Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Wall Street floreer, maar . . .
9 Mei 2019
Baie mense kyk na wat die afgelope jaar of drie gebeur het, maar in die afgelope 87 jaar was kontant net in 11 jare die bes presterende bateklas. Dit was in jare wat die JSE swak gevaar het, soos tydens die Groot Depressie.

Dit is in ’n belangrike mate aan die sterkte van hulpbronaandele te danke dat die JSE sedert die begin van die jaar ’n opwaartse tendens handhaaf. Soos blyk uit meegaande tabel van die sterkste aandele onder die 100 grootste markkapitalisasies, is 60% van die toptien mynbouaaandele.

Die platinumgroepe is steeds aan die voorpunt. Wêreldgroei is die sleutel tot die voorspoed van mynbouaandele en dis dus belangrik om te let op internasionale tendense. Terwyl Wall Street, die wêreld se leiermark, nuwe hoogtepunte bereik, is dit opvallend dat daar bespiegelinge is oor ’n komende resessie in Amerika.

Die invloedryke The Wall Street Journal sê sy aanwysers, wat sedert 1972 in die kol is, toon die kans is meer as 60% dat die resessie binne die volgende 6 tot 18 maande gaan posvat.

Die invloedryke The Wall Street Journal sê sy aanwysers, wat sedert 1972 in die kol is, toon die kans is meer as 60% dat die resessie binne die volgende 6 tot 18 maande gaan posvat. Dié siening word gerugsteun deur ’n opname wat die blad onder ekonome gedoen het.

Die meerderheid sê daar is ’n groeiende risiko.

 Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel...

 Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel ook dat 2019 en 2020 gekenmerk sal word deur dalende groeikoerse in ontwikkelde ekonomieë.

’n Verlangsaming sal kommoditeitspryse benadeel. Uit ’n sikliese oogpunt moes die huidige opswaai, wat volgens die National Bureau for Economic Research (NBER) in Junie 2009 begin het, eintlik al tot ’n einde gekom het. Terselfdertyd veroorsaak Wall Street se oorwaardasie senuagtigheid. Die S&P 500-indeks staan byvoorbeeld op ’n prysverdienste-veelvoud (pv) van 22,2 – wat histories ’n oorwaardasie van 48% bo billike waarde (15) verteenwoordig.

Die optimiste meen egter dat hoewel ’n regstelling in die afsienbare toekoms moontlik is, is daar niks werklik op die horison (soos hoër rentekoerse, inflasie of ’n krisis) wat tot ’n beermark kan lei nie. Hulle verwys veral na die puik kwartaalsyfers waarmee die swaargewigte vorendag kom.

Meer as driekwart van die sowat 130 maatskappye in die S&P 500-indeks wat tot dusver hul syfers bekend gemaak het, het inderdaad beter presteer as wat ontleders voorspel het.

Meer as driekwart van die sowat 130 maatskappye in die S&P 500-indeks wat tot dusver hul syfers bekend gemaak het, het inderdaad beter presteer as wat ontleders voorspel het.

Sekere Amerikaanse vervaardigers het ook vanweë nuwe tegnologie hul produksiekoste op ’n vergelykbare vlak met dié van China gekry. Die een se dood, is die ander se brood. Dié spreekwoord laat hom altyd geld in die kapitalisme.

Nuwe winkels vir Clicks

Soos nou weer gebeur met Clicks, wat in sy huidige boekjaar ’n rekordgetal van 41 nuwe winkels wil open.

Hy wil ’n geleentheid benut wat ontstaan het omdat talle gesogte persele beskikbaar raak, dikwels omdat ander ondernemings teenspoed ervaar weens die swak ekonomie. Sy uitvoerende hoof, Vikesh Ramsunder, sê hy wil veral takke in gebiede open waar mense in die ouderdomsgroep ouer as 60 woon. Hulle besoek dikwels apteke en verteenwoordig die snels groeiende verbruikersmark in Suid-Afrika.

Clicks se aandeelprys het die afgelope tien jaar met net meer as 1000% gestyg. Hy het dus ’n hoë aanslag met ’n p/v van sowat 31.

Clicks se aandeelprys het die afgelope tien jaar met net meer as 1000% gestyg. Hy het dus ’n hoë aanslag met ’n p/v van sowat 31.

’n Aandeel wat in die jongste weke skielik koopbelangstelling geniet, is MediClinic. Hy het sedert middel April met 16% verbeter nadat hy (wat eens primastatus geniet het), sedert Julie 2016 met 75% geval het weens probleme met sy oorsese beleggings.

Onder die swakste aandele troon Tongaat uit. Hy het die afgelope vier jaar met sowat 87% op die JSE gedaal. Hy sit met ’n berg skuld en boonop moet sy vorige jaarsyfers hersien word. Uit sy jongste handelsopdatering blyk dit dat sy verdienste vir die jaar tot Maart met sowat 250% gedaal het.

Dis interessant dat die PSG-groep, deur middel van sy filiaal PSG Asset Management, sy aandeelhouding in Tongaat tot bykans 11% opgestoot het. PSG se voedselbelange is in Zeder gehuisves. Dalk is iets hier in die weer. Onder die aandele wat deurgebreek het, lyk Spar, Richemont en Super Group die interessantste.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Lucas de Lange is ’n voormalige redakteur van finweek en die skrywer van twee boeke oor beleggings.
/
Meer oor:  Finweek  |  Jse  |  Wallstreet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.