Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Uber of Lyft? Of ’n heel ander sektor?
6 Junie 2019

Een van die belangrikste beleggingsbeginsels is om te fokus op een of ander spesifieke sektor, soos die mynbou, bankwese, voedselkleinhandel en so aan.

Foto: Shutterstock

’n Algemene beleggingsbenadering sal aandui watter sektore meer waarskynlik goeie winste sal lewer. Dan moet jy die beste maatskappy in daardie sektor vind. Dit word ’n bo-na-onder-benadering genoem. Onder-na-bo-beleggings begin met die teorie dat ’n goeie belegging goeie opbrengste sal lewer – al is dit dalk nie in ’n ideale sektor nie.

Bo-na-onder- benadering

Persoonlik verkies ek die bo-na-onder- benadering. Daar is twee belangrike redes hiervoor. Die eerste is dat my ideale houtydperk vir altyd is. Daarom moet ek in sektore wees wat goed groei, sodat my belegging daar kan bly.

Onder-na-bo- benadering

As jy van onder na bo koop, kan die sektor substandaard wees, en uiteindelik sal jou maatskappy saam met die sektor verswak. Hierdie verswakking sal beteken jy moet uitklim.

Jy moet dus ’n besluit neem oor wanneer om te verkoop. En dan sal jy ’n ander belegging moet soek vir dié geld. Die tweede rede waarom ek aanvanklik op sektore fokus, voordat ek op die spesifieke aandeel konsentreer, is dat ’n sterk groeiende sektor momentum toevoeg tot die potensiële verdienste vir die maatskappy.

Ek beperk dit ook altyd tot twee aandele per sektor. As ek nie kan besluit nie, volg ek altyd die benadering dat ek die bedryf eenvoudig nie goed genoeg ken nie.

Die maklike manier (of dalk die lui manier) om die bo-na-onder-benadering te volg, is om breed in die sektor te koop. Met ander woorde, eerder as om tussen Pick n Pay of Shoprite* te kies, koop jy altwee, sodat jy basies alle moontlikhede dek. Gewoonlik volg ek nie dié metode nie, tensy daar werklik ’n groot verskil tussen die twee is.

Ek beperk dit ook altyd tot twee aandele per sektor. As ek nie kan besluit nie, volg ek altyd die benadering dat ek die bedryf eenvoudig nie goed genoeg ken nie.

Wat ook baie belangrik is, is om nie net die sterk punte van die verskillende beleggingsopsies binne die sektor te verstaan nie, maar ook om die verskille tussen die twee maatskappye ten volle te verstaan. As voorbeeld, kan ons die onlangs genoteerde Lyft en Uber gebruik.

“Wat ook baie belangrik is, is om nie net die sterk punte van die verskillende beleggingsopsies binne die sektor te verstaan nie, maar ook om die verskille tussen die twee maatskappye ten volle te verstaan.”

Albei is werksaam in die digitale saamrybedryf, maar daar is duidelike verskille wat bepaal watter een ’n beter belegging sal wees – teen die regte prys. Lyft werk net in Amerika, terwyl Uber, wat wêreldwyd bedrywig is, in sowat 65 lande werk (hoewel die Amerikaanse mark die belangrikste is).

Die probleem hier is dat daar gewoonlik reeds goed gevestigde metertaxi’s in Amerikaanse stede is. Daar is dus weerstand teen hierdie twee maatskappye. Maar daar is ook vasgestelde pryse.

Minder direkte mededinging

Dié besighede werk op ’n vriendskaplike basis saam om hul tariewe te bepaal, maar die bestaan van metertaxi’s beperk ook hul prys. In ander markte, soos Suid-Afrika, het metertaxi’s nooit ingang gevind nie, veral nie vir plaaslike gebruikers nie. Dit beteken dat daar minder direkte mededinging is, en Uber het dus ook meer pryskrag buite die groot Amerikaanse mark.

My huishouding het nou net ’n enkele motor. Daarom gebruik ek Uber baie, veral as ek reis, want Uber is makliker as om ’n motor te huur. As Uber sy tariewe moes verhoog, sal ek voortgaan om hulle te gebruik.

Daar is natuurlik ’n sekere punt waar die prys te hoog sal wees en die getal gebruikers sal daal – maar hulle het beslis ’n mate van prysmag. Die tweede groot verskil is Uber Eats.

Daar is natuurlik ’n sekere punt waar die prys te hoog sal wees en die getal gebruikers sal daal – maar hulle het beslis ’n mate van prysmag. Die tweede groot verskil is Uber Eats.

Lyft bied eintlik maar net ’n enkele diens: die digitale saamrybesigheid in Amerika. Kosaflewering is ’n baie makliker en winsgewender besigheid, en dit gee Uber ’n ekstra winsgewendheid wat Lyft nie het nie.

So, twee verskillende besighede wat baie ooreenstem – maar as ons verder kyk, is daar belangrike verskille wat Uber ’n veel aantrekliker belegging maak as Lyft.

Meer oor:  Uber  |  Finweek  |  Lyft
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.