Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Vyf aandele vir 2019
20 Desember 2018
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Met die nasionale verkiesing wat voorlê, kan ons ’n bedrywige begin van die jaar verwag, met beduidende politieke aktiwiteit.

En met voortslepende internasionale onsekerheid – soos die Amerikaans-Chinese handelsoorlog en Brexit – kan markte senuweeagtig bly. Dit is geen geheim dat vanjaar ’n moeilike jaar vir beleggers op die JSE was nie.

Maar dit kan beteken daar sal weer geleenthede op die plaaslike beurs wees – veral met verwagte druk op groei in ontwikkelde markte.

My aandelekeuses vir volgende jaar:

1. Impala Platinum

Weens langdurige swakheid in die platinumprys het Impala Platinum in 2018 ’n groot herstrukturering (wat ’n batewaardedaling van R13 miljard vir die jaar tot einde Junie tot gevolg gehad het) by Implats Rustenburg begin.

Implats het uit sy langtermynbeertendens gebreek en verhandel sywaarts tussen 1 560 sent en 7 275 sent per aandeel in wat die konsolidasiefase van ’n onder-na-bo-patroon kan wees – ’n langtermynomkeerbulpatroon.

Gaan lank: Voortgesette stygpotensiaal deur die middelpunt van die patroon teen 4 420 sent kan daartoe lei dat Implats weer die sleutelvlak van 7 275 sent toets.

Die stygende fase van die patroon sal bo dié vlak begin, met potensiële medium- tot langtermyn- opwaartse potensiaal tot 13 665 sent.

Moenie lank gaan nie: As hy sukkel om bo die middelpunt van 4 420 sent te styg en deur sleutelsteun teen 1 560 sent val.

2. Life Healthcare

Shrey Viranna is net oor ’n jaar uitvoerende hoof van Life Healthcare; sy leierskap is lonend. Groepomset vir die jaar tot 30 September het met 12,9% tot R23,5 miljard gegroei.

Uitbreking behoort tot ’n volle herstel tot sy absolute hoogtepunt te lei.

Hoewel Life Healthcare steeds in sy langtermyn-beerkanaal verhandel, het hy sterk steun teen 2 305 sent per aandeel behou en nader hy die boonste helling van sy kanaal.

Uitbreking behoort tot ’n volle herstel tot sy absolute hoogtepunt te lei.

Gaan lank: ’n Positiewe uitbreking sal bo 3 050 sent bevestig word, en ’n geleidelike herstel tot sy ongeëwenaarde hoogtepunt op 4 450 sent kan dan volg.

Moenie lank gaan nie: As Life Healthcare nie deur die boonste helling van sy kanaal kan breek nie, verwag dat afwaartse potensiaal deur sleutel- steun op 2 305 sent die beerkanaal na 1 455 sent sal verleng.

3. Shoprite Holdings

’n Lang lys ellendes, insluitende ’n swak ekonomie, diensleweringsbetogings en die eerste BTW-verhoging in 25 jaar, het bygedra tot Shoprite se eerste verdienstedaling in 18 jaar vanjaar.

Shoprite bly egter een van die bes geplaasde kleinhandelaars in Afrika. Shoprite het na sy langtermyn-steunlyn (van 2008) getuimel en het op 17 450 sent per aandeel uitgehou nadat hy ’n absolute hoogtepunt van 28 190 sent getoets het.

Dié regstelling binne sy primêre bultendens is in die vorm van ’n wig, en Shoprite het deur die boonste helling van dié wig gebreek.

Hoewel ’n positiewe uitbreking nog bevestig moet word, sal steun wat bo 17 450 sent behou word, ’n optimistiese teken wees.

Gaan lank: ’n Positiewe uitbreking uit die vallende wigformasie sal bo 20 500 sent per aandeel aangedui word.

Shoprite kan dan geleidelik sy verliese tot die ongeëwenaarde hoogtepunt van 28 190 sent per aandeel herwin.Die langtermynteiken van die wig (as stygpotensiaal bo die on- geëwenaarde hoogtepunt voortduur) sal op 36 285 sent wees.

Moenie lank gaan nie: As Shoprite weerstand teen 20 500 sent per aandeel teëkom, moenie lank gaan nie. In dié geval kan hy tot sy hoofsteuntendenslyn val – wat onder 15 410 sent per aandeel deurgebreek sal word.

4. Telkom

Telkom se regrukstrategie slaag blykbaar, en hy maak nou reg vir sy groeifase.

Gedurende die jaar het die telekommunikasieverskaffer planne aangekondig om te belê in geleenthede waar hy groei sien en om te fokus op data-gedrewe groei. Ná ’n paar maande van regstelling het Telkom stygende laagtepunte gevorm – ’n teken van groeiende koopbelangstelling.

Nadat die boonste helling van ’n jaarlange driehoek deurgebreek is, kan verdere winste op pad wees.

Gaan lank: Stygpotensiaal deur 5 825 sent per aandeel sal die aandeelprys waarskynlik tot die 7 460 sent-weerstandspunt verhoog. Daarna behoort die vlak van 8 535c per aandeel ’n teiken te word.

Moenie lank gaan nie: As Telkom groot weerstand teen 5 825 sent per aandeel ervaar, kan hy wissel, met sleutelsteun teen 4 605 sent per aandeel. ’n Ommekeer onder 4 160 sent per aandeel sal sy aanvanklike regstelling tot 2 845 sent verleng.

5. Woolworths

Woolworths het planne aangekondig om die David Jones-handelsmerk in Suid-Afrika te laat vaar en dit sy eie “Classic Collection”-handelsmerk te gee.

Dit kan Woolworths help om volgende jaar weer sy voete te vind, ná sy duur Australiese teëspoed met David Jones.

Woolworths is sedert 2015 in ’n regstelling in die vorm van ’n dalende wig, en binne dié wig het hy vanjaar sywaarts tussen 4 600 sent en 6 860 sent per aandeel verhandel.

Dit kan Woolworths help om volgende jaar weer sy voete te vind, ná sy duur Australiese teëspoed met David Jones.

Die boonste helling van die wigformasie sal bo 5 850 sent deurgebreek word.

Gaan lank: ’n Meer belowende koopaanduiding sal bo 6 860 sent per aandeel geaktiveer word. Daarna kan Woolworths sy verliese geleidelik deur 9 615 sent herwin, na 10 800 sent per aandeel.

Moenie lank gaan nie: ’n Ommekeer onder 4 600 sent per aandeel sal ’n teken wees van gebrek aan beleggersvertroue en sal verliese tot 3 650 sent, en moontlik 2 765 sent, uitbrei. 

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika.
  • Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Life Healthcare  |  Shoprite Holdings  |  Woolworths  |  Impala Platinum  |  Telkom  |  Moxima Gama  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.