Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Wees ’n aktiewe eienaar-belegger
18 Februarie 2021
Foto: Shutterstock

Ek het al voorheen geskryf oor die onderwerp van ’n belegger wat soos ’n eienaar optree. Ek wil weer daarby uitkom omdat dit belangrik is, veral omdat talle van Suid-Afrika se genoteerde aandele steeds onder druk van die pandemie is en omdat die inperking dit op sekere maniere makliker gemaak het.

Verbeel jou vir ’n oomblik dat jy ’n klompie pizza-restaurante besit. Jy besit hulle, maar jy bestuur hulle nie – die bestuur daarvan laat jy aan pizza-kundiges oor.

Dit is naastenby hoe dit werk wanneer jy genoteerde aandele op die aandelebeurs koop. As eienaar van hierdie pizza-restaurante, sal jy nie eenvoudig terugsit en vir die jaarresultate en dividend-uitbetalings wag nie. Jy sal ten minste ’n aktiewe belegger wees wat nou en dan by een van die restaurante sal inloer en miskien selfs stilletjies ’n pizza koop deur ’n vriend te kry om een te bestel en dan oor die ervaring by jou verslag te doen.

As ’n aandeelhouer in ’n genoteerde onderneming kán en móét ons dieselfde doen. Met party ondernemings is dit maklik. Jy kan in jou plaaslike Spur gaan sit en iets te ete bestel of jy kan eenvoudig by die Spur verbyry en sien hoe besig dit is. Jy kan vriende wat Spur gereeld besoek oor hul ervaring uitvra en hoe dit met verloop van jare verander het.

Die inperking het virtuele jaarvergaderings laat ontstaan, wat wonderlik is. Jy ontdek gou watter direksies meen dat hul aandeelhouers ’n oorlas is en dié wat gretig is om saam met jou te werk en jou ingelig te hou.

Jou plaaslike Spur is miskien nie die norm nie, dus kan jy ook onafhanklike opnames nagaan en selfs portale soos hellopeter.com besoek om te sien wat ander klante dink. Die risiko in hierdie geval is dat mense hellopeter net besoek om te kla en bykans nooit om iets goeds kwyt te raak nie. As jy mynbou-aandele besit, sal die mynbestuur waarskynlik nie besoeke aan die myn goedkeur nie, maar jy kan dit op ander maniere doen.

Jy kan byvoorbeeld inteken op nuusbriewe van die maatskappy, wat gewoonlik op sy webwerf verskyn, en deur die aandelebeurs se nuusdiens te lees (Sens) en ’n oog te hou oor die aandrywers van die kommoditeit wat hy produseer. Ek het ook Google-kennisgewings van elke aandeel wat ek besit. Ek kry dus elke keer wat ’n artikel aanlyn gepubliseer word ’n skakel om dié artikel te lees.

Niks van bogenoemde is ’n volmaakte wetenskap nie, maar dit help om jou op die hoogte te hou aangaande die onderneming wat jy besit. Voor die pandemie het ek baie plaaslik gereis en het ek dikwels by ’n City Lodge tuisgegaan omdat ek destyds aandele in die maatskappy besit het. City Lodge se liggings het my nooit juis gepas nie, maar dit het my gehelp om ’n oog oor die onderneming te hou, en dit het my gepas om liewer in ’n minder geskikte ligging tuis te gaan, sodat ek goed ingelig kon wees. Die laaste oorweging is die algemene jaarvergadering.

My makelaar het ’n stelsel waarvolgens ek vóór die jaarvergadering aanlyn kan stem, en dis baie gerieflik. Maar dis ook belangrik om die jaarvergadering by te woon en miskien self op die vergadering vrae te stel. Die inperking het virtuele jaarvergadering laat ontstaan, wat wonderlik is. Jy ontdek gou watter direksies meen dat hul aandeelhouers ’n oorlas is en dié wat gretig is om met jou saam te werk en jou ingelig te hou.

Jy sal ook leer uit die vrae wat ander vra, want dikwels gaan dit oor iets waaraan jy nie gedink het nie. Talle maatskappye doen tans resultate-aanbiedings aanlyn of publiseer die resultate op hul webtuistes. Dit help voorwaar om nie net die onderneming te verstaan nie, maar ook sy bestuur. Jy sal ook ander aanbiedings van ander maatskappye op hul webtuistes vind, wat ook die moeite werd is om te lees om ’n oog te hou oor hoe die onderneming vaar.

Ja, dit is alles moeite en dikwels voeg dit geen werklike waarde by jou siening van die maatskappy nie. Maar dit is steeds belangrik sodat ons ten minste op die hoogte is van hoe die onderneming vaar sodat jy jou nie koud skrik wanneer die resultate bekend gemaak word nie.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za


Meer oor:  Finweek  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.