Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Tharisa se uitvoerende hoof bly optimisties oor Zimbabwe
23 Mei 2019
Emmerson Mnangagwa, President van Zimbabwe

Sedert die euforie van Robert Mugabe se onttroning laat in 2017 ná 37 jaar aan bewind, het Zimbabwe ontnugter teruggekeer aarde toe. By die skryf hiervan is die land in ’n beurtkragkrisis gedompel waaronder almal ly, veral die land se mynboubedryf – ’n belangrike deel van sy ekonomiese lewensbloed.

Een van die mynmaatskappye wat vinnig uit die wegspringblokke gekom het nadat Mugabe uit sy amp gedwing is deur magte wat simpatiekgesind was teenoor die huidige president Emmerson Mnangagwa, was die JSE-genoteerde Tharisa onder leiding van Phoevos Pouroulis, uitvoerende hoof en seun van die plaaslike mynbou- entrepreneur Loucas Pouroulis.

Tharisa het letterlik halsoorkop in Zimbabwe ingetuimel, twee ooreenkomste onderteken om ’n chroommyn via ’n maatskappy genaamd Salene te vestig en deur Karo Platinum ’n 26,8%-aandeel opgeneem in ’n konsortium van Zimbabwiese sakegroepe deur ’n stuk grond te gebruik wat die regering voorheen uit Impala Platinum gepers het.

Beurtkrag 

Die beurtkragprobleme maak sake net nog moeiliker vir ’n ekonomie wat gekniehalter word deur ’n wisselkoerskrisis wat die prys van stapelvoedselsoorte die afgelope tyd met tot 300% opgejaag het.

Dit lyk werklik of die slegte ou dae terug is – maar Phoevos Pouroulis behou die geloof.

Dit lyk werklik of die slegte ou dae terug is – maar Phoevos Pouroulis behou die geloof. “Daar is oënskynlik twee kampe oor Zimbabwe: Dié met ’n negatiewe siening wat op die verlede gegrond is en dié met meer positiewe vooruitsigte,” sê Pouroulis.

In die lig van waarheen hy Tharisa geneem het – die maatskappy produseer tans chroom en platinumgroepmetale vanuit ’n myn in die Noordwes-provinsie – is Pouroulis een van die optimiste.

Die Afrika-finansieringskorporasie

“Die Afrika-finansieringskorporasie het ons ondersteun en oral om ons sien ons bewyse van ’n bereidwilligheid om die ekonomie te hervorm. Dit mag miskien langsaam vorder, en ’n bietjie frustrerend wees, maar ons sien hoe dinge op voetsoolvlak verbeter,” sê hy en beskryf dit as vriendelik.

Tharisa finaliseer stadig maar seker die boorwerk vir die uitvoering van ’n lewensvatbaarheidstudie vir Karo Platinum, wat op grond van voorlopige navorsing investering van $4,2 miljoen kan meebring.

Tharisa finaliseer stadig maar seker die boorwerk vir die uitvoering van ’n lewensvatbaarheidstudie vir Karo Platinum, wat op grond van voorlopige navorsing investering van $4,2m. kan meebring.

Die maatskappy se finansiële hoof, Michael Jones, noem ook die moontlikheid dat Tharisa ’n besluit kan neem oor ’n koopopsie wat sal meebring dat hy tot aksie oorgaan wat Salene betref, ’n kleiner kapitaaluitleg maar nietemin ’n teken dat Tharisa ernstig is oor sy planne in Zimbabwe.

Die geluide elders uit Zimbabwe hou belofte in, al is dit effe “lank in die tand”. Die regering praat al vir so lank as wat die land platinum het oor die enorme investering in sy platinumsektor wat binnekort verwag word. In April is gesê twee groot nuwe beleggers sal aangekondig word vir ontwikkelings in die Mhondoro-Ngezi-platinumgordel.

Dit klink belowend vir Tharisa, aangesien dit die streek is waar sy Karo Platinum hoop om eendag te ontginning te doen.

Meer oor:  Finweek  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.