Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Vodacom
9 Mei 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Vodacom, in die meerderheidsbesit van Vodafone in Brittanje, het sedert 2009 ’n bestendige groei in sy aandeelprys beleef. Dié tendens het in 2017 toegeneem en het ’n nuwe hoogtepunt van 18 700 sent per aandeel behaal.

Vooruitsigte: Vodacom het teruggetrek sedert hy ’n nuwe hoogtepunt van 18 700 sent per aandeel getoets het, met beleggers wat reageer op teleurstellende prestasie in data-inkomste.

Die aandeelprys het nog verder teruggetrek nadat hy in Januarie vanjaar ’n onverwagte verlangsaming in sy Suid-Afrikaanse diens aangekondig het. In sy resultate vir die derde kwartaal tot einde Desember het Vodacom ’n afname in inkomste van 0,9% tot R13,9 miljard aangemeld, hoewel groepinkomste met 1,5% tot R23 miljard gestyg het.

Wat die grafieke sê: Vodacom het uit sy langtermynbultendens gebreek en verhandel nou in die vorm van ’n dalendewigpatroon.

Gaan kort: Vodacom is op die randjie van sleutelondersteuning teen 11 190 sent per aandeel. As die RSI van drie weke én drie maande pessimisties bly, kan sleutelondersteuning meegee. En as die laer helling van die wig nie verkope kan keer nie, verwag ’n skerp daling tot 8 900 sent per aandeel – en selfs tot 7 900 sent per aandeel.

Gaan lank: ’n Koopgeleentheid sal eers voorkom sodra Vodacom deur die boonste helling van die wig verhandel – wat teen enige vlak bo 12 155c per aandeel sal wees. Daarna kan ’n beweging na 14 115c per aandeel volg. Bo dié vlak behoort Vodacom sy winste tot 16 030c per aandeel te verhoog. Hy sal slegs bo 17 235c per aandeel na sy vorige bultendens terugkeer.

  • Stuur 'n boodkskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Vodacom  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.