Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Waarom tin weer gesog raak
10 Mei 2018
Anthony Viljoen, uitvoerende hoof van Afritin Minerals.

Tin word reeds in die vervaardiging van selfone gebruik, maar vraag is besig om te klim namate nuwe tegnologie,  insluitend elektriese motors, toeneem.

Gedurende my onderhoud met Anthony Viljoen, uitvoerende hoof van Afritin Minerals, lui sy telefoon. Ek sê hy mag maar antwoord. “Moenie bekommerd wees nie,” sê hy: “Dit is ‘n handelaar wat van die myn se tin wil koop.” Skynbaar is dit nie ’n goeie plan om metale te gou aan handelaars te verkoop nie, veral nie as jy ’n goeie prys wil kry nie.

Afritin, wat in Londen genoteer is, beplan om die Uis-myn in Namibië te heropen. Die myn is voorheen deur die staalvervaardiger Iscor bedryf, maar is al jare lank gesluit. Die tin-afsetting is in bondels, wat dit relatief maklik maak om ’n oopgroefmyn te bedryf. Om in produksie te kom, is gevolglik nie so moeilik soos wat mens sou verwag nie. Veral vergeleke met byvoorbeeld die heropening van ’n ondergrondse myn waar staalwerk, oorstroming en ventilasie ’n uitdaging is.

Viljoen dink die tydsberekening is goed. ’n Ernstige voorraadtekort staar die tinmark in die gesig en die besit van voorraad is redelik gekonsentreerd. Vandaar die belangstelling van die handelaar wie se oproep geïgnoreer is; vir die oomblik, in elk geval. As alles goed gaan, sal produksie op loodsaanlegvlak in die tweede helfte van vanjaar begin.

Afritin is maar een van verskeie eksplorasieprojekte wat weer op die radar van beleggers verskyn. Dit is nie in Johannesburg genoteer nie, maar ander is. Kibo Mining bou geïntegreerde steenkool-tot-kragmodules in Tanzanië en Botswana, terwyl Orion Minerals nuwe lewe in die Noord-Kaap se onedelmetaalbedryf wil blaas.

Nog een is Tawana Minerals, ’n lithiumontwikkelingsfirma met bates in Wes-Australië. Hy beplan om ’n afsonderlike eksplorasieportefeulje te ontwikkel wat ’n vooruitsig in Afrika insluit. Dan is daar ook nog Alphamin: soos in die geval van Afritin, het hy ’n potensiële beduidende voorsieningstekort in die primêre tinkonsentraatmark raakgesien.

Volgens Viljoen is die kommoditeitsiklus perdfris en gesond, ten spyte van die verlaging in kommoditeitspryse wat tussen 2012 tot sowat 2016 plaasgevind het. Sedertdien het die mark vir metale en minerale herstel én verander. Waar nywerheidsvraag, hoofsaaklik van China, voorheen die aanvraag vir minerale en metale aangedryf het, is die nuwe stukrag van die huidige supersiklus, verbruikersgerig. Bykomend tot minerale soos ystererts en mangaan wat in staal gebruik word, wil China meer van die tin hê wat in die transformators gebruik word wat selfone laat werk.

Bykomend tot minerale soos ystererts en mangaan wat in staal gebruik word, wil China meer van die tin hê wat in die transformators gebruik word wat selfone laat werk.

Terwyl dit reeds geruime tyd die geval is, groei die vlak van aanvraag volhoubaar. Die belangrikste is waarskynlik dat die aanbod nie kan byhou nie. Dieselfde geld lithium en kobalt, wat in die vervaardiging van elektriese voertuie gebruik word.

Die Britse makelaarsfirma SP Angel haal die Massachussetts Institute of Technology aan en sonder goeie ou tin uit as die metaal wat die meeste blootstelling aan nuwe tegnologie, van elektriese voertuie tot robotika, sal geniet. Rio Tinto het aangedui dat hy belangstel om in die produksie van tin te belê omdat hy amper al sy termiesesteenkoolmyne verkoop het. As daar ooit ’n aanduiding was van hoe die supersiklus verander het, moet dit dit wees: grootmaat, onverwerkte minerale word geruil vir gespesialiseerde metaalkonsentrate.

Wat Afritin betref, sê Viljoen die maatskappy is op soek na nuwe aandeelhouers en, in teenstelling met baie junior maatskappye wat institusionele beleggers met groot trefkrag soek, is die maatskappy se direkteure gelukkig met kleinhandel-belangstelling in sy aandele. Hy erken dat die Britse notering nie heeltemal ideaal was nie, aangesien Afritin se bates in Bushveld Minerals gehou word. Bushveld het ook ’n Britse notering, maar is gefokus op die ontwikkeling van vanadium in Suid-Afrika.

“ ’n Hele klomp aandele is na Bushveld-aandeelhouers en hulle was verkopers. Ek veronderstel daar moes ’n inperking in plek gestel gewees het. [Benewens bestuur se aandeelhouding] is 75% van die aandeleregister in vier groeperings saamgestel, wat ’n vrye swewing van sowat 15% laat oorbly. Ons probeer dus nou kleinhandelaandeelhouers inbring deur private kliëntemakelaars in Londen. Wat behulpsaam is van kleinhandelbeleggers is dat hulle likwiditeit meebring.

“Ons sien dat sommige veelsydige beleggers terugkom in die mark en dit is ’n goeie ding.”

*Stuur ’n e-pos aan terugvoer@finweek.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.