Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Vind die regte balans
16 Januarie 2020

Fatima Vawda, stigter en besturende direkteur van 27four Investment Managers
Fondsbestuurder se insigte:

Die 27four Balanced Prescient Fund of Funds is ’n multibatefonds met mediumrisiko. As ’n fonds van fondse, belê dié gebalanseerde fonds in ander soorte fondse. Sy portefeulje bevat verskillende onderliggende portefeuljes van ander fondse.

Die fonds se drie grootste batetoewysings, soos aan die einde van Oktober 2019, bestaan uit plaaslike aandele en nominale effekte teen onderskeidelik 35,3% en 23,46%, gevolg deur buitelandse aandele teen 22,09%.

Die Visio BCI Equity-, Coronation SA Equity- en die Prescient Equity Top40-fonds vorm deel van die gebalanseerde fonds se toewysing aan plaaslike aandele. Voortdurende vrystellings van data ondersteun presies hoe haglik die ekonomiese toestande in Suid-Afrika is. Dit is ’n groot uitdaging wat deur die fonds oorkom moes word oor die afgelope drie jaar, sê fondsbestuurder Nadir Thokan.

Vir Suid-Afrika was 2019 ’n jaar wat gekenmerk is deur lae ekonomiese groei en gedempte inflasie.

Vir Suid-Afrika was 2019 ’n jaar wat gekenmerk is deur lae ekonomiese groei en gedempte inflasie.

Hy sê dat aangesien daar baie markwisselvalligheid was, veral in die ekwiteitsmark, het sake die spoor in die tweede helfte van die jaar werklik byster geraak. Reële ekonomiese uitset het in die derde kwartaal van 2019 met 0,6% gekrimp.

Ondanks die moeilike ekonomiese omgewing, het beide die Coronation- en die Prescient Equity-fonds, wat deel uitmaak van die gebalanseerde fonds van fondse, geannualiseerde opbrengste van onderskeidelik 9,2% en 13,08% soos aan die einde van Oktober gelewer.

Dit is teen ’n gemiddelde maatstaf-opbrengs van 5.99% vir die Capped Swix-indeks, wat derhalwe ook die fonds se algehele opbrengs ’n hupstoot gegee het. Thokan sê aan finweek dat hulle ’n skerper oog gaan hou oor globale ekonomiese ontwikkelings soos die voortslepende handelspanning tussen Amerika en China, en hulle gaan op die uitkyk wees na eskalasies omdat “hulle ekonomiese sowel as verdienstegroei sal vertraag”.

Wat die Amerikaanse Fed met rentekoerse gaan doen, gaan ook op die fonds se radar wees.

Wat die Amerikaanse Fed met rentekoerse gaan doen, gaan ook op die fonds se radar wees. Nietemin sal die fonds goed geposisioneer bly om verskillende gedifferensieerde bronne in te sluit en sodoende die beste voertuig te verskaf om enige verwagte ekonomiese skokke teen te staan, sê hy.

Hoekom finweek dit sal oorweeg om dit by te voeg:

Die 27four-handelsmerk is sinoniem met voortreflike beleggings wat behaal word deur innoverende en moderne beleggingsbenaderings. Die saamgestelde portefeulje voldoen nie net aan sy opbrengsverwagtinge nie, maar het ook die hoogste waarskynlikheid dat hy dit sal vermag.

Die fonds trek voordeel uit taktiese batetoewysingsgeleenthede en met die skryf hiervan het hy in 2019 slegs twee keer negatiewe opbrengste gehad.

Hy het drie Raging Bull-toekennings verower: Die beste Suid-Afrikaanse multibate- medium-ekwiteitsfonds in 2014, 2015 en 2016 en drie Morningstar-toekennings – die beste matige toewysingsfonds in 2014, 2015 en 2016. 

/
/
/
Meer oor:  Fondsbestuur  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.