Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Voorgeskrewe bates: ver van antwoorde
10 Oktober 2019

Suid-Afrika se spaarbedryf van R6 duisend miljard maak hom gereed vir die gebruik van die een of ander vorm van voorgeskrewe bates, maar die vrees dat batebestuurders verplig sal word om kapitaal na mislukte ondernemings in staatsbesit te kanaliseer (SOE’s) in ’n desperate poging om hulle te ondersteun, is heel waarskynlik misplaas.

Daar word wyd in die private sektor erken dat die geringe belegging in die land se infrastruktuur verhoog sal moet word om die sukkelende ekonomie in staat te stel om te groei en om sosiale stabiliteit te beskerm. Laasgenoemde word al hoe meer ondermyn deur toenemende ongelykheid en werkverliese.

So sal hulle geld moet bestuur...

Kenners in die bedryf sê egter dat hierdie uitkoms bereik kan word sonder om pensioenfondse, versekeringsmaatskappye en ander finansiële instellings te verplig om die geld wat hulle bestuur, te belê in bates met min vooruitsigte vir redelike opbrengste – ’n stap wat beleggers sal afskrik en tot ’n groot uitvloei van kapitaal sal lei.

“Indien die doel is om Suid-Afrikaanse spaarders te verplig om ’n instrument wetend te koop waarvan die kredietwaardigheid swak is, is dit per definisie ’n wanbesteding van fondse wat die kapitaalmarkte sal verdraai. Dit moet nie toegelaat word nie,” sê Old Mutual Investment Group se besturende direkteur, Khaya Gobodo.

Daar is meriete in die bespreking – ons behoort almal saam te stem dat daar ’n groot gaping is tussen wat ingevolge sosiale en fisiese infrastruktuur geverg word en wat ons het. Ons argument is dat daar nie ’n tekort aan kapitaal is nie – die kwessie is ’n tekort aan bankbare projekte.”

Ons argument is dat daar nie ’n tekort aan kapitaal is nie – die kwessie is ’n tekort aan bankbare projekte.”

Die hoof van ekonomiese transformasie by die ANC, Enoch Godongwana, het die finansiële bedryf in Augustus op hol gehad met sy opmerkings dat die party ondersoek instel na die gebruik van voorgeskrewe bates van pensioenfondse om te verhoed dat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) genader word vir ’n noodlening.

Sy verwysing na die IMF was verwarrend omdat die regering op die oomblik geen probleem het om sy effekte – wat gedeeltelik gebruik word om kapitaalbesteding te finansier – aan plaaslike en buitelandse beleggers te verkoop nie. Verlede maand het die tesourie $5 miljard in die buiteland verkry in sy grootste Eurobond-verkoop tot op hede en het die bedrag vanaf ’n beplande $4 miljard verhoog nadat die transaksie swaar oorvolskryf was.

Enoch Godongwana, hoof van ekonomiese transformasie by die ANC

Kort nadat Godongwana sy kommentaar gelewer het, het president Cyril Ramaphosa gesê dat die land die gebruik van werkers se pensioenfondse om ontwikkelings- en infrastruktuurprojekte te finansier, “moet bespreek” en dat die voorstel die steun van Cosatu, Suid-Afrika se grootste vakbond, geniet. Maar hy het nie gesê dat daardie beleggings ’n regulerende vereiste sal wees nie – iets wat hulle voorgeskrewe bates sal maak. “Ons meen dat dit beteken dat hy op soek is na maniere om meer geld in ontwikkelingsbates te kry en ons beskou dit as iets positiefs,” het Alexander Forbes se hoofbeleggingskonsultant, Janina Slawski gesê.

“Ons meen ook dat daar baie meer konsultasie sal wees alvorens iets ingestel sal word, dus verwag ons nie dat konsepregulasies binnekort ingestel sal word nie.” Suid-Afrika het tussen 1956 en 1989 voorgeskrewe bates gehad, toe pensioenfondse meer as die helfte van hul bates in KMO- en staatseffekte moes belê.

Opbrengste was laer as inflasie

Die opbrengste was, vir die grootste gedeelte van dié tydperk, laer as inflasie en as die opbrengs op aandele, en het dus pensioentrekkers armer gemaak. Gobodo sowel as Slawski sê dat die regering ’n meer bevorderende omgewing moet skep met die soort ontwikkelingsprojekte en aansporings wat kapitaal lok. ’n Goeie voorbeeld is Eskom se verkrygingsprojek vir groenkrag van onafhanklike kragprodusente (REIPPP) wat beleggings van R200 miljard na die plaaslike kragsektor gelok het.

Elias Masilela, wat aan die hoof is van die ekonomiese dinkskrum, DNA Economics, het daarop gewys dat daar reeds bedrywighede en raamwerke vir belegging in ontwikkelings by pensioenfondse is, wat beoog om dieselfde doelwitte as voorgeskrewe bates te bereik.

“In plaas daarvan om ’n nuwe beleid tot stand te bring, hoekom benut ons nie dit wat reeds bestaan nie en vergroot net die skaal daarvan nie? Skaal is een van die belangrikste veranderlikes wat waarborg dat dit doeltreffend ingestel sal word,” het hy gesê.

'n Uitdaging

Een van die uitdagings rakende voorgeskrewe bates, is die gebrek aan vertroue tussen die regering en die private sektor. Dit moet opgelos word, het hy gesê. “As ons dié weg inslaan, moet ons seker maak dat die mense wat die besluite oor die toewysing van kapitaal neem (jou trustees, jou batebestuurders en dies meer) die vermoë het om die risiko’s wat hulle gaan loop, vooruit te sien en om in staat te wees om dié risiko’s te bestuur. As jy dit nie het nie, gaan jy ’n ramp veroorsaak,” het hy gesê. Nietemin word die debat al warmer binne die ANC.

Gobodo het gesê hy sou verbaas wees indien die beleid voortgaan, aangesien dit ’n grondliggende verskuiwing weg sou wees van die regering se langtermynbeleid om ’n besigheidsvriendlike klimaat te skep.

1 Oktober het Godongwana verbande getrek tussen die vraag na befondsing van nuwe beleggings in elektrisiteit en die instelling van voorgeskrewe bates in aftreefondse. Die doel is om die kwessie gewig te gee sodat dit by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in November bespreek kan word, het hy gesê.

Gobodo het gesê hy sou verbaas wees indien die beleid voortgaan, aangesien dit ’n grondliggende verskuiwing weg sou wees van die regering se langtermynbeleid om ’n besigheidsvriendlike klimaat te skep.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Mariam Isa is ’n vryskutjoernalis wat in 2000 na Suid-Afrika gekom het as die finansiële hoofkorrespondent vir die Reuters-nuusagentskap nadat sy in die Midde-Ooste, Brittanje en Swede gewerk het. Sy het haar in 2007 as ekonomiese redakteur by Business Day aangesluit en het in 2014 bedank Shutterstock om oor ’n breër reeks onderwerpe vir verskeie publikasies in Suid-Afrika en Brittanje te skryf.
Meer oor:  Finweek  |  Anc  |  Voorgeskrewe Bates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.