Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Vyf jong ekonome om na te luister
20 Desember 2018
Johan Fourie is medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

In dié finale uitgawe van 2018 kyk ons na vyf jong ekonome, en hulle idees aan die voorpunt van hul veld, wat ons lewens sal vorm, bewustelik of andersins, in 2019 en daarna.

Gelyke geleenthede

Een van die grootste kwelvrae wat sosiaalwetenskaplikes mee worstel is hoe om ’n gemeenskap te bou waar elkeen ’n gelyke geleentheid het om bo uit te kom.

Ongelykheid opsigself is nie onregverdig nie: ons almal weet dat uitsonderlike vaardighede soos dié wat die sokkerster Lionel Messi of die Tesla-stigter Elon Musk het, beter beloon moet word.

Maar wat ons as onregverdig beskou is wanneer iemand met dié vaardigheid of vermoë nie, om watter rede ook al, hul potensiaal kan bereik nie. In Amerika, soos in Suid-Afrika, is daar te veel kinders sonder gelyke geleenthede om sukses te behaal.

Beter kanse vir kinders om te vermag

Raj Chetty, professor in ekonomie aan Harvard en direkteur van die VSA-dinkskrum Opportunity Insights

Hoe om kinders ’n beter kans te gee om dit te vermag, is in wese, die navorsingsprogram van Raj Chetty, professor in ekonomie aan Harvard-Universiteit en direkteur van die Amerikaanse dinkskrum Opportunity Insights.

Hy is ietwat van ’n wonderkind – hy het sy PhD in 2003 op die ouderdom van 23 verwerf.

Sy mees onlangse projek, saam met verskeie ander kollegas, is om grootdata te gebruik om Amerikaanse woonbuurte te karteer wat kinders die beste kans bied om teen die inkomsteleer uit te klim.

Hul vrylik beskikbare interaktiewe karteringsintrument toon hoe uitkomste soos armoede en gevangeneskap teruggespoor kan word na woonbuurte waarin kinders grootgeword het.

Dit help ook om pasgemaakte oplossings te ontwikkel wat die uitkomste van die kinders in dié “slegte” woonbuurte sal verbeter.

Hul vrylik beskikbare interaktiewe karteringsintrument toon hoe uitkomste soos armoede en gevangeneskap teruggespoor kan word na woonbuurte waarin kinders grootgeword het.

Een van Chetty se jonger kollegas is Melissa Dell.

Onderliggend aan langtermynontwikkeling

Melissa Dell, professor in ekonomie aan Harvard

Dell het in 2012 met ’n PhD van MIT af gegradueer en was by Harvard en Stanford-Universiteit betrokke voordat sy in 2018 by Harvard as ’n permanent aangestelde professor aangesluit het. Faktore wat onderliggend aan langtermynontwikkeling is boei haar.

Vir haar PhD het sy die Mita ondersoek (’n stelsel van gedwonge arbeid ’n hele paar honderd jaar gelede) om die volgehoue uitwerking daarvan op hedendaagse vlakke van inkomste in Peru te bepaal.

Sy het sedertdien navorsing gedoen oor die volgehoue verskille tussen Noord-en Suid-Viëtnam, die langdurige uitwerking van die Mexikaanse revolusie en die gevolge van die Nederlandse opvoedingstelsel in koloniale Java.

Dell is visueel erg gestremd, maar dit het haar nie gekeer om, behalwe om fassinerende navorsingsvrae te vra nie, ’n stigting in Peru te vestig of ultra-marathonne te hardloop nie, wat die Comrades insluit.

Faktore wat onderliggend aan langtermynontwikkeling is boei haar.

Claudia Olivetti, ekonomie-professor aan Boston College (met ’n PhD in 2001 van die Universiteit van Pennsilvanië), is een van verskeie akademici wat probeer verstaan watter faktore vroue uit die arbeidsmark hou, en waarom hulle teen ’n stadiger pas teen die korporatiewe leer opbeweeg.

Watter faktore hou vrou uit die arbeidsmark?

Claudia Olivetti, professor in ekonomie aan Boston College

Olivetti se jongste navorsing toon dat die beste ding wat regerings kan doen is om meer te bestee aan vroeë kindersorg en -onderwys omdat dit die grootste verbetering in vroue se indiensnemingkoerse, hul salarisse en selfs vrugbaarheid bewerkstellig en die salarisgaping tussen die geslagte verklein.

