Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Wees versigtig vir slegte skuld
25 Junie 2020

Ons plaaslike banke is goed gekapitaliseer, met hul kapitaaltoereikendheidsvereistes wat hoër is as wat deur Basel III vereis word. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het ook van dié kapitaalvereistes verslap.

Foto: Shutterstock

Die SARB leen ook R200 miljard aan die handelsbanke, soos onderskryf deur die regering se ekonomiese pakket in antwoord op Covid-19.Vir die plaaslike handelsbanke lê groot uitdagings voor, met slegte skuld wat reeds begin toeneem het en sekerlik verder sal styg soos ondernemings sukkel en sluit.

Verbruikers is ook onder finansiële druk. Dit sal banke se verswakkingskoers laat opskiet, waarskynlik tot bo die vlakke tydens die wêreldwye finansiële krisis van 2008-’09. Dit, ondanks wetgewing wat sedertdien die gehalte van hul leningsboeke verbeter het. \

Banke gaan ook sukkel om nuwe besigheid in te kry, want hulle ontvang minder leningsaansoeke en keur waarskynlik ook meer aansoeke af weens die swakker gehalte daarvan.

Die SARB se versoek dat handelsbanke van dividende moet afsien, wek kommer. Dit is wel goed vir banke se balansstate, maar ontneem beleggers van ’n dividendinkomste.


Meer oor:  Finweek  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.