Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Verskansers ‘red’ JSE
4 Julie 2019

Die oorheersende mate waarin die JSE tans afhanklik is van mynbouaandele ten einde sy Algehele Indeks, asook die Top40, positief te hou, blyk duidelik uit die tabel van sterkste aandele. Met die uitsondering van Telkom, is die eerste 11 mynboumaatskappye.

Foto: Elvira Wood

Goldfields sorg vir ’n verrassing deur die onlangse voorloper, Implats, te vervang. Dalk het goud se oomblik aangebreek. Verwyder die mynbouaandele en die breë onderliggende mark lyk maar futloos.

Sommige randverskansers, soos Richemont en BHP, sorg wel vir ’n mate van steun. Sou daar ’n insinking in kommo- diteitspryse voorkom weens die verwagte resessie waaroor daar tans wyd bespiegel word, sal dit die mynbouaandele se bulmarkte tref.

In die jongste ontledings word daar nie langer bespiegel óf ’n resessie gaan voorkom nie, maar eerder oor wánneer dit verwag kan word.

Vervul Wêreldgroei

Die huidige groeifase van die Amerikaanse ekonomie, wat so ’n sleutelrol in wêreldgroei vervul, het vandeesmaand die tienjaarkerf verby gesteek.

Dit is die langste groeifase in die geskiedenis van dié ekonomie. Kom dit tot ’n einde in die afsienbare toekoms, gaan almal getref word. Suid-Afrika ook.

Kommer in Amerika oor die verwagte resessie blyk daaruit dat baie aandag bestee word aan planne om ’n afswaai teen te werk, aangesien die tradisionele wapen – rentekoerse – so laag is dat dit beperkte ruimte laat.

Kommer in Amerika oor die verwagte resessie blyk daaruit dat baie aandag bestee word aan planne om ’n afswaai teen te werk, aangesien die tradisionele wapen – rentekoerse – so laag is dat dit beperkte ruimte laat.

Voorstelle wat bespreek word, sluit in stappe om geld in die publiek se sak te plaas om verbruik te stimuleer. Die maklikste manier om dit te doen, is met belastingverlagings. Dit neem egter tyd om deur te syfer, hoewel die resultaat besonder positief kan wees, soos met die Trump-administrasie se toegewings aan sakeondernemings.

’n Belangriker deel van die bykomende kapitaal wat hier beskikbaar geraak het, is deur vervaardigers gebruik om uitbreidings te finansier, asook om gevorderde tegnologie te installeer wat produksiekoste in baie gevalle afgebring het.

Afname in vertroue asgevolg van resessies

Resessies neig egter nie net om verbruik, aandelemarkte en kommoditeitspryse, onder druk te plaas nie, maar gaan ook gepaard met ’n afname in vertroue – iets wat in SA tans algemeen en moeilik omkeerbaar is.

Die voorsitter van die Trump-admin-istrasie se Raad van Ekonomiese Raadgewers, Kevin Hassett, is ten gunste daarvan dat sogenaamde outomatiese stabiliseerders ingestel word wat in werking tree sodra dit duidelik is dat ’n afswaai begin het wat in ’n resessie kan ontaard.

Resessies neig egter nie net om verbruik, aandelemarkte en kommoditeitspryse, onder druk te plaas nie, maar gaan ook gepaard met ’n afname in vertroue – iets wat in SA tans algemeen en moeilik omkeerbaar is.

Daar word onder meer voorgestel dat die Federale regering dadelik meer geld kanaliseer na maatskaplike hulpprogramme, insluitend steun aan mense wat hul werk verloor, wat gou ’n gunstige uitwerking behoort te hê.

Foto: Argief

’n Swak skakel in die hele poging is, volgens navorsing deur Moody’s Analytics, dat baie Amerikaanse deelstate onvoorbereid op ’n resessie is. Onder die swakste aandele is dit opvallend dat die groot Britse eiendomsgroepe wat op die JSE genoteer word, diep in beermarkte verkeer te midde van die Brexit-storm.

Intu Properties, in Londen se FTSE-100, is die derde swakste onder die 100 aandele met die grootste markkapitalisasie op die JSE.

Capital & Counties en Hammerson is insgelyks onder druk. Daar is waardebeleggers wat glo Britse gehalte-aandele, soos dié, bied tans goeie geleenthede vir moedige beleggers wat bereid is om op die langer termyn te fokus.

Onder die aandele wat deurgebreek het, lyk Vodacom en Discovery interessant. Albei beweeg opwaarts nadat hulle enkele weke gelede begin opswaai het.

Sirius Real Estate, wat aan plaaslike beleggers toegang verleen tot die Duitse eiendomsmark, is in ’n matige stygfase en het gesak tot op sy stygende 200-daagse eksponensiële bewegende gemiddelde (EBG), wat dikwels gesien word as ’n gunstige steunvlak vir aankope. 

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Lucas de Lange is ’n voormalige redakteur van finweek en die skrywer van twee boeke oor beleggings.
Meer oor:  Finweek  |  Jse  |  Mynbouaandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.