Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Versekering teen onsekere tye
5 Maart 2020

Fondsbestuurder se insigte: Die Old Mutual Gold Fund het ’n beleggingsmandaat om te belê in goud en ander edelmetale wat bogemiddelde vooruitsigte vir groei toon.

Old Mutual se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg, waar Peter Moyo Woensdag opgedaag het om volgens ’n hofbevel weer sy pos op te neem. Foto: William Horne

“As bateklas het goud groot diversifikasievoordele aangesien dit gewoonlik verskillend van alle ander aandele in die mark presteer,” sê Meryl Pick, die fondsbestuurder.

“Daar word dikwels daarna verwys as portefeuljeversekering omdat dit uitblink gedurende tye waar vrees hoogty vier.” Die fonds is heel geskik vir beleggers wat op soek is na kapitaalgroei op lang termyn, wat ’n siening oor goud en ander edelmetale het en wat wisselvalligheid in die aandelemark en sektor kan verdra.

Goudprys styg

Geopolitieke onsekerheid wat spruit uit gebeure soos die vrees oor Amerika en China se handelsgeskil, ’n aanval op Saoedi-Arabië se ruolie-produksiegeriewe, uitgerekte Brexit-onderhandelings en toenemende antagonisme tussen Amerika en Iran, het die goudprys in 2019 met 19% laat styg sodat dit in 2019 op $1 519,50 per ons geëindig het, namate beleggers veiligheid opgesoek het.

Die fonds is in die 12 maande tot 31 Desember 2019 met 16,8 persentasiepunte deur sy maatstaf geklop, ondanks die feit dat die goudprys gestyg het.

Die fonds is in die 12 maande tot 31 Desember 2019 met 16,8 persentasiepunte deur sy maatstaf geklop, ondanks die feit dat die goudprys gestyg het.

Pick sê dat “die goudfonds ’n saamgestelde maatstaf met die J150 (FTSE/JSE-goudmynindeks) het wat 70% en die FTSE- globale goudindeks wat 30% bygedra het. Die J150 het oor die afgelope 12 maande ’n opbrengs van 87% gehad, terwyl die globale goudmynindeks ’n opbrengs van 36% in rand gehad het.”

'n Groot uitdaging

Dit is ’n uitdaging om die fonds te midde van ’n stygende goudprys te bestuur “omdat dit gewoonlik al hoe meer invloeie lok hoe duurder die onderliggende aandele word. Derhalwe is daar meer geld om te belê en minder aantreklike geleenthede,” sê sy.

AngloGold Ashanti, die fonds se grootste belegging met 34%, het onlangs sy laaste oorblywende SA bates aan Harmony Gold (die fonds se sesde grootste aandelebesit teen 4%) verkoop, omdat hy hom toespits op winsgewender myne in Ghana, Australië en Noord- en Suid-Amerika.

Die fonds het geen veranderings aan sy AngloGold-posisie aangebring nie omdat “die volgende katalisator ’n notering in die buiteland sal wees en erkenning dat AngloGold nie meer aan SA blootgestel is nie,” sê Pick.

Toekoms

Wat die toekoms betref, het die goudprys herstel weens, onder andere, kommer oor die koronavirus. “Spekulatiewe posisies dui daarop dat daar korttermynrisiko vir afwaartse potensiaal is.

Wat die toekoms betref, het die goudprys herstel weens, onder andere, kommer oor die koronavirus.

Op langer termyn, behoort inflasieverwagtinge in Amerika die goudprys te steun omdat sy rol as skans teen inflasie weer op die voorgrond tree,” sê sy.

Hoekom finweek dit sal oorweeg om dit by te voeg: Die fonds het nie perke op sy blootstelling aan SA en die buiteland nie; hy bied blootstelling aan goud as bateklas en is geskik vir ’n klein posisie in ’n groter, gediversifiseerde portefeulje as beskerming teen mark- en geopolitieke skokke.

/
Meer oor:  Aandeelprys  |  Finweek  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.