid is ook waarskynlik. Dit sal maatskappye help wat dollarinkomste verdien en koste in rand betaal, soos SA mynmaatskappye, al sal inflasie dalk ’n bietjie inhaal.

Wetlike twiste

Teenoor die belowende vooruitsig vir maatskappye met blootstelling aan edelmetale staan die vooruitsig van voorgestelde wysigings aan die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal- en Petroleumhulpbronne, die hoeksteen van mynbouwetgewing. Die departement van minerale en energie het die mynbousektor tot omtrent middel Februarie gegee om opmerkings oor die voorgestelde wysigings in te dien wat Peter Leon, prokureur by Herbert Smith Freehills, beskryf as “óf onnodig lastig vir die houer van of aansoeker om ’n prospekteer- of mynboureg, óf teenstrydig met die bestaande bepalings van die wet

Klimaatsverandering ...

.. of meer spesifiek steenkool. Luidens ’n verslag deur JP Morgan is die ontginningsbedrywe “reg in die visier” van die beweging vir klimaatsverandering – wat in 2018 en verlede jaar deeglik deel van die algemene opvatting geword het. Die mynbousektor verteenwoordig 12% van die wêreldwye kweekhuisgasvrystellings, het hy verlede jaar in ’n verslag gesê.

As algehele steenkoolverbranding ingesluit word, verteenwoordig die sektor 40% daarvan – een van die syfers wat vir Anglo American sooibrand gee ten opsigte van wat hy beplan om met sy plaaslike steenkooluitvoermyne te doen. Hou daarom die groep se volhoubaarheidsverslag in April dop waarin hy sy planne vir plaaslike steenkool uiteen sal sit.

Meer oor:  Munbou  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.