Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Versekering met werklike belonings
23 Mei 2019
Ndabenhle Ngulube, medestigter van Pineapple

Toe Matthew Elan, Ndabenhle Ngulube en Marnus van Heerden in 2016 deelgeneem het aan ’n innovasiekompetisie wat deur Hannover Reinsurance gereël is, het hulle die idee gekry om ’n ware “gemeenskapsgegronde” diens te begin om weer vertroue in versekeringsprodukte te vestig.

“Daar is ’n duidelike botsing van belange in die tradisionele versekeringsmodel, omdat versekeraars besluit of eise betaal moet word en ook wins uit lae uitbetalings verdien. Om hierdie konflik uit te wis, het ons ’n sakemodel ontwikkel volgens die tradisionele stokvel-spaarmodel, waar die bydraers voordeel trek uit lae uitbetalings,” sê Van Heerden.

Pineapple is as maatskappynaam gekies vanweë dié gemeenskapsgegronde benadering. ’n Pynappel is ’n vrug wat bestaan uit ’n versameling bessies wat ’n struktuur vorm waar elkeen die ander beskerm, verduidelik Van Heerden.

Met Pineapple wou hulle ’n platform skep waar kliënte saamkom as ’n gemeenskap en vir mekaar sorg.

Hoe werk dit?

Eise word deur die lede van die gemeenskap betaal. Kliënte sluit in die eerste instansie by die hele gemeenskap aan, maar kan dan kies met wie hulle hul risiko wil deel deur onafhanklike groepe te vorm uit lede wat hulle ken en vertrou. Dit help bedrog voorkom.

“Deelnemers tree beter op as hulle weet hulle het ’n invloed op werklike mense,” verduidelik Van Heerden.

Met Pineapple wou hulle ’n platform skep waar kliënte saamkom as ’n gemeenskap en vir mekaar sorg.

’n Gemeenskap het minstens 150 tot 200 lede nodig om lewensvatbaar te wees. ’n Bydraer se blootstelling kan tussen die hele gemeenskap en ’n onafhanklike groep verdeel wees. Die prys van die versekering is markverwant.

“Ons sal mense liewer beter belonings gee vir verantwoordelike eise as om bydraes laag te hou en dan nie in staat te wees om goeie diens te lewer nie,” sê hy.

Marnus van Heerden, medestigter van Pineapple

Pineapple hef gelde om lopende koste te dek, terwyl ’n persentasie van die bydraes na ’n ten volle onderskryfde sentrale fonds oorgeplaas word om te verseker dat daar altyd genoeg geld sal wees om eise te betaal (selfs as ’n gemeenskap se geld op is).

Teen elke jaareinde word die bedrag wat oorbly nadat dié koste en eise afgehandel is aan die bydraers betaal. Die oplossing is heeltemal gedigitaliseer.

Kliënte neem versekering uit op Pineapple se mobiele toepassing deur ’n foto te neem en ’n paar vrae te beantwoord oor die produk wat hulle wil verseker. Die stelsel gebruik grootdata en kunsmatige intelligensie om onmiddellik ’n kwotasie te skep.

Eise word aanlyn ingedien. “Die meeste eise word binne twee dae afgehandel, maar dit kan langer duur as meer inligting of bewyse nodig is.”

Kliënte kan Pineapple bel, maar die maatskappy verkies om deur middel van hul aanlyn boodskapstelsel te kommunikeer, aangesien dit hulle toelaat om navrae beter te volg en ingeligte terugvoer te lewer.

“Ons aanlyn boodskapstelsel is semi-outomaties en skakel oor na ’n persoon as die geselsrobot nie kan help nie,” sê Van Heerden.

“Ons aanlyn boodskapstelsel is semi-outomaties en skakel oor na ’n persoon as die geselsrobot nie kan help nie,” sê Van Heerden.

Volgens hom word tot soveel as een derde van nie- lewens- eise in Suid-Afrika op bedrieglike wyse ingedien: “Hoewel die gemeenskappe gewoonlik selfregulerend word, gebruik ons ook kunsmatige intelligensie om die gemeenskappe teen bedrog te beskerm. Verdagte eise word uitgeken en dan deur ’n assessor ondersoek.”

Die span

Lireas, ’n filiaal van Hannover Reinsurance, was so beïndruk met die Pineapple-sakemodel dat hy R5,2 miljoen in die maatskappy belê het in ruil vir ’n 25%-belang in die onderneming. Pineapple is besig om nog ’n ronde finansieringsonderhandeling te voltooi om die besigheid te laat groei. “Om finansiering te kry, was veel moeiliker en uitputtender as wat ek verwag het,” sê Van Heerden.

Matthew Elan, medestigter van Pineapple

Hy voeg by dat dit belangrik is om “jou belange te balanseer”. Een van hul grootste aanvanklike uitdagings was om ’n platform te ontwikkel wat gebruikersvriendelik en doeltreffend is, maar wat ook voldoen aan die streng sekuriteits-, prestasie- en toegangsbeheerstandaarde van die versekeringsbedryf. “

Hannover Reinsurance, saam met sy primêre versekeraar, Compass Insure, het ons regtig gehelp met die uitdagings van die ontwikkelingsfase,” sê Van Heerden. Die stigters het mekaar nie voor die Hannoverkompetisie geken nie. Hulle was saam in een van die twee Suid-Afrikaanse spanne wat deelgeneem het.

Met hul uiteenlopende agtergronde – Ngulube in sagteware-ingenieurswese, Elan in aktuariële wetenskappe en Van Heerden in die regte en rekeningkunde – het elkeen verskillende vaardighede en perspektiewe bygedra.

Bemarking

Pineapple het verlede jaar terugvoer van meer as 1 000 vroeë gebruikers aangewend om die stelsel te verbeter. Die platform is verlede Julie amptelik van stapel gestuur en het nou meer as 13 000 lede. “Nie al die lede is aktief nie, maar ons oorskakelpersentasie is omtrent tien keer hoër as dié van tradisionele aanlyn platforms,” sê Van Heerden.

Meer as 80% van die kliënte is tussen die ouderdomme van 18 en 25; ’n ouderdomsgroep wat gewoonlik nie versekering uitneem nie. Die maatskappy het aanvanklik bewustheid deur sosiale media en Google Ads geskep.

Meer as 80% van die kliënte is tussen die ouderdomme van 18 en 25; ’n ouderdomsgroep wat gewoonlik nie versekering uitneem nie.

“So kon ons dit baie goedkoper doen as wat dit deur tradisionele kanale sou gekos het,” sê hy. Planne vir die toekoms Pineapple is besig met onderhandelinge om sy voetspoor in Amerika uit te brei en is in vennootskap met ’n gevestigde versekeraar om die produkaanbod in Julie in Suid-Afrika na motorversekering uit te brei.

Die maatskappy oorweeg ook ander geleenthede om die produkaanbod uit te brei, maar dit sal gelei word deur terugvoer van kliënte. “Ons het versoeke vir reis-, gesondheids- en gebouversekering ontvang en sal mettertyd hierdie geleenthede oorweeg.”

Meer oor:  Pineapple  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.