Die voordele van meer ouerverlof en fleksiewerktye, het sy bevind, is kleiner.

Waarom? Omdat toegang tot goeie kinderoppassers vir kleiner kinders dit makliker maak vir jong moeders om te werk, sodat hulle gouer tot die arbeidsmark ná geboorte van hul babas kan terugkeer, wat hul verdienste oor hul leeftyd verhoog.

Kortom: die belangrikste beleid vir vroue is dié wat ma’s help om te werk – nie dié wat hulle help om tyd weg van die werk te neem nie.

Kortom: die belangrikste beleid vir vroue is dié wat ma’s help om te werk – nie dié wat hulle help om tyd weg van die werk te neem nie.

Dié soort navorsing se doel is om beleide te identifiseer wat die beste kans het om die uitkomste te gee waarvoor ons hoop.

’n Gebied waar sulke beleide desperaat nodig is, in Suid-Afrika en elders, is die gesondheidsektor.

Identifisering van gesondheidsuikomste

Marcella Alsan, medeprofessor in geneeskunde aan Stanford

Marcella Alsan, medeprofessor in medisyne by Stanford se mediese fakulteit, met ’n PhD in ekonomie van Harvard in 2012, is van plan om presies dit te doen: om deur navorsing te identifiseer watter gesondheidsbeleide gesondheidsuitkomste die meeste verbeter.

’n Sleutelbekommernis in gesondheid is byvoorbeeld om pasiënte sover te kry om hul voorgeskrewe medisyne te gebruik.

Alsan, in nuwe navorsing, bied een aanloklike leidraad: laat die pasiënte dokters gebruik wat ’n soortgelyke etniese agtergrond het.

Sy en haar medeskrywer het ’n eksperiment gedoen waar ’n hele paar honderd swart pasiënte na willekeur aan wit en swart dokters toegewys is.

Hulle het bevind dat die pasiënte wat ’n swart dokter besoek meer geneig is om vir voorkomende dienste te vra, veral as dié dienste ingrypend is. Hulle voer aan dat dit vanweë beter kommunikasie en vertroue is.

Hulle het bevind dat die pasiënte wat ’n swart dokter besoek meer geneig is om vir voorkomende dienste te vra, veral as dié dienste ingrypend is. Hulle voer aan dat dit vanweë beter kommunikasie en vertroue is.

Die implikasie is geweldig: hulle voer aan dat meer swart dokters kardiovaskulêre sterftes kan verminder met 16 sterftes per 100 000 per jaar, wat sal lei tot ’n vermindering van 19% in die swart-wit-gaping in sterftes by mans weens kardiovaskulêre siektes.

Dit is nie net menslike gesondheid wat die onderwerp van ekonomiese navorsing is nie. Die gesondheid van die planeet word bedreig, met klimaatsverandering wat ons volhoubare toekoms raak.

Klimaatveranderingnavorsing

Solomon Hsiang, professor in openbare beleid aan UK Berkeley, en hoofondersoeker van die Global Policy Laboratory

Solomon Hsiang, professor van openbare beleid aan die Universiteit van Kalifornië Berkeley en hoofondersoeker van die Global Policy Laboratory (met ’n PhD in die volhoubare ontwikkeling van Columbia-Universiteit in 2011) is een van die toonaangewende denkers oor dié onderwerp.

In ’n onlangse Science-brief het hy behoorlik in die ivoorverbod-gesprek ingeklim. Maar dit is die wisselwerking tussen die ekonomie en die ekologie wat aan die kern van sy navorsing lê.

In ’n oorsignavorsingstuk in die Journal of Economic Perspectives, moedig Hsiang sy mede-ekonome aan om die leiding te neem wat klimaatveranderingnavorsing betref: Alle klimaaatveranderingvooruitsigte, sê hy steun swaar en regstreeks op die ekonomiese vooruitsigte vir die wêreld. “Op tydskale van ’n halfeeu of langer, is die grootste bron van onsekerheid in klimaatwetenskap, nie fisika nie, maar die ekonomie.”

Meer oor:  Finweek  |  Ekonome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.