Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Vaandeldraer in ’n krisis
30 Julie 2020

Wat maak dat iemand ’n uitvoerende hoof wil wees? “Een rede is dat daar ’n reusegeleentheid is om ’n invloed te hê,” sê Natascha Viljoen, sedert April uitvoerende hoof van Anglo American Platinum (Amplats). Daar is ook ’n stil “vertroue in jou eie vermoëns”, sê sy.

Amcu-lede en die Marikana-gemeenskap trek op 16 Augustus 2017 saam vir die vyfde herdenking van die Marikana-slagting in Marikana, neffens Rustenburg.

Dié vraag kan gerus gevra word, want baie mense was dalk onseker vanweë Viljoen se toetrede. Sy was nog nie eens daar nie toe ’n volslae krisis ontstaan het. Dit was in Februarie, toe die maatskappy se verwerkingsgeriewe in Rustenburg – fyn ingestelde tegnologie wat konsentraat na geaffineerde metaal omskakel – ontplof het. Die rugsteuneenheid het ook onklaar geraak. Die gevolg was ’n vermindering van ’n vyfde in vanjaar se produksie van die platinumgroepmetale – sowat 900 000 onse.

Amplats se boekjaar was maar agt weke oud en tog is voorspel dat die verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) ’n geweldige R18 miljard minder sou wees (verwag egter dat die syfer in die komende weke gewysig sal word).

Dit kan wees deur betogings; dit kan toenemende geweld veroorsaak; ons merk dit reeds in groot mate op in die toename in geslagsgegronde geweld, want daar is onderliggende frustrasie by baie van ons gemeenskapslede. Die dag waarop Amplats beleggers gewaarsku het dat die vorige jaar se ruim dividend dalk nie vanjaar herhaal sal word nie, het Luxemburg – ’n besonder onnuuswaardige land – sy eerste Covid-19-geval weens die koronavirus aangemeld. ’n Paar maande later sê Viljoen dat Covid-19 dalk sowel katastrofies is as ’n geweldige geleentheid om Amplats te leer ken.

“Ek het dit van buite geken,” sê sy – ’n verwysing na haar vorige pos as verwerkingshoof van Anglo American, ’n groep wat in Brittanje genoteer is en 80% van Amplats besit. “Nou leer ek dit van binne af ken.” In die eerste twee maande is vergaderings met sowat 200 senior personeellede gehou. Sedertdien is die eerste van die beskadigde verwerkingseenhede herstel terwyl die tweede voor einde vanjaar reggemaak sal word – sowat drie maande vroeër as beplan.

Verkleining van finansiële uitwerking

Dit beteken dat die ontploffing se finansiële uitwerking verklein sal word, veral omdat die Covid-19-pandemie vir die platinumgroepmetale se mark nie net ’n ramp is nie. Die prys van palladium, wat in motorkatalisators gebruik word om gifgasse uit motors te filtreer, en rodium is billik – en in randterme uitstekend. Dis maklik om weens die huidige noodsituasie in hanteerbare terme te dink.

Natascha Viljoen, uitvoerende hoof van Anglo American Platinum

Tog wonder ’n mens oor die uitwerking wat Viljoen op medium- tot lang termyn op Amplats wil hê: Wat dra sy by? Mark Cutifani, uitvoerende hoof van Anglo American, het aan finweek gesê Viljoen het die tegniese vermoë – ’n nogal vanselfsprekende vereiste. Chris Griffith, haar voorganger, was ’n mynbou-ingenieur. Viljoen is ’n metallurg. Sy dra egter ook waardevolle ervaring by Lonmin, haar vorige werkgewer, by waar sy toesig oor volhoubaarheid gehad het. Volhoubaarheid behels vandag ’n taamlik wye reeks kwessies.

Om volhoubaar te wees, beteken nou in wese om praktyke te aanvaar wat die omgewing in ag neem, sowel as die gewoontes, standaarde en eienskappe wat ’n mynboumaatskappy maatskaplik aanvaarbaar maak. Dié eienskappe word uitgelig deur Covid-19, wat die klem op die volle spektrum van maatskaplike ongelykheid laat val deur ’n gemene, gelykvormige bedreiging te bied.

Dis byvoorbeeld onmoontlik om die welstand van werknemers van dié van hul gemeenskap te skei. “Ek dink ons het al baie verrig en moet nog baie verrig om werklik baie bewus te wees van hoe ons ons gemeenskappe met ons meevoer,” sê Viljoen. “Dit gaan alles oor ons werknemers en ons gemeenskappe. Is ons aan die begin van die reis? Ons is waarskynlik ’n bietjie verder, maar ons besef dat ons op dié terrein moet verbeter.” Viljoen weet dalk meer as die meeste mense van die wisselwerking tussen werknemers en gemeenskappe, en veral van die gevaar dat mynboumaatskappye hulle afsonderlik sal hanteer.

