Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Tyd om bestekopname te doen
20 Desember 2018

Die einde van die jaar is uiteindelik hier. Daar was vanjaar nêrens om weg te kruip nie, en feitlik alles is afverkoop.

Doen jou jaarlikse hersiening

Hoewel baie van ons liewer van ons beleggings wil vergeet en hoop vir ’n beter jaar wat voorlê, moet ons tog ons jaarlikse hersiening doen.

Ek werk eerstens my totale opbrengs vir vanjaar uit, sowel as die drie- en vyfjaaropbrengste van my verskillende portefeuljes. My portefeuljes is soos volg: langtermyn; ’n tweedevlakportefeulje; ’n handelsportefeulje; en ’n ETF-kernportefeulje.

Oor die laasgenoemde is ek nie bekommerd nie. Hy het ’n balans van breë ETF’s, en hulle sal doen wat die mark doen.

Maar as jy nis-ETF’s het, moet jy besluit of jy hulle wil hou of wil oorskakel (ek vermy nis-ETF’s presies omdat die tydsberekening van oorskakeling moeilik is).

Wat my aktiewe portefeuljes betref, vergelyk ek die opbrengste met my maatstaf (ek gebruik die Top40 se totale opbrengs).

Ek kyk ook weer na my strategieë. Werk hulle nog? Het hulle aanpassings nodig of moet ek hulle dalk heeltemal hersien?

Hoewel ek die maatstaf oor een jaar probeer klop, pla dit my nie as ek dit nie doen nie. Maar wat belangrik is, is dat ek die maatstaf die meeste van die tyd oor drie en vyf jaar klop.

As ek nie oor die langer tydraamwerke wen nie, moet ek die moeilike vraag vra: Moet ek voortgaan om my eie aktiewe portefeuljes te bestuur, of moet ek dit eerder aan ’n professionele persoon oorhandig? Of selfs beter: Moet ek net 100% passief word?

So, dis die realiteit

Die realiteit is dat met sekere voorheen gunstelingaandele wat vanjaar aggressief afverkoop word, is dit onwaarskynlik dat ’n aktiewe portefeulje al die pyn vrygespring het.

Ek was vanjaar gelukkig, omdat my pynlike beleggings verlede jaar en in 2016, veral Famous Brands* en Woolworths*, gesukkel het. My opbrengs vir vanjaar lyk goed, en die vorige twee jaar is ek gered omdat van my aandele ’n goeie jaar ervaar het.

Dit is die voordeel van diversiteit – jy ervaar dalk ’n mate van pyn, maar ander sal jou dra. Sommige jare kan jy selfs die pyn heeltemal vryspring. Nadat ek na my opbrengste gekyk het, oorweeg ek my individuele aandele en algehele strategie.

Natuurlik het ek die aandele gedurende die jaar dopgehou, en die resultate en maatskappy-aankondigings gevolg. Ek het ’n redelike idee van wat gebeur het.

Natuurlik het ek die aandele gedurende die jaar dopgehou, en die resultate en maatskappy-aankondigings gevolg. Ek het ’n redelike idee van wat gebeur het.

Maar die jaareinde is ’n stil tyd, dus gaan ek nou terug na my aanvanklike navorsing oor die aandele en maak seker dat die aspekte waarvan ek oorspronklik gehou het, steeds bestaan.

Ek het byvoorbeeld al gesê dat Shoprite ’n bietjie meer ondersoek verg, en ek sal dit wel oor die volgende paar weke doen.

Ek gaan terug na my aantekeninge, en die nuwe inligting wat ek oor die jare bygevoeg het wat ek die aandeel besit het, en dink weer oor die drie hoofredes waarom ek hom gekoop het. Is hierdie redes steeds geldig? Moet ek verkoop? Ek kyk basies of die maatskappy nog op koers is.

Dit gaan nie oor die prys nie, maar eerder oor die kernbesigheid en sy grondbeginsels.

Ek kyk ook weer na my strategieë.

Wees versigtig!

Werk hulle nog? Het hulle aanpassings nodig of moet ek hulle dalk heeltemal hersien? Het ek konsekwent aandele teen hoë pryse gekoop, wat dan ineengestort het? Watter aanpassings kan ek doen om beter prestasie te kry?

Ek is baie versigtig om veranderinge te maak, omdat ek bekommerd is dit ek op korttermynkwessies reageer.

Ek is baie versigtig om veranderinge te maak, omdat ek bekommerd is dit ek op korttermynkwessies reageer.

Dit is steeds die moeite werd om die algehele strategieë na te gaan, veral in die handelsportefeuljes.

Ek het ook ’n strategie wat baie dekades oud is (alhoewel dit oor die jare aangepas is), maar as dit vir jou iets nuuts is, is groter veranderinge dalk nodig, namate jy slimmer word oor die markte.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Die skrywer besit aandele in Shoprite, Woolworths en Famous Brands.

Meer oor:  Shoprite  |  Beleggings  |  Woolworths  |  Famous Brands  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.