Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Versekering se toekomsmondering
10 September 2021
Pieter Venter, uitvoerende hoof en medestigter van Ctrl

Die dae toe ’n man in ’n oorgroot, somber, grys pak by sy lessenaar in ’n rookgevulde kantoor gesit en standaardversekeringspolisse verkoop het, is lankal verby.

As jy nog nie weet nie: Versekering is nou die aantreklikste bedryf. Vra maar vir Naspers* Foundry se leierspan, wat vroeg Augustus nog ’n belegging op die terrein van versekeringstegnologie aangekondig het: ’n belegging van R120 miljoen in Naked, ’n versekeringsmaatskappy wat met kunsmatige intelligensie aangedryf word.

Dit volg op nuus die vorige maand van ’n belegging van R34 miljoen in Ctrl, ’n digitale adviesplatform vir korttermyn-versekering. Die opgewondenheid maak sin. Versekering is gewoonlik een van die snels groeiende sektore wanneer mense in ontwikkelende lande bates soos huise en motors begin versamel.

Die oorgang na digitale dienste, gesteun deur die inperkingmaatreëls, en nuwe tegnologie, soos masjienleer, versnel die vraag na sowel as aanbod van nuwe soorte versekeringsdienste. Daar is ook hindernisse. Die SA ekonomie sukkel. Baie versekeraars se onbereidwilligheid om te betaal vir skade wat met Covid-19 verband hou, besmet die bedryf.

Ek het Pieter Venter, uitvoerende hoof en medestigter van Ctrl, gevra om die argument vir belegging in die plaaslike versekeringsbedryf te stel. “Twee uit elke drie voertuie op SA paaie is onverseker. Die groeipotensiaal is dus enorm. Daarby begin ons op ’n hoë grondslag: Dis ’n taamlik groot mark van sowat R150 miljard per jaar.

Tegnologie en innovasie laat nuwe wenners na vore tree – nie net met nuwe produkte nie, maar ook met die manier waarop versekering versprei en verkoop word. “Hoekom nou? Ek dink mense is meer bewus van risiko. Die gevaar daarvan om nie verseker te wees nie, is in onseker tye veel duideliker en kan ten minste die bedryf teen ’n ernstiger ekonomiese afswaai beskut.”

Pineapple maak ook opslae in plaaslike versekeringstegnologie. Dié maatskappy, wat middel 2018 met ’n fokus op motorversekering begin is, het in Julie ’n eerste ronde waagkapitaalfinansiering van R80 miljoen voltooi.

Marnus van Heerden, uitvoerende hoof en medestigter van Pineapple

Volgens Marnus van Heerden, uitvoerende hoof en medestigter, het Covid-19 inderdaad ’n diepgaande uitwerking op hul bedryf. “Covid-19 raak ons op drie maniere: verbruikersvertroue, veranderinge in verbruikersgedrag en die makro-ekonomiese omgewing. Al veroorsaak die bedrukte ekonomiese omgewing en verbruikersvertroue ’n afname in verkoopsaktiwiteit, is ons gelukkig dat – omdat ons ’n digitaal gerigte onderneming is – veranderinge in verbruikersgedrag weens Covid-19 ons bevoordeel.

Ons dienste en produkte kan met ’n paar tikke bereik word en is dag en nag van die gerief van jou rusbank beskikbaar. Ons het aanvanklik verwag dat die groot verskuiwing na e-handel in SA omstreeks 2023 sou voorkom, maar ons meen dis vervroeg omdat mense verplig word om transaksies aanlyn te doen en gevolglik veel vinniger gemaklik word daarmee.

“Nog ’n uitwerking van Covid-19 is dat daar minder gery word, veral tydens inperkings. Pineapple se motorversekeringsproduk sluit outomaties ons ‘Ry minder, word geseën’-voordeel in, wat elke maand onmiddellik kontant terug gee as jy minder as 300 km ry.

Tydens die vlak 5-inperking het mense se tyd op die pad met 74% afgeneem en ry tussen middernag en soggens vyfuur – wat histories as gevaarlik beskou word – met nog 81%. Ons wil hê ons lede moet bevoordeel word sonder om die las of risiko op hulle te plaas om aan te dui of hulle ry of nie.” Venter stem saam dat die inperking veroorsaak dat baie verbruikers hul statiese versekeringspremies bevraagteken.

“Baie versekeraars het ouderwets gereageer met klante wat ryafstande moes skat en aanteken. Die kliëntervaring was nie fantasties nie en sommige versekeraars se prysbepaling was verkeerd.”

Ongelukkige klante beteken groter geleenthede vir mededinging. Venter sê: “Die inperking het dit ook vir baie ondernemings wat nie tradisioneel versekering verkoop nie, moontlik gemaak om nuwe maniere te ondersoek om sekondêre inkomstestrome te genereer. Ons stel ook vir dié ondernemings nuwe geleenthede beskikbaar.

“Twee uit elke drie voertuie op SA paaie is onverseker. Die groeipotensiaal is dus enorm. Daarby begin ons op ’n hoë grondslag: Dis ’n taamlik groot mark van sowat R150 miljard per jaar.”

Ctrl se platform bevat al die nodig prosesse en werkvloei om ’n makelary van niks af te begin, met minimale aanvangstyd. Dit verlaag die toetreeversperrings en maak dit vir dié ondernemings moontlik om die versekeringtussengangersmark te betree.” Dit lyk amper te maklik. Een rede hoekom die karikatuur van die versekeringsman voortleef, is die burokratiese rompslomp en regulering wat met die bedryf geassosieer word. Ek vra Venter wat hulle gedoen het om die regulatoriese uitdagings te oorkom wat so baie aanvangsondernemings in versekeringstegnologie smoor.

“Die regulatoriese uitdagings is werklik, maar ons meen as jy die probleme oorkom het, dit ’n grag om jou onderneming word, want dis vir ander moeilik om dit na te doen.” Innovasie is nie iets wat gewoonlik met versekering verbind word nie, maar met ’n ontvanklike reguleerder lyk veel meer moontlik. Is versekeringstegnologie gereed vir blokkettingstelsels?

Johan Fourie is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom (Tafelberg, 2021).

Van Heerden sê: “Ons reken die gedesentraliseerde omgewing deel baie algemene beginsels met Pineapple. Met ’n ‘blokkettingversekeraar’ is daar egter tans hoofversperrings soos regulatoriese grense, rekenaardiens-bekostigbaarheid en verbruikersaptyt.” Met name soos Pineapple, Ctrl en Naked verbreek ’n jonger generasie, toegerus met digitale tegnologie, my verouderde beeld van versekeringsmanne. Dié kreatiewe verwoesting kan net goed wees vir die verbruiker – en die SA ekonomie in die geheel. ¦ terugvoer@finweek.co.za

* finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers. Johan Fourie is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom (Tafelberg, 2021).

* Foto’s: Verskaf

Meer oor:  Naspers Foundry  |  Ctrl  |  Versekering  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.