Viljoen was in Augustus 2012 Lonmin se volhoubaarheidshoof toe die Marikana-gruwel plaasgevind het: ’n gebeurtenis waarin sekuriteitsdienste 34 betogende mynwerkers by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg doodgeskiet en nog 78 beseer het. “Marikana kon waarskynlik op baie plekke in die mynboubedryf gebeur het,” sê Viljoen.

Dis 'n frustrasie 

“Dit het om verskeie redes by Lonmin gebeur; dit spruit uit ’n gemeenskap wat gefrustreerd is met hul huidige omstandighede.” By die skryf hiervan het Suid-Afrika pas sy derde opeenvolgende kwartaal van negatiewe ekonomiese groei aangeteken. Al is baie van die Covid-19-verwante inperkingmaatreëls verslap, is die land nog skaars by die begin van herstel. Die gevaar dat maatskaplike ontevredenheid sal opwel, is daarom beduidend.

“Dit het om verskeie redes by Lonmin gebeur; dit spruit uit ’n gemeenskap wat gefrustreerd is met hul huidige omstandighede.”

Cutifani van Anglo erken dit. Marikana het in ’n bepaalde tyd gebeur, maar hy waarsku ook: “Ons het nie die kwessie uitgeskakel wat Marikana geskep het nie, en ek praat van armoede en ongelykheid [in SA].

Daarom is ek steeds besorg, maar ek hoop dat ons almal baie wyser is: die regering, vakbonde en sakeondernemings, en ons sal praat en ons sal almal probeer toesien dat dit nie weer gebeur nie.” Viljoen sê: “Ek dink die ekonomiese herstel in ons gemeenskappe gaan moeilik wees, en ons maak beslis gereed vir ’n hoë vlak van ontevredenheid wat op baie maniere na vore kan kom.

Toenemende geweld 

Dit kan wees deur betogings; dit kan toenemende geweld veroorsaak; ons merk dit reeds in groot mate op in die toename in geslagsgegronde geweld, want daar is onderliggende frustrasie by baie van ons gemeenskapslede.

“Gaan daar iets soos Marikana wees? Ek hoop eerlikwaar dat dit nie weer gebeur nie. Ek vertrou dat ons uit daardie prosesse geleer het en dat ons dit in gedagte sal hou as ons weer enige soortgelyke omgekrapte toestande ondervind.” Dis interessant dat Viljoen dink dat die vakbonde, waaronder die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), sover in die Covid-19-krisis ’n opbouende rol gespeel het deur te vestig wat ’n versigtige vennootskap genoem kan word.

Amcu se rol in die Marikana-betoging van 2012 is al baie bespreek maar deur vanjaar te verseker dat sy lede hofbekragtigde protokolle het om Covid-19-infeksierisiko’s te bestuur, het hy samewerking met werkgewers getoon wat selde gesien word. Een van die ander moontlike gevolge van die Covid-19-pandemie is om die aandag op omgewingsvolhoubaarheid te vestig. Amplats het weer ’n rol om te speel vanweë die gebruik van die platinumgroepmetale in motorkatalisators en in die waterstofekonomie, waar platinum dalk al hoe meer in brandstofseltegnologie gebruik sal word.

Dit kan wees deur betogings; dit kan toenemende geweld veroorsaak; ons merk dit reeds in groot mate op in die toename in geslagsgegronde geweld, want daar is onderliggende frustrasie by baie van ons gemeenskapslede.

Palladium het platinum nou in tradisionele binnebrandenjintegnologie verdring. Viljoen dink dat Amplats ’n meer prominente rol sal speel om die potensiële bydrae van platinumgroepmetale in die groenekonomie te bevorder. Dis ’n rigting wat die regering ook graag wil inslaan.

Die jongste verslag oor hoe vars lewe in die SA ekonomie geblaas kan word – wat die ANC se komitee vir ekonomiese transformasie opgestel het – sluit aan by die veredelingsverband waarin die plaaslike vervaardiging van brandstofselbatterye ’n rol kan speel. “Ek wil ons as ’n onderneming só plaas dat ons op albei terreine betrokke is,” sê Viljoen oor die behoefte om aan ’n potensieel ontluikende groenekonomie te verskaf terwyl Amplats in sy grondliggende mynboutaak gewortel bly wat na raming 24 500 werknemers onderhou.

“Die enigste manier om dit te doen, is om te sorg dat ons in die volgende paar jaar in die opstelling van ons sake belangrike hefbome in ag neem – of dit nou ’n groenekonomie is waar ons ons rol kan vervul, en of dit is om die ekonomie tot elke prys aan te dryf om te verseker dat ons na ons mense se lewens en lewensbestaan omsien om seker te maak dat ons ons rol kan speel.”

Meer oor:  Anglo American Platinum  